Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SENSUS
SENSUS [boodskap #16768] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek is nuuskierig hier word so baie deur min gesê op hierdie nuusgroep,
maar nou en dan lyk dit of hier meer mense is wat net "lurk" en nie
bydrae nie.

Nou vra ek vir interesantheid: ryply op hierdie plasing en sê net vir
ons waar jy in die wereld bly: stad en land. Al lewer jy nie
andersinds 'n bydrae nie. (Hou die thread dieselfde, dans alles
bymekaar).
Re: SENSUS [boodskap #16769 is 'n antwoord op boodskap #16768] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 12 Aug 1998 21:18:08 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:

> Ek is nuuskierig hier word so baie deur min gesê op hierdie nuusgroep,
> maar nou en dan lyk dit of hier meer mense is wat net "lurk" en nie
> bydrae nie.
>
> Nou vra ek vir interesantheid: ryply op hierdie plasing en sê net vir
> ons waar jy in die wereld bly: stad en land. Al lewer jy nie
> andersinds 'n bydrae nie. (Hou die thread dieselfde, dans alles
> bymekaar).
>
Eagan (naby St Paul), Minnesota, VSA

Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
Re: SENSUS [boodskap #16770 is 'n antwoord op boodskap #16768] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Alabama VSA
Re: SENSUS [boodskap #16793 is 'n antwoord op boodskap #16768] Do, 13 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Oostende - België (klein grys landjie tussen die Noordsee/G.-Br., Nederland,
Duitsland, Luxemburg en Frankryk :-)).

Hilda.

http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: SENSUS [boodskap #16794 is 'n antwoord op boodskap #16768] Do, 13 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Nou ja: Tydelik in Wellington, NZ/ex-Londen/ex-Sandton/ex-Pretoria/ex-Durban

--
nomad@rest.oasis
Simon wrote in message 35d205c1.522946550@news.citilink.com...
> Ek is nuuskierig hier word so baie deur min ges op hierdie nuusgroep,
> maar nou en dan lyk dit of hier meer mense is wat net "lurk" en nie
> bydrae nie.
>
> Nou vra ek vir interesantheid: ryply op hierdie plasing en s net vir
> ons waar jy in die wereld bly: stad en land. Al lewer jy nie
> andersinds 'n bydrae nie. (Hou die thread dieselfde, dans alles
> bymekaar).
>
Re: SENSUS [boodskap #16795 is 'n antwoord op boodskap #16768] Do, 13 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms[2]  is tans af-lyn  Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , m...@here.com (Simon) wrote:

> Ek is nuuskierig hier word so baie deur min gesê op hierdie nuusgroep,
> maar nou en dan lyk dit of hier meer mense is wat net "lurk" en nie
> bydrae nie.
>
> Nou vra ek vir interesantheid: ryply op hierdie plasing en sê net vir
> ons waar jy in die wereld bly: stad en land. Al lewer jy nie
> andersinds 'n bydrae nie. (Hou die thread dieselfde, dans alles
> bymekaar).

Begin deur jou eie goeie voorbeeld.

--
Stefan Harms @ Squirrel's End
Re: SENSUS [boodskap #16796 is 'n antwoord op boodskap #16768] Do, 13 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Word ek nou so in my onskuld op die vingers geraps! Skies man!
Ek is in Roodepoort SA.

On Thu, 13 Aug 1998 04:41:01 GMT, harm...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms)
had the following to say:
|> Nou vra ek vir interesantheid: ryply op hierdie plasing en sê net vir
|> ons waar jy in die wereld bly: stad en land. Al lewer jy nie
|> andersinds 'n bydrae nie. (Hou die thread dieselfde, dans alles
|> bymekaar).
|
|Begin deur jou eie goeie voorbeeld.
|
|--
|Stefan Harms @ Squirrel's End

...steeds net ek, Simon
Re: SENSUS [boodskap #16797 is 'n antwoord op boodskap #16768] Do, 13 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Wiesbaden, Duitsland

Die stad lê 50km in die weste vanaf Frankfurt, aan die mooi "Rhein"-rivier.
Wiesbaden het ongeveer 300.000 inwoners, en dit is die hoofstad van die land
(so noem ons ons "provinsies") Hessen. Dit was gegrond as 'n Romeinse
garnisoen 2000 jaar gelede.

Terloops, ek is 'n "inheemse" Wiesbadener, dalk die enigste hier wat 'n
bietjie Afrikaans praat :-)

Thorsten
Re: SENSUS [boodskap #16798 is 'n antwoord op boodskap #16768] Do, 13 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
harm...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms) writes: > In article , m...@here.com (Simon) wrote:
>
>> Ek is nuuskierig hier word so baie deur min gesê op hierdie nuusgroep,
>> maar nou en dan lyk dit of hier meer mense is wat net "lurk" en nie
>> bydrae nie.
>>
>> Nou vra ek vir interesantheid: ryply op hierdie plasing en sê net vir
>> ons waar jy in die wereld bly: stad en land. Al lewer jy nie
>> andersinds 'n bydrae nie. (Hou die thread dieselfde, dans alles
>> bymekaar).
>
> Begin deur jou eie goeie voorbeeld.
>
> --
> Stefan Harms @ Squirrel's End


Nou begin Tannie alle eekhorinkies verdink.
Is Simon en daardie neef Bester woonagtig
in Winnipeg?

Die Tannie wat nou selfs haar eie
landgenote begin verdink.
Re: SENSUS [boodskap #16799 is 'n antwoord op boodskap #16768] Do, 13 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms[2]  is tans af-lyn  Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , m...@here.com (Simon) wrote:

> Word ek nou so in my onskuld op die vingers geraps! Skies man!
> Ek is in Roodepoort SA.
>
> On Thu, 13 Aug 1998 04:41:01 GMT, harm...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms)
> had the following to say:
> |> Nou vra ek vir interesantheid: ryply op hierdie plasing en sê net vir
> |> ons waar jy in die wereld bly: stad en land. Al lewer jy nie
> |> andersinds 'n bydrae nie. (Hou die thread dieselfde, dans alles
> |> bymekaar).
> |
> |Begin deur jou eie goeie voorbeeld.
> |
> |--
> |Stefan Harms @ Squirrel's End
>
>
> ...steeds net ek, Simon

Stefan Harms bly in Winnipeg, die Kanadese Bloemfontein, so te sê.

--
Stefan Harms @ Squirrel's End
Re: SENSUS [boodskap #16823 is 'n antwoord op boodskap #16768] Vr, 14 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hendrik Meyer  is tans af-lyn  Hendrik Meyer
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hendrik Meyer, Garsfontein Pretoria
Re: SENSUS [boodskap #16824 is 'n antwoord op boodskap #16768] Vr, 14 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Edwin  is tans af-lyn  Edwin
Boodskappe: 16
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Vancouver, Kanada (die "Kaapstad" van Kanada)
Re: SENSUS [boodskap #16825 is 'n antwoord op boodskap #16768] Vr, 14 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Steve Du Plessis  is tans af-lyn  Steve Du Plessis
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Janee, aleen sal niemand wees nie. Ek is woonagtig in Hawaii vir 6 jaar al
en het gedink ek is aleen, tot ek besluit het om op die net te spring,
genade! daar is 'n klomp afrikaaners hier.

Ag wel, wat ek probeer sê is hou moed, dinge gaan party maal stadig aan die
kant van die aarde. Sterkte en voorspoed,
>>
>> Ek is huidiglik in Pretoria. Hopelik nie vir baie langer nie. Ek is in
> die
>> proses om te emigreer (Vancouver, Canada). Wag nog vir my applikasie om
>> goedgekeur te word deur die ambassade en ek soek nog werk daar. En as my
>> applikasie afgekeur word, gaan ek Engeland of Amerika toe. Of Timbuctoo.
>> Soos my pa s : Genoeg is genoeg.
>>
>
Re: SENSUS [boodskap #16826 is 'n antwoord op boodskap #16768] Vr, 14 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms[2]  is tans af-lyn  Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , wrote:

> harm...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms) writes: > In article
, m...@here.com (Simon) wrote:
>>
>>> Ek is nuuskierig hier word so baie deur min gesê op hierdie nuusgroep,
>>> maar nou en dan lyk dit of hier meer mense is wat net "lurk" en nie
>>> bydrae nie.
>>>
>>> Nou vra ek vir interesantheid: ryply op hierdie plasing en sê net vir
>>> ons waar jy in die wereld bly: stad en land. Al lewer jy nie
>>> andersinds 'n bydrae nie. (Hou die thread dieselfde, dans alles
>>> bymekaar).
>>
>> Begin deur jou eie goeie voorbeeld.
>>
>> --
>> Stefan Harms @ Squirrel's End
>
>
> Nou begin Tannie alle eekhorinkies verdink.
> Is Simon en daardie neef Bester woonagtig
> in Winnipeg?
>
> Die Tannie wat nou selfs haar eie
> landgenote begin verdink.

Wantroue is 'n vreeslike ding. Die eensames ly besonder daaronder.
Ek kan dit verstaan dat Gloudina hond se gedagte kry as sy van 'n
"Squirrel" lees.

Gaan lees van my eekhoring by: http://www.mbnet.mb.ca/~harms/

--
Stefan Harms @ Squirrel's End
Re: SENSUS [boodskap #16827 is 'n antwoord op boodskap #16768] Vr, 14 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Jy sal sekerlik nie alleen wees in Vancouver nie. Hope SA's en
Afrikaanssprekendes in die omstreke. Weet van 3 gesinne uit JHB wat daar
bly, en 'n p^el van my is April volgende jaar ook op pad soontoe. Ek het
selfs al 'n Afrikaanse dokter by Whistler raakgeloop!

--
nomad@rest.oasis
Sanet wrote in message 6r17c4$pdh$1@hermes.is.co.za...

>
> Ek is huidiglik in Pretoria. Hopelik nie vir baie langer nie. Ek is in die
> proses om te emigreer (Vancouver, Canada). Wag nog vir my applikasie om
> goedgekeur te word deur die ambassade en ek soek nog werk daar. En as my
> applikasie afgekeur word, gaan ek Engeland of Amerika toe. Of Timbuctoo.
> Soos my pa s : Genoeg is genoeg.
>
Re: SENSUS [boodskap #16828 is 'n antwoord op boodskap #16768] Vr, 14 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sanet  is tans af-lyn  Sanet
Boodskappe: 6
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek is 'n "lurker". Daar, ek het dit gesê. En ek klink soos 'n dronkie by
'n AA vergadering :))

Ek het ongelukkig nie tyd om saam te gesels nie, maar ek lees so elke tweede
dag 'n paar lyne en ek moet sê dit hou my aan die gang en aan die lag.

Ek is huidiglik in Pretoria. Hopelik nie vir baie langer nie. Ek is in die
proses om te emigreer (Vancouver, Canada). Wag nog vir my applikasie om
goedgekeur te word deur die ambassade en ek soek nog werk daar. En as my
applikasie afgekeur word, gaan ek Engeland of Amerika toe. Of Timbuctoo.
Soos my pa sê : Genoeg is genoeg.
Re: SENSUS [boodskap #16829 is 'n antwoord op boodskap #16768] Vr, 14 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Steve Du Plessis  is tans af-lyn  Steve Du Plessis
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hawaii VSA
Simon wrote in message ...
> Ek is nuuskierig hier word so baie deur min gesê op hierdie nuusgroep,
> maar nou en dan lyk dit of hier meer mense is wat net "lurk" en nie
> bydrae nie.
>
> Nou vra ek vir interesantheid: ryply op hierdie plasing en sê net vir
> ons waar jy in die wereld bly: stad en land. Al lewer jy nie
> andersinds 'n bydrae nie. (Hou die thread dieselfde, dans alles
> bymekaar).
>
Re: SENSUS [boodskap #16830 is 'n antwoord op boodskap #16768] Vr, 14 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Simon says...

:-)

> Nou vra ek vir interesantheid: ryply op hierdie plasing en sê net vir
> ons waar jy in die wereld bly: stad en land.

Edmonton, Alberta, Kanada

> Al lewer jy nie andersinds 'n bydrae nie.

Ek is moeg om teen Gloudina se verwronge beeld van Kanada
en die wêreld te stry. Daar's beter dinge om te doen.

Hjalmar Gerber
_______________
Re: SENSUS [boodskap #16831 is 'n antwoord op boodskap #16768] Vr, 14 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Johan N Potgieter wrote:

> On Wed, 12 Aug 1998 21:18:08 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:
>
>> Nou vra ek vir interesantheid: ryply op hierdie plasing en sê net vir
>> ons waar jy in die wereld bly: stad en land. Al lewer jy nie
>> andersinds 'n bydrae nie. (Hou die thread dieselfde, dans alles
>> bymekaar).
>>

Henri-John Kock, Garsfontein, Pretoria.

--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).

H-J
Re: SENSUS [boodskap #16851 is 'n antwoord op boodskap #16768] Sa, 15 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:
>
> Edmonton, Alberta, Kanada

> Ek is moeg om teen Gloudina se verwronge beeld van Kanada
> en die wêreld te stry. Daar's beter dinge om te doen.
>
> Hjalmar Gerber
> _______________

Dis darem baie merkwaardig dat jy nou 'n
amper gereelde bydraer is op hierdie Afrikaanse
nuusgroep, terwyl jy voorheen, sover ek kan
onthou, jou gevegte op die Engelse Afrikaanse
nuusgroep geveg het.
Dis ook merkwaardig dat jy omtrent altyd
baie sterk opinies op hierdie nuusgroep uitspreek
(anti-Ontario, anti-die sentrale regering, anti-
die Ooste van Kanada, as dit nou nie anti-die
nuwe Suid-Afrika is nie.) Hoekom gun jy nie vir
ander mense dieselfde reg om hulle eie opinies
uit te spreek nie. Ek dink nie ek gee 'n verwronge
beeld van Kanada nie. Ek dink jou ekstreme pro-
"die weste van Kanada moet afstig van die ooste
van Kanada" gee 'n helemaal verwronge idee van
waarom dit in Kanada gaan.

O Canada, we stand on guard for thee!
Re: SENSUS [boodskap #16852 is 'n antwoord op boodskap #16768] Sa, 15 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 13 Aug 1998 23:12:57 GMT, had the following to say:

| Nou begin Tannie alle eekhorinkies verdink.
| Is Simon en daardie neef Bester woonagtig
| in Winnipeg?
Ek dink nie daar is 'n Roodepoort in Winnipeg se voorstede nie, is
daar?

So, jy las nou 'n agterdog waan by jou ander "attributes"?
En wat het ek nou met eekhorinkies te doen?

...steeds net ek, Simon
Re: SENSUS [boodskap #16855 is 'n antwoord op boodskap #16768] Sa, 15 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
harm...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms) writes:

> Stefan Harms bly in Winnipeg, die Kanadese Bloemfontein, so te sê.
>

Ek neem aan jy verwys na David Kramer se
opinie van Bloemfontein. Nou, dit is wel
waar dat Winnipeg daar in die middel van
Kanada sit. Maar, Winnipeg word volgens
baie mense as 'n kultureel baie op en
wakker plek gerespekteer. Dit het een van
die beste balletgroepe in Kanada. Hulle
publiseer onder andere 'n literere blad
genaamd "Prairie Fire"( wat terloops 'n
Heidi Harms op die redaksie het. Enige
verwantskap?)

Ek deel ook nie Kramer se opinie van
Bloemfontein nie.

Gloudina
Re: SENSUS [boodskap #16876 is 'n antwoord op boodskap #16768] So, 16 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vyg Fynbos  is tans af-lyn  Vyg Fynbos
Boodskappe: 15
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ban Chang, Thailand..
dis baie warm en vogtig hier..

ek verhuis terug Kaap toe
Januarie 1999

Vyg Fynbos
hek...@usa.net

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: SENSUS [boodskap #16880 is 'n antwoord op boodskap #16768] So, 16 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Attie Erasmus  is tans af-lyn  Attie Erasmus
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ren� van Bromley, Kent, UK
Re: SENSUS [boodskap #16881 is 'n antwoord op boodskap #16768] So, 16 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jgdebeer  is tans af-lyn  jgdebeer
Boodskappe: 37
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hamilton New Zeeland van Julian de Beer

Simon wrote in message ...
> "ons waar jy in die wereld bly: stad en land. "
Re: SENSUS [boodskap #16900 is 'n antwoord op boodskap #16768] Ma, 17 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sanet  is tans af-lyn  Sanet
Boodskappe: 6
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Van wat ek verstaan is daar in die omgewing van 15 000 Suid-Afrikaners
huidiglik net in Vancouver. Hoe waar dit is sal ek nie kan sê nie, maar dit
laat my effens minder benoud voel oor die trekkery.

Ek wonder net of iemand vir my kan sê waar ek moet begin huis soek. Daar is
soveel voorstede en nabye dorpies - ek weet nie waar om te begin nie. En ek
weet ook nie watter areas om verkieslik te vermy, en watter areas
bekostigbaar is nie.

Om werk te kry lyk nie soos 'n probleem nie. 'Rekenaar mense' blyk hoog in
aanvraag te wees wêreldwyd (veral in Engeland). Dan is daar ook die
probleem oor waar ek my dogtertjie in dagsorg of 'n skool te sit. Ek
oorweeg dit om eerste oor te gaan en haar in my ouers se sorg te los vir 'n
maand en dan 'n huis en 'n skool te soek voor sy oor kom. Gee bietjie raad
asseblief? Hoe het julle dit gedoen?

Groete,
Sanet
Re: SENSUS [boodskap #16903 is 'n antwoord op boodskap #16768] Ma, 17 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Edwin  is tans af-lyn  Edwin
Boodskappe: 16
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van BC
(http://www.proteaklub.vancouver.bc.ca/indeks.html) se webwerf kan ook vir
jou so 'n idee gee van sommige van die aktiwiteite van die Suid-Afrikaners
in Vancouver se omgewing. Volgens gerugte wat ons hier hoor is daar 'n
geraamde 40 000 Suid-Afrikaners in die sg. "Lower Mainland" area. In sekere
areas van Noord-Vancouver en Surrey hoor 'n mens blykbaar gereeld Afrikaanse
mense in die winkels.

Daar's selfs 'n Presbeteriaanse gemeente waarvan blykbaar helfde die lidmate
Afrikaans is.

Groetnis

Edwin

nomad wrote in message ...
> Sanet, het jy al gaan kyk by Softlandings?



> nomad@rest.oasis
> Sanet wrote in message 6r8l1m$qum$1@hermes.is.co.za...
>> Van wat ek verstaan is daar in die omgewing van 15 000 Suid-Afrikaners
>> huidiglik net in Vancouver. Hoe waar dit is sal ek nie kan s nie, maar dit
>> laat my effens minder benoud voel oor die trekkery.



>>> Groete,
>> Sanet
Re: SENSUS [boodskap #16905 is 'n antwoord op boodskap #16768] Ma, 17 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Sanet, het jy al gaan kyk by Softlandings?

Dis by www.softlandings.co.za/canada/index.html , en daar's 'n hele stuk oor
Vancouver en ander behulpsame feite. Dit lyk ook of die opstellers van die
site graag wil help met jou tipe vrae.

Laat maar weet as jy regkom, al dan nie.

(Ek ken ook Witrivier/da Gama/Hazyview baie goed!)

nomad@rest.oasis
Sanet wrote in message 6r8l1m$qum$1@hermes.is.co.za...
> Van wat ek verstaan is daar in die omgewing van 15 000 Suid-Afrikaners
> huidiglik net in Vancouver. Hoe waar dit is sal ek nie kan s nie, maar dit
> laat my effens minder benoud voel oor die trekkery.
>
> Ek wonder net of iemand vir my kan s waar ek moet begin huis soek. Daar is
> soveel voorstede en nabye dorpies - ek weet nie waar om te begin nie. En ek
> weet ook nie watter areas om verkieslik te vermy, en watter areas
> bekostigbaar is nie.
>
>> Groete,
> Sanet
>
Re: SENSUS [boodskap #16907 is 'n antwoord op boodskap #16768] Ma, 17 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sanet  is tans af-lyn  Sanet
Boodskappe: 6
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Henri,

EK weet waar Tzaneen is! My ouers bly in Witrivier (langs Nelspruit) en ek
het daar groot geword (of liewer opgegroei - "groot word" het in Pretoria
gebeur) :))

Groete,
Sanet

hen...@pixie.co.za wrote in message ...
> Tzaneen, Suid-Afrika (Nuwe, Verbeterde, Was-witter-as-ooit, ens.)
>
> Aangesien die meeste van julle nog nooit van Tzaneen gehoor het nie,
> en nie eers glo dat daar regtig so 'n plek is nie (behalwe Thorsten,
> natuurlik), net die volgende:
Re: SENSUS [boodskap #16932 is 'n antwoord op boodskap #16768] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Sanet" writes:

Toe bêre ek maar die Prozac vir wanneer
> ek die dag in Vancouver land.

Vergeet die Prozac.
Bring die sambreel.
Re: SENSUS [boodskap #16933 is 'n antwoord op boodskap #16768] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek het vergeet om iets te noem:

bi...@mgenerations.net sê:
> Sonder om dit self te beleef kan geen mens wat in Suid Afrika groot
> geword het ooit verstaan wat die donkere dieptes van n Kanadese
> winter aan jou siel kan doen nie.

Ja, die winterdae is kort en die nagte lank, maar dis net die
een kant van die munt. Die ander kant is dat dit in Junie juis
teenoorgesteld is.

Dan is dit saans tot elfuur lig, en kan jy lang someraande in die
sonskyn geniet. Dis soms moeilik om jouself te oorreed om te gaan
slaap. Dis nog iets wat S.A. immigrante hier sterk tref.

Hjalmar
________
Re: SENSUS [boodskap #16935 is 'n antwoord op boodskap #16768] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Edwin  is tans af-lyn  Edwin
Boodskappe: 16
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek stem met Hjalmar saam. 'n Mens ervaar nie noodwendig so die koue as wat
'n mens sou dink as jy uit SA na nuus oor Kanadese winters kyk nie.

Dit kan nogal 'n skok vir 'n mens se gestel wees as jy in die middel van die
winter in meeste gedeeltes van Kanada aankom (soms bv 2 m sneeuwalle langs
jou, en soms so koud as -20 BUITE), is dit aan die anderkant ook gewoonlik
so dat 'n mens in die winter meer koue ervaar in SA. In Kanada kan jy basies
in jou somerklere in die huis rondloop, weens sentrale verhitting. En
wanneer jy uitgaan, dan trek jy reg daarvoor aan. Jou voertuig is verhit,
die winkelsentrum is verhit, asook die skool en die kerk. By van die
universiteite en hospitale is daar ondergrondse verbindings. Die mense het
hier geleer om by die winters aan te pas.

Terwyl Vancouver se temperature (beide winter en somer) matig is, en dit
seker een van die pragtigste liggings in die land het, is dit seker die plek
waar die meeste seisoenverwante depressie voorkom. Die winter is geneig om
baie nat en grys te wees, en dis soms moeiliker vir die mense om te handteer
as die "white stuff" (soos die sneeu soms genoem word). Vancouver is ook
seker die duurste plek in Kanada om te woon (o.a. weens erfpryse), en BC het
waarskynlik van die hoogste belastings in Kanada.

M.a.w., alhoewel Vancouver miskien lyk na al plek wat 'n persoon van "Sunny
South Africa" dink hy/sy moontlik by sal aanpas, is daar in werklikheid baie
ander plekke waar (oud)Suid-Afrikaners heel gelukkig bly.

Groete uit 'n nat Vancouver

Edwin

Hjalmar Gerber wrote in message ...
> bi...@mgenerations.net sê...
>> Die somer is asemrowend mooi. Maar kort. Gaan kyk in Januarie as almal
>> se gatte vasvries van die koue. En onthou, jy mag dalk dink jy wil
>> Vancouver toe trek want dit is so n nice plek - en dit is - maar wat as
>> jy nie vir altyd daar kan bly nie?
>
> Ek woon in Edmonton. Daar is baie goeie redes hoekom ek Edmonton
> bo Vancouver verkies. Hier is 'n paar:
>



>> Gaan kyk na soveel van die land as wat jy kan.
>
> Dis goeie raad. Dis 'n pragtige, massiewe land.
>



> O gits! Dit klink asof ek in die koue hel beland het . . . en nou
> geniet ek dit nog boonop. :-) Ag nee man; ek het in SA grootgeword,
> en het die [regte] Kanadese winter sommer omhels. Dis koud (veral
> op die HELDER, SONNIGE dae - wanneer daar nie wolke is om die hitte
> vas te hou nie), en die dae is kort, en die nagte is lank, maar dan
> leef 'n mens binnenshuis en doen al daardie stokperdjies en dinge
> wat jy nog altyd wou doen. Wanneer die huis beknop voel, trek jy jou
> warm klere aan, en gaan skaats of ski jy in een van die talle parke -
> selfs in die donker wanneer die liggies op die donssagte sneeu jou
> wêreld soos 'n sprokiesland laat lyk.
>
Re: SENSUS [boodskap #16936 is 'n antwoord op boodskap #16768] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>
> Ag jong, die probleem is die keffertjies.
>
> Keffertjies blaf mos vir enigiets wat beweeg. So dit maak nie saak water
> onderwerp jy aanroer nie. Een wat wil hap, sal hap.

Hier kom die nimlike fiefiebrakkie
self aangedrawwe.

Martatjie
Re: SENSUS [boodskap #16937 is 'n antwoord op boodskap #16768] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Aug 1998 23:31:20 +0300, "Leendert van Oostrum"
had the following to say:

|
|In elk geval - dit gaan oor veel meer as 'n paar biljoen breinselle. Daar is
|veel meer van hulle as wat ons kan gebruik en die goed vrek in elk geval so
|vinnig.
Leendert, ons drink nie almal so baie soos jy nie!

...steeds net ek, Simon
Re: SENSUS [boodskap #16938 is 'n antwoord op boodskap #16768] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Sanet" wrote:
> Van wat ek verstaan is daar in die omgewing van 15 000 Suid-Afrikaners
> huidiglik net in Vancouver. Hoe waar dit is sal ek nie kan sê nie, maar dit
> laat my effens minder benoud voel oor die trekkery.
>
> Ek wonder net of iemand vir my kan sê waar ek moet begin huis soek. Daar is
> soveel voorstede en nabye dorpies - ek weet nie waar om te begin nie. En ek
> weet ook nie watter areas om verkieslik te vermy, en watter areas
> bekostigbaar is nie.
>
> Om werk te kry lyk nie soos 'n probleem nie. 'Rekenaar mense' blyk hoog in
> aanvraag te wees wêreldwyd (veral in Engeland). Dan is daar ook die
> probleem oor waar ek my dogtertjie in dagsorg of 'n skool te sit. Ek
> oorweeg dit om eerste oor te gaan en haar in my ouers se sorg te los vir 'n
> maand en dan 'n huis en 'n skool te soek voor sy oor kom. Gee bietjie raad
> asseblief? Hoe het julle dit gedoen?
>
> Groete,
> Sanet
>
> Dalk noem ek nou iets wat jy baie goed weet, maar siende dat jy
van jou kind praat wil ek net noem dat die skooljaar in Kanada
natuurlik in September begin. Dit mag dalk minder moeilik wees vir
haar as jy nie haar skooljaar te veel omver gooi nie.

Wat ek eintlik vir jou wil se is dat jou idee van eers gaan kyk is goed.
Maar as jy in die somer gaan gaan jy heeltemal die verkeerde idee van Kanada
kry. Die somer is asemrowend mooi. Maar kort. Gaan kyk in Januarie as almal
se gatte vasvries van die koue. En onthou, jy mag dalk dink jy wil Vancouver
toe trek want dit is so n nice plek - en dit is - maar wat as jy nie vir
altyd daar kan bly nie? Wat gebeur as jy eendag moet trek om een of ander
belangrike rede? Moet nie net na Vancouver gaan kyk nie. Gaan kyk na soveel
van die land as wat jy kan. Ek is ernstig, gaan in die winter. Want in
Kanada is die ware somer net n paar maande lank. Sonder om dit self te
beleef kan geen mens wat in Suid Afrika groot geword het ooit verstaan wat
die donkere dieptes van n Kanadese winter aan jou siel kan doen nie. Bly
liewer waar jy is veral as jy familie het vir wie jy lief is...

Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: SENSUS [boodskap #16941 is 'n antwoord op boodskap #16768] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Sanet" writes: >

Toe bêre ek maar die Prozac vir wanneer
> ek die dag in Vancouver land.

Los die Prozac agter.
Bring die sambreel saam

Siener van der Merwe
Re: SENSUS [boodskap #16942 is 'n antwoord op boodskap #16768] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
bi...@mgenerations.net sê...
> Die somer is asemrowend mooi. Maar kort. Gaan kyk in Januarie as almal
> se gatte vasvries van die koue. En onthou, jy mag dalk dink jy wil
> Vancouver toe trek want dit is so n nice plek - en dit is - maar wat as
> jy nie vir altyd daar kan bly nie?

Ek woon in Edmonton. Daar is baie goeie redes hoekom ek Edmonton
bo Vancouver verkies. Hier is 'n paar:

1) Alberta-belasting is veel laer as die "sosialistiese" B.C.-belasting.
(Ons het nie 'n provinsiale verkoopbelasting nie).
2) Veel meer sonskyn en minder reën.
3) Heelwat laer pryse. 'n Huis in Vancouver kos ongeveer drie keer
soveel as 'n vergelykbare woning in Edmonton. Winnipeg is nog goedkoper.
4) Alberta is nie 'n groot aardbewinggevaar-gebied soos Vancouver nie.
Noord-Amerika se weskus kan binne minute 'n fisiese en ekonomiese
ineenstorting beleef. . . miskien nie in jou leeftyd nie, maar wie weet?

Dit gesê, moet ek noem dat Vancouver op 'n mooi dag seker een van die
mooiste stede op aarde is. . . en Stanley-park is verreweg die beste
park ter wêreld. Dis goed om daar te gaan kuier wanneer die weer reg is.

> Gaan kyk na soveel van die land as wat jy kan.

Dis goeie raad. Dis 'n pragtige, massiewe land.

> Ek is ernstig, gaan in die winter. Want in
> Kanada is die ware somer net n paar maande lank.

My gholfseisoen het vanjaar op 29 Maart begin, en ek sal moontlik
tot die einde van Oktober toe kan speel.

> Sonder om dit self te beleef kan geen mens wat in Suid Afrika groot
> geword het ooit verstaan wat die donkere dieptes van n Kanadese
> winter aan jou siel kan doen nie.

O gits! Dit klink asof ek in die koue hel beland het . . . en nou
geniet ek dit nog boonop. :-) Ag nee man; ek het in SA grootgeword,
en het die [regte] Kanadese winter sommer omhels. Dis koud (veral
op die HELDER, SONNIGE dae - wanneer daar nie wolke is om die hitte
vas te hou nie), en die dae is kort, en die nagte is lank, maar dan
leef 'n mens binnenshuis en doen al daardie stokperdjies en dinge
wat jy nog altyd wou doen. Wanneer die huis beknop voel, trek jy jou
warm klere aan, en gaan skaats of ski jy in een van die talle parke -
selfs in die donker wanneer die liggies op die donssagte sneeu jou
wêreld soos 'n sprokiesland laat lyk.

Daar is diegene wat die winter aanvaar en wat daarmee in harmonie
leef; en dan is daar die kla-kouse wat [waarskynlik] nêrens op aarde
gelukkig gaan wees nie. Hulle kla waar hulle ookal gaan . . . en dan
sien hulle nooit die gemene faktor raak nie.

Groetnis,

Hjalmar
________
Re: SENSUS [boodskap #16943 is 'n antwoord op boodskap #16768] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
sb  is tans af-lyn  sb
Boodskappe: 9
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Leenderd, dit was nou 'bloeming' interessant.

Waaroor die artikel gehandel het, was dat navorsing gedoen is op 4
verskillende groepe : mans & vrouens almal 18 jaar oud, selfde (of so na as
moontlike) fisiese en intellektuele ontwikkelling, selfde opvoeding,
stokperdjies, ens ens.

En dan ook 3 ander groepe van ander ouderdomme (ek dink dit was 25, 33 en
41) - weereens so naby fisiek, emosioneel en intelligensie-gewys as
moontlik. Uit die 'studies' het hulle klaarblyklik gevind dat die
'bestudeerde' mans oor die algemeen 40 Biljoen meer breinselle het as die
'bestudeerde' vroue in elke individuele navorsingsgroep.

Dit was vir my baie interessant (amusant), en het by my mansvriende die
reaksie uitgelok dat mans meer intelligent is as vroue, waarteen ek
geargumenteer het dat vroue 40 biljoen minder breinselle nodig het om
dieselfde werk as mans te doen.

Nou nie juis iets waaroor 'n 'rocket scientist' sal wil argumenteer nie,
maar dit hou die gesprek van die politiek, rentekoerse en Jonge Heer
Gloudina af weg.

Groete,
Sanet

PS - ek is nou 'SB'. Het 'n Suid-Afrikaanse Hotmail clone (kloon?) ontdek
in my wandelinge (mailbox.co.za) en dit lyk heel aanvaarbaar. Hopelik sal
ek nie oorsese spam kry as ek 'n SA mailserver (posbediener?) gebruik nie.
Re: SENSUS [boodskap #16944 is 'n antwoord op boodskap #16768] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Sanet wrote in message ...

> kan ons miskien oor
> SA se nuwe rook- en drankwette gesels (en Zuma se kop wat uitgehaak het).
> En oor die publikasie (ek dink dit was in Time magazine) wat reken dat mans
> 40 Biljoen meer breinselle het as vrouens.

Hmmmm...... Maar dit is ook bekend dat mense slegs iets soos 'n
eensyferpersentasie van hul breinselle benut - en dat mense verskil in die
mate waartoe hulle hul breinpotensiaal benut.

Dit gaan blykbaar eerder oor die aantal sinaptiese verbindings tussen
breinselle wat tot stand kom as oor die absolute getal breinselle.

En, wat interessant is, is dat daar bepaalde biologiese groeifases is
waartydens breinselle gegenereer word, en waartydens die sinaptiese
verbindings gevorm kan word. Die belangrikstes is blykbaar net na geboorte,
teen die ouderdom van drie, en weer teen die ouderdom van ongeveer ses tot
nege (daar is natuurlik groot individuele verskille oor wanneer hierdie
serebrale "growth spurt" plaasvind).

Dit is in hierdie opsig dat sommige neuroloë beweer dat 'n kind teen die
ouderdom van ses meer geleer het as wat hy in die res van sy lewe sal leer.
Opvoedkundiges se weergawe hiervan is om daarop te wys dat dit moeilik of
onmoontlik is om ontwikkelingskade te herstel wat in die voorskoolse fase
aangerig is.

Dit is waarom "kundiges" kinders al vroeër in kleuterskole wil hê. Die
probleem is dat, volgens al die navorsing wat ons het, slegs uitsonderlik
goeie (en uitsonderlik duur) kleuterskole naastenby dieselfde
ontwikkelingsgeleenthede bied as selfs 'n gemiddelde werkersklashuishouding.

Die biologiese ontwikkelingsfases is ook die rede waarom kinders taal die
beste aanleer, en veral voor die ouderdom van 9-10.

Maar dit is ook die rede waarom dit, volgens die toenemende navorsing
(aanvaar deur almal van UNESCO, USAID, en WHO tot die ANC - een van die
redes waarom Afrikalande toenemend moedertaalonderrig regdeur die skooljare
begin bevorder) onwenslik is om kinders deur medium van enige taal behalwe
die moedertaal te laat skoolgaan - kognitiewe ontwikkeling word onteenseglik
benadeel. (Tweede en verdere tale word ge-abba op die rug van die
sinapsnetwerke wat deur die moedertaalontwikkeling tot stand gekom het. Deur
die kind in 'n tweede taal te onderrig word hy toegang ontneem tot die
vermoëns wat in die eerste taal funksioneer - dit werk dus presies dieselfde
asof daar ontwikkelingskade was in die voorskoolse fase.)

Dit is iets wat my bekommer oor emigrante wat meesal hul kinders in 'n ander
taal moet laat onderrig. Ek dink al wat mens in so 'n situasie kan doen is
om te sorg dat al die materiaal wat in die skool behandel word ook tuis deur
medium van die moedertaal behoorlik deurgewerk word.

Maar dit is waarskynlik ook waarom Europese lande, wat in die algemeen nie
goedgesind is t.o.v. tuisonderwys nie, deur die jare nog altyd tuisonderwys
vir hul eie "expats" ondersteun het.

In elk geval - dit gaan oor veel meer as 'n paar biljoen breinselle. Daar is
veel meer van hulle as wat ons kan gebruik en die goed vrek in elk geval so
vinnig.

Groete, Leendert
Re: SENSUS [boodskap #16945 is 'n antwoord op boodskap #16768] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Sanet  is tans af-lyn  Sanet
Boodskappe: 6
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek wil net baie dankie sê vir julle hulp. Ek het tussen gister en vandag al
90% van my vrae beantwoord gekry. Toe bêre ek maar die Prozac vir wanneer
ek die dag in Vancouver land. Lyk my ek gaan dit in die eerste maand daar
nodig kry.

Ongelukkig is ek gister oor die vingers geraps omdat ek my "regte" email
gebruik het - my organisasie was nie baie gelukkig daaroor nie. "Need to
know" ens. Ek gaan gou by Hotmail of wat-ook-al aansluit, en sal julle laat
"wie" ek dan is.

Terloops, noudat ons weet "Gloudina" is eintlik 'n man, kan ons miskien oor
SA se nuwe rook- en drankwette gesels (en Zuma se kop wat uitgehaak het).
En oor die publikasie (ek dink dit was in Time magazine) wat reken dat mans
40 Biljoen meer breinselle het as vrouens.

Groete,
Sanet
Vorige onderwerp: Re: Moed hou of duim vas hou
Volgende onderwerp: Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 23:42:02 MGT 2024