Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Uitvaart" deur CAROL CLARK
"Uitvaart" deur CAROL CLARK [boodskap #16596] Wo, 05 Augustus 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
UITVAART
Carol Clark

Ek moes my kleinboet vaarwel soen
wyl die wind deur die langriet roer;
die volke swelg aan die oorryp son
en kewers vreet karkoer.

Uil stipkyk uit 'n donker skeur
die wildemalva roer.
Twee slangverklikkers skel verby
janfiskaal in die wilger sloer.

Fluweeltjie fyn is pienk en pers
soos die loot op 'n aartappelmoer;
die tjienkerientjee se oog is swart
is donker en warm en loer.

Tjienkerientjee se oog is swart
is stip en rond en boor.
Uit knipoog in die donkerte:
my aarde kantel oor.
Vorige onderwerp: Gloudina
Volgende onderwerp: Re: Is dit n Afrikaanse nuusgroep ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 19:46:06 MGT 2024