Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n "Genormaliseerde" samelewing
'n "Genormaliseerde" samelewing [boodskap #16840] Sa, 15 Augustus 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die president van Suid-Afrika se getuienis voor 'n hof word aangetoon as
vergesogte fabrikasies. Die getuienis het gegaan oor die wyse waarop hy sy
werk gedoen het (of nie gedoen het nie). Die hof het bevind dat hy nie sy
werk gedoen het nie, terwyl hy hoog en laag (onder eed) gesweer het dat hy
dit wel gedoen het.

As dit in Europa, die VSA en vele ander lande gebeur het, sou mens verwag
die parlement sou nou druk besig wees met "impeachment"-prosedures - in die
rare gevalle waar die individu nie reeds bedank het nie. Veel minder
oortuigende getuienis was nodig om Nixon te kelder, en Vorster het ook sy
pos ontruim lank voordat hierdie punt bereik is.

Ek kyk toe na die kommentaar van twee van ons koerante - Beeld en Star. Die
"waghonde van die demokrasie". Hul enigste kommentaar is om te kla oor die
feit dat die president enigsins voor die hof geroep is om te please explain.

In plaas daarvan om op te merk dat hierdie geval demonstreer hoe noodsaaklik
dit is dat die staatshoof nie bo die wet verhewe moet wees nie, bepleit The
Star 'n wet wat moet verhoed dat die staatshoof of sy ministers in die
toekoms voor die hof gedaag word oor die wyse waarop hulle hul werk doen!

Gloudina, watter gronde het jy om te beweer dat 80% van die bevolking beter
lewe as tevore?

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: @igs.net-jy is klaar
Volgende onderwerp: Re: Boikot se voet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 09:31:50 MGT 2024