Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Net ingeval
Net ingeval [boodskap #16553] Di, 04 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Net, Gloudina, ingeval jy die ou vragie hier mislees, herhaal ek dit:

Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> @igs.net wrote in message ...
>
>
>> Ek neem
>> egter aan dat die 80 persent van die SA bevolking
>> wat nou vir die eerste keer stemreg gekry het en
>> hier en daar beter leef, nie teveel kla nie.
>
> Watter gronde het jy vir jou bewering dat 80% van die bevolking is SA beter
> leef as tevore?
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
Re: Net ingeval [boodskap #16621 is 'n antwoord op boodskap #16553] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
zero_int  is tans af-lyn  zero_int
Boodskappe: 17
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 4 Aug 1998 23:21:11 +0300, "Leendert van Oostrum"
whispered:

> Net, Gloudina, ingeval jy die ou vragie hier mislees, herhaal ek dit:
>
[snip]

Jy mors jou asem
PGP Fingerprint: 7C63 CB7C 1292 4355 C6C2 8241 7789 483D
PGP Key ID : 0xB7CAD5ED
http://www.crosswinds.net/birmingham/~zeroint
zero_int@stones.comm [remove last "m"]

Remember: Only by sharing our pain can we .... make other people feel bad too.

If a "little" is good, "more" must be better, and "too much" is just about right.
Re: Net ingeval [boodskap #16628 is 'n antwoord op boodskap #16553] Vr, 07 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 4 Aug 1998 23:21:11 +0300, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Watter gronde het jy vir jou bewering dat 80% van die bevolking is
SA beter
>> leef as tevore?>>>

1. Hulle hoef nie meer te kruip voor mense soos Leendert nie.
2. Hulle is vry.
3. Hulle is Suid-Afrikaners.
4. Hulle hoef nie meer passe te dra nie.
5. Hulle kan saam met hulle gesinne woon.
6. Hulle kinders kan na ordentlike skole toe gaan.
7. Hulle kinders kan na die universiteite toe gaan.
8. Hulle kan internasionaal aan sport deelneem.
9. Hulle kan in Suid-Afrikaanse sportspanne opgeneem word.
10. As n groep is hulle besig om ekonomiese mag te kry.

Hier is tien redes. Daar is nog honderde.

Watter soort siek verstand maak die stelling - en 'n stelling by
implikasie is steeds 'n stelling - dat swartmense in Suid-Afrika beter
af was onder die onderdrukking en vernietiging van apartheid?

Ek sal nie verbaas wees as daardie selfde verstand in sy lewe reeds
groot lawaai gemaak het oor die "vryheidsdroom" van Afrikaners nie.
Ek sal nie verbaas wees as daardie verstand passievol glo in die
waarde van "selfbeskikking" en "vryheid" en die waarde daarvan om mag
oor jou eie wel en wee te he nie.
Ek sal nie verbaas wees as daardie verstand nie ook nog so ver gaan in
sy verheerliking van beheer oor eie lewe nie dat hy selfs kinders met
minder skool-geriewe sal wil sien maar meer beheer by die ouers oor
wat die kinders geleer word nie. En dat geskiedenis ook nog vir hom
belangrik is nie wanneer dit kom by kinders leer.
Ek sal nie verbaas wees as daardie verstand moontlik al verskonings
aangevoer het hoekom pogings tot Afrikaner-selfbeskikking tot dusver
so jammerlik misluk het nie. En  dat daar aangevoer is dat so iets
"tyd vereis".

En ek sal nie verbaas wees as daardie verstand die kontradiksies
eenvoudig sal ontken nie.

En almal wat dink die vraag hierbo en dit wat agter dit le, is slim en
skerp --  gaan bietjie uit op straat en vertel aan al die swartmense
wat julle teëkom (en sommer julle tientalle werkers ook wat so
uitgeparadeer is in die groep) dat apartheid n goeie ding was en dat
julle glo swartmense moet hulle beywer om terug te keer soontoe.

Julle glo dit mos. Toe, gaan doen dit.
Re: Net ingeval [boodskap #16686 is 'n antwoord op boodskap #16553] Ma, 10 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 07 Aug 1998 22:30:46 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi )
waffled:
> Watter gronde het jy vir jou bewering dat 80% van die bevolking is
> SA beter
>>> leef as tevore?>>>
>
> 1. Hulle hoef nie meer te kruip voor mense soos Leendert nie, maar voor hulle eie tiranne.
> 2. Hulle is vry, en hongerder as ooit tevore.
> 3. Hulle is Suid-Afrikaners - Big Deal!
> 4. Hulle hoef nie meer passe te dra nie - lyk net anders en word ID boek genoem.
> 5. Hulle kan saam met hulle gesinne woon - die een in die tuisland of die een in die stad?
> 6. Hulle kinders kan na ordentlike skole toe gaan en dit ook verniel.
> 7. Hulle kinders kan na die universiteite toe gaan sonder om vir klasgelde te betaal.
> 8. Hulle kan internasionaal aan sport deelneem - sokker en ..... hhhmmm .... ?
> 9. Hulle kan in Suid-Afrikaanse sportspanne opgeneem word net op grond van velkleur.
> 10. As n groep is hulle besig om ekonomiese mag te kry en ook die ekonomie te vernietig.
>
> Hier is tien redes. Daar is nog honderde. JUIS!
>

...sommer net ek, Simon
Re: Net ingeval [boodskap #16749 is 'n antwoord op boodskap #16553] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 4 Aug 1998 23:21:11 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Watter gronde het jy vir jou bewering dat 80% van die bevolking is
> SA beter
>>> leef as tevore?>>>
>
> 1. Hulle hoef nie meer te kruip voor mense soos Leendert nie.

Die enigste mens wat ooit voor my gekruip het, ferdi, is jy.

En dit doen jy uit eie keuse, wat jy kom elke keer terug vir nog slae.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Net ingeval [boodskap #16751 is 'n antwoord op boodskap #16553] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 4 Aug 1998 23:21:11 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Watter gronde het jy vir jou bewering dat 80% van die bevolking is
> SA beter
>>> leef as tevore?>>>
>

[... sien elders...]

> 2. Hulle is vry.

Dis nie wat my Bekkie ons onlangs nog in die Parlement vertel het nie. Hy sê
ons is twee nasies - een vry, een onvry, onthou?

> 3. Hulle is Suid-Afrikaners.

Hmmm..... Dis nou regtig nie aan te beveel nie, nie waar nie?

> 4. Hulle hoef nie meer passe te dra nie.

Wie het die paswette opgehef? (Wenk van die week: nie die huidige regering
nie.)

> 5. Hulle kan saam met hulle gesinne woon.

Wie het hierdie toestand teweeggebring? (Nog 'n wenk van die week: nie die
huidige regering nie.)

> 6. Hulle kinders kan na ordentlike skole toe gaan.

Dis nie wat die onderwysdepartement se onderwysoudit sê nie. Volgens die
oudit is die enigste "ordentlike" skole daardie skole in gegoede buurte waar
die ouers kan betaal om onderwysers te huur.

> 7. Hulle kinders kan na die universiteite toe gaan.

Wie het dit moontlik gemaak? (Ekstraspesiale wenk van die week: Nie die
huidige regering nie.)

> 8. Hulle kan internasionaal aan sport deelneem.

Wie het dit moontlik gemaak? (Wenk van die week: Ditto)

> 9. Hulle kan in Suid-Afrikaanse sportspanne opgeneem word.

Wie het dit moontlik gemaak? (As dit nie PW Botha was nie, was dit dalk nog
John Vorster.)

> 10. As n groep is hulle besig om ekonomiese mag te kry.

Dis ok nie wat my Bekkie sê nie. Hy raas dan juis met die klein elite omdat
die 80% nie ekonomies bemagtig word nie.

>
> Hier is tien redes. Daar is nog honderde.

Half uit tien vir hierdie tien. Die half kry jy vir foutlose spelling en
netjiese ordening.

(Oeps ekskuus. Hierdie tien kom seker uit die nuwe boekies vir die nuwe
leerareas wat die kinders moet bemeester in al die ordentlike nuwe skole
waarna jy verwys.)

Nou ja. Soos ek voorspel het, het Gloudina nog nie probeer om haar stelling
te verantwoord nie.
Maar dis darem dapper van haar Toetsie om te probeer - soos altyd as Tant
Minnie haar skerp neus te ver uitgesteek het.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Net ingeval [boodskap #16778 is 'n antwoord op boodskap #16553] Do, 13 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 4 Aug 1998 23:21:11 +0300, "Leendert van Oostrum"
>  wrote:
>
> Watter gronde het jy vir jou bewering dat 80% van die bevolking is
> SA beter
>>> leef as tevore?>>>
>
> 1. Hulle hoef nie meer te kruip voor mense soos Leendert nie.
> 2. Hulle is vry.
> 3. Hulle is Suid-Afrikaners.
> 4. Hulle hoef nie meer passe te dra nie.
> 5. Hulle kan saam met hulle gesinne woon.
> 6. Hulle kinders kan na ordentlike skole toe gaan.
> 7. Hulle kinders kan na die universiteite toe gaan.
> 8. Hulle kan internasionaal aan sport deelneem.
> 9. Hulle kan in Suid-Afrikaanse sportspanne opgeneem word.
> 10. As n groep is hulle besig om ekonomiese mag te kry.
>
> Hier is tien redes. Daar is nog honderde.

Hierdie tien "redes" het ek elders bespreek - en getoon dat ferdibrakkie in
omtrent elke geval die fout maak om iets wat deur die vorige regering gedoen
is toe te skryf aan die huidge regering.

Siestog! Dat mense se vooroordele so erg die oorhand oor jou gesonde
verstand kan kry dat jy jou greep op die werklikheid verloor.

> Watter soort siek verstand maak die stelling - en 'n stelling by
> implikasie is steeds 'n stelling - dat swartmense in Suid-Afrika beter
> af was onder die onderdrukking en vernietiging van apartheid?

Watter soort verwarde verstandjie noem 'n rits dinge op wat tydens die
"verdrukking en vernietiging van apartheid" teweeggebring is en hou dit voor
as "bewyse" dat "80% van die bevolking in SA beter leef as tevore"?

Wanneer daardie soort verstandjie vir 'n verandering uitstyg bo sy
gebruiklike retoriek van "beledigende one-liners" moet mens seker krities
kyk na die res van sy argumente, nie waar nie-:

> Ek sal nie verbaas wees as daardie selfde verstand in sy lewe reeds
> groot lawaai gemaak het oor die "vryheidsdroom" van Afrikaners nie.

Nee wat. As jy bewyse teëkom van so iets, plaas dit gerus op die nuusgroep.
Intussen moet hierdie stelling van jou (Want "'n stelling by imlikasie is
steeds 'n stelling", nie waar nie?) geld as voorbeeld dat dit nie net die
verstand is wat beperk is nie, maar die sin vir eerlikheid ook.

> Ek sal nie verbaas wees as daardie verstand passievol glo in die
> waarde van "selfbeskikking" en "vryheid" en die waarde daarvan om mag
> oor jou eie wel en wee te he nie.

O ja. En in die waarde daarvan om eerlik te wees met jouself sodat jou eie
vooroordele jou nie dalk daartoe lei dat jy dinge wat die vorige regering
gedoen het toeskryf aan die huidge een nie - soos jy hierbo doen.

> Ek sal nie verbaas wees as daardie verstand nie ook nog so ver gaan in
> sy verheerliking van beheer oor eie lewe nie dat hy selfs kinders met
> minder skool-geriewe sal wil sien maar meer beheer by die ouers oor
> wat die kinders geleer word nie.

Hmmm.... Van watter soort "skoolgeriewe" praat ons hier?

Tafels en stoele? Tel gerus die aantal tafels en stoele wat per leerder
beskikbaar is in die skool waar jou kinders is. Dan vind jy uit hoeveel
tafels en stoele is per leerder beskikbaar in die huise waar daardie
leerders woon. Dat ry jy na 'n skool in Alexandra daar naby jou, en doen
dieselfde vergelyking. En na die deep rural Mutsi. En na elke ander skool in
Suid-Afrika.

Hittebronne? Glasware? Maatbekers en ander meetinstrumente?
Handwerkgereedskap? Musiekinstrumente insluitende Klaviere, blokfluite,
kitare en viole? Boeke en ander leesstof? Radios? Bandspelers? TV stelle?
Rekenaars? Volwasse toesig?

Doen gerus dieselfde vergelyking, en jy sal miskien nie meer dom stellings
maak oor "mense wat hul kinders met minder skoolgeriewe wil sien nie."

Jy sien, ferdi, dis nie net in gegoede voorstede waar die gemiddelde
woonhuis 'n hoëtegnologie omgewing is vergeleke by die gemiddelde skool in
dieselfde omgewing nie. Ek is betrokke by 'n projek om wetenskaponderwys in
"voorheen benadeelde" skole te bevorder. Die projek steun feitlik 100% op
materiale en hulpbronne wat die onderwyser en die kinders _van hulle huise
af_ bring om wetenskap mee te doen.

Jy sien, ferdi, dis soms waardevol om jou eie voorsveronderstelling te
ondersoek. Dit help mens soms om 'n greep op die werklikheid te kry.

> En dat geskiedenis ook nog vir hom
> belangrik is nie wanneer dit kom by kinders leer.

Huh? As jy hier wil beweer dat geskiedenis verkieslik nie vir kinders geleer
moet word nie, is ek, in jou geval, dit 100% met jou eens. Die soort
geskiedenisprespektief wat jy met jou lysie hierbo demonstreer is gevaarlik
vir enigeen wat hom in sy omgewing probeer oriënteer.

> Ek sal nie verbaas wees as daardie verstand moontlik al verskonings
> aangevoer het hoekom pogings tot Afrikaner-selfbeskikking tot dusver
> so jammerlik misluk het nie. En  dat daar aangevoer is dat so iets
> "tyd vereis".

Nee wat. As jy bewyse teëkom van so iets, plaas dit gerus op die nuusgroep.
Intussen moet hierdie stelling van jou (Want "'n stelling by imlikasie is
steeds 'n stelling", nie waar nie?) geld as voorbeeld dat dit nie net die
verstand is wat beperk is nie, maar die sin vir eerlikheid ook.

>
> En ek sal nie verbaas wees as daardie verstand die kontradiksies
> eenvoudig sal ontken nie.

Wel, ek dink mens moet oënskynlike "kontradiksies" ondersoek. Dit kan soms
voorkom dat mens met 'n "gekontradikteerde" voet in jou benepe bekkie
eindig.

>
> En almal wat dink die vraag hierbo en dit wat agter dit le, is slim en
> skerp --  gaan bietjie uit op straat en vertel aan al die swartmense
> wat julle teëkom (en sommer julle tientalle werkers ook wat so
> uitgeparadeer is in die groep) dat apartheid n goeie ding was en dat
> julle glo swartmense moet hulle beywer om terug te keer soontoe.
>
> Julle glo dit mos. Toe, gaan doen dit.

Hmmm..... In my geval is ek op oorvloedige rekord dat ek van mening is dat
"apartheid" _nie_ 'n goeie ding was (is?) nie. En ook dat ek van mening is
dat die beskikbare alternatiewe, tot met die val van die Berlynse muur,
erger was.

Maar skuus. Ek vergeet. Dit vereis ten minste gemiddelde redenasievermoë om
so 'n "kontradiksie" te kan begryp. Dis nou "gemiddeld" in menslike terme.
Ek weet nie genoeg van die redenasievermoë van skoothondjies om in jou geval
te kan oordeel nie.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Mooi so "Madiba"
Volgende onderwerp: 1 US$ Winkels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 18:48:37 MGT 2024