Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DD
DD [boodskap #164] Ma, 06 Januarie 2003 22:52 na volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Haai Didi

Jy's nou terug - ek het jou emails gekry. Jy sal my nie meer op die ander
groep sien nie. Ek is nou finaal gatvol, en net nie meer lus vir daardie
soort Suid-Afrikaners nie. Ek het nie tyd vir sulke mense nie, en kan my
nie meer met daardie soort vereenselwig nie. Dus, moenie eers vra nie - vir
my bestaan daardie groep nie meer nie.

Hoop om gou met jou te praat.

R.
Re: DD [boodskap #165 is 'n antwoord op boodskap #164] Di, 07 Januarie 2003 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 7 Jan 2003 08:52:44 +1000, "me & bobby magee"
wrote:

>
>
> Haai Didi
>
> Jy's nou terug - ek het jou emails gekry. Jy sal my nie meer op die ander
> groep sien nie. Ek is nou finaal gatvol, en net nie meer lus vir daardie
> soort Suid-Afrikaners nie. Ek het nie tyd vir sulke mense nie, en kan my
> nie meer met daardie soort vereenselwig nie. Dus, moenie eers vra nie - vir
> my bestaan daardie groep nie meer nie.
>
> Hoop om gou met jou te praat.
>
> R.
>


Netgou by die huis ingeloer om te sien of jy geskryf het. Nou op pad
terug kantoor toe. Praat vanaand met jou.

Liefde

Didi
Re: DD [boodskap #166 is 'n antwoord op boodskap #164] Di, 07 Januarie 2003 18:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 7 Jan 2003 08:52:44 +1000, "me & bobby magee"
wrote:

>
>
> Haai Didi
>

> Jy sal my nie meer op die ander
> groep sien nie. Ek is nou finaal gatvol, en net nie meer lus vir daardie
> soort Suid-Afrikaners nie.
>
> Hoop om gou met jou te praat.
>
> R.
>

Royleen, vertel toe. Wat het jou sò moerrig gemaak?
Want jy klink so effe dik vir hulle:-)
Regtig ironies dat jy my aan die hand terug gelei het daarheen en daar
vat jy toe die pad:-).
Hoe dit gekom het dat jy en ek nou onlangs besoek gehad het hier is
steeds 'n vraag. Kom ons kyk of hier weer spioene opduik:-O

Het jy al foto's geneem van jou eie kasteel? En is daar voëls soos by
julle vorige huis?

Didi
Re: DD [boodskap #167 is 'n antwoord op boodskap #166] Wo, 08 Januarie 2003 02:34 Na vorige boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Royleen, vertel toe. Wat het jou sê moerrig gemaak?
> Want jy klink so effe dik vir hulle:-)
> Regtig ironies dat jy my aan die hand terug gelei het daarheen en daar
> vat jy toe die pad:-).
> Hoe dit gekom het dat jy en ek nou onlangs besoek gehad het hier is
> steeds 'n vraag. Kom ons kyk of hier weer spioene opduik:-O
>
> Het jy al foto's geneem van jou eie kasteel? En is daar voëls soos by
> julle vorige huis?
>
> Didi

Ja-nee, ek is seker iemand sal wel weer een of ander tyd hier inspring. EK
het gesien Annette het ook al in die verlede hier geskryf - hopelik het
hulle nou almal moed opgegee.

Ek het onder my eie naam op die ng gepos toe jy met vakansie was, en die
reaksie van Gloudina was voorspelbaar - die snedigheid en gegraaf in die
verlede het weer vinnig opgeduik, en weet jy, ek het sulke snert glad nie
nodig nie. Ek het te veel dinge om te doen - en Walter/Wouter se
meerderwaardige en beterweterige antwoorde op eenvoudige gesprekke het nou
te veel vir my geword. Suid-Afrikaners oorsee het nog altyd gesukkel om dié
waarneming deur ander mense te beveg - en die spulletjie op die ng
onderskryf daardie persepsie so goed. Ek self het gedink dis nonsens, en
het maar aan die groepie aanhou deelneem want ek het gehoop daardie
persepsie was verkeerd, en dat nie alle Suid-Afrikaners so arrogant is nie
(ek is nie, en jy is ook nie - maar dit lyk my ons is die uitsonderinge).
Nou is ek finaal oortuig dat die oorspronklike, gasvrye en nederige
Suid-Afrikaner uitgesterf het.

Ons lewens hier is vol en wonderlik, en ja, ek het foto's geneem en sal
binnekort vir jou stuur. Die voëllewe hier is net so verfrissend - en ek
het selfs hier al 'n paar swart kokketiele gesien, en hulle is baie skaars.
Ons het 28 bloekombome op ons erf, maar 12 van hulle sal moet verdwyn - ons
satelliet sein word te veel onderwrig deur al die bome in die pad, en ek
raak nou moeg van honderde blare uit die swembad opdiep! Ek ontdek nou
spiere waar ek nooit geweet het ek het spiere nie... Bob gee nie om nie,
want hy moet die masseerwerk doen! Bob gaan Maandag terug werk toe, en ek
begin weer voltyds skoolhou die Woensdag daarna (22/01). Dus sal ek dan
maar min by die rekenaar uitkom.

Dis nou genoeg geklets... praat later weer met jou.

Royleen
Vorige onderwerp: Re: wat gaan nou aan met Telkom?
Volgende onderwerp: Beste Wense vir 2003
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 04:39:32 MGT 2024