Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: SA Springbokke wen in Nieu-Seeland!
Re: SA Springbokke wen in Nieu-Seeland! [boodskap #16360] Sa, 25 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Toe Rossouw die drie druk was daar skielik so 'n doodse stilte dat ek my eie
kreet duidelik oor die pawiljoen gehoor het. Nog nooit was ek by 'n int
rugbywedstryd gewees nie waar dit so stil was na 'n tuisverlies nie. Hierdie
ouens is baie ernstig oor hulle rugby.

Pragtige wintersdag in Wellington gewees.

Bryan wrote in message ...
> Ek weet dis nie 'n rugby nuusgroep nie, maar ek moet melding maak dat
> die Bokke vir N. Seeland netnou 13 - 3 gewen het op N. Seelandse
> bodem. Dis 'n historiese oorwinning want ons het 17 jaar laas
> daar(Wellington) gewen en dit was ook die 50ste toets tussen die twee
> lande.
>
> Groete
>
> Bryan
> ============================================
> Please remove KAAP in front of @ to reply
> Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie
Re: SA Springbokke wen in Nieu-Seeland! [boodskap #16361 is 'n antwoord op boodskap #16360] Sa, 25 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hulle het baie goed gespeel. Baie geluk Bokke!!!! en NIck Mallet.

Japie
Re: SA Springbokke wen in Nieu-Seeland! [boodskap #16373 is 'n antwoord op boodskap #16360] So, 26 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 Jul 1998 22:47:57 +1200, wrote:

rugbywedstryd gewees nie waar dit so stil was na 'n tuisverlies nie. Hierdie[/color]
> ouens is baie ernstig oor hulle rugby.>>

Was jy by die game gewees?
Vertel meer asb.
TV gee 'n mens baie goeie sig i.t.v. detail maar mis baie kere die
groter prentjie.
Re: SA Springbokke wen in Nieu-Seeland! [boodskap #16374 is 'n antwoord op boodskap #16360] So, 26 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 26 Jul 1998 22:27:15 +1200, wrote:

Dankie.

swaar gesluk het. (In teenstelling met die op Loftus as jy 'n Natal[/color]
> supporter is!) >>

Maar dit is "anders" ! :)

Die bulle chop deesdae gewoonlik aanhoudend af - behalwe wanneer hulle
Natal op Loftus speel. Dan wen hulle skielik en n hele seisoen word
vir die getroue bloues saamgepers in 80 minute!!
Re: SA Springbokke wen in Nieu-Seeland! [boodskap #16375 is 'n antwoord op boodskap #16360] So, 26 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
EK was eintlik baie verbaas gewees om te lees en te hoor dat almal wat die
game op TV gekyk het onder die indruk was dat die SA's swaar geleef het. My
indrukke deurentyd was dat die Springbokke die AB's onder druk gehad het en
dat dit die rede was dat hulle so aangeslaan en teruggespeel het (dit het
die toeskouers die stuipe laat kry-ons het lanklaas sulke aanhoudende
bloutaal gehoor!). Ek het gedink dat Lomu maar bra stadig was, totdat hy een
of twee keer 'n bietjie spasie gehad het, waar hy toe gewys het hoe moeilik
en vinnig hy wel kan wees . Netso Cullen (die 'Paekakeriki Express', soos hy
hier bekend is), het nooit 'n kans gehad om sy systappies uit te voer nie.
Behalwe vir die laaste 15 minute of so van die eerste helfte toe die AB's in
die SA's se gebied geboer het, het ons ook gedink dat die Springbokke baie
meer in hul opponente se gebied gekuier het.

Die luidste toejuiging van die hele dag was toe Mehrtens vir Spencer vervang
het, en die boe wanneer SA pale toe geskop het. Vir die res van die tyd was
dit maar bra stil om die veld-miskien 'n aanduiding dat die Kiwi's deurentyd
besef het dat hulle die onderspit delf.

Die toeskouers naby ons was egter 'gracious in defeat' alhoewel hulle maar
swaar gesluk het. (In teenstelling met die op Loftus as jy 'n Natal
supporter is!)

Ferdi wrote in message ...
> On Sat, 25 Jul 1998 22:47:57 +1200, wrote:
>
> > rugbywedstryd gewees nie waar dit so stil was na 'n tuisverlies nie.
Hierdie
>> ouens is baie ernstig oor hulle rugby.>>
>
> Was jy by die game gewees?
> Vertel meer asb.
> TV gee 'n mens baie goeie sig i.t.v. detail maar mis baie kere die
> groter prentjie.
>
Re: SA Springbokke wen in Nieu-Seeland! [boodskap #16391 is 'n antwoord op boodskap #16360] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Kruger  is tans af-lyn  Pieter Kruger
Boodskappe: 13
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi man, baie dankie, ek sit hier in Amerika waar rugbynuus skaarser as
hoendertande is... baie baie dankie vir die "update"
Groete, Piet Kruger.

nomad@rest.oasis wrote in message ...
> EK was eintlik baie verbaas gewees om te lees en te hoor dat almal wat die
>
>
> Ferdi wrote in message ...
>> On Sat, 25 Jul 1998 22:47:57 +1200, wrote:
>>
>> >> rugbywedstryd gewees nie waar dit so stil was na 'n tuisverlies nie.
> Hierdie
>>> ouens is baie ernstig oor hulle rugby.>>
>>
>> Was jy by die game gewees?
>> Vertel meer asb.
>> TV gee 'n mens baie goeie sig i.t.v. detail maar mis baie kere die
>> groter prentjie.
>>
>
Re: SA Springbokke wen in Nieu-Seeland! [boodskap #16420 is 'n antwoord op boodskap #16360] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Kruger  is tans af-lyn  Pieter Kruger
Boodskappe: 13
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Mon, 27 Jul 1998 14:35:50 -0400, "P Kruger"
> wrote:
>
> > hoendertande is...

> Try die rugby-nuusgroep by rec.sport.rugby.union
>
>
Dankie, ek het hom nou op my lys...
Groete.
Re: SA Springbokke wen in Nieu-Seeland! [boodskap #16421 is 'n antwoord op boodskap #16360] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Jul 1998 14:35:50 -0400, "P Kruger" wrote:

Groete, Piet Kruger.>>[/color]

Try die rugby-nuusgroep by rec.sport.rugby.union
Re: SA Springbokke wen in Nieu-Seeland! [boodskap #16457 is 'n antwoord op boodskap #16360] Do, 30 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Mees Roelofs[1]  is tans af-lyn  Mees Roelofs[1]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
bryni...@TheOffice.net (Bryan) wrote:

> Ek weet dis nie 'n rugby nuusgroep nie, maar ek moet melding maak dat
> die Bokke vir N. Seeland netnou 13 - 3 gewen het op N. Seelandse
> bodem. Dis 'n historiese oorwinning want ons het 17 jaar laas
> daar(Wellington) gewen en dit was ook die 50ste toets tussen die twee
> lande.

Erg apart om hier de mensen van rsru in het Afrikaans te zien posten.
Dan doe ik het ook maar in mijn eigen taal.

Mijn felicitaties aan de Bokke. Ik hoop op meer en weet dat dat zal
komen.

Baie groete.

Cheers,

Mees Roelofs
To reply replace BloodySpammers with Geocities in address
Vorige onderwerp: Parodie en Akademie (was:Independance day)
Volgende onderwerp: Language policies in South Africa before 1994
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 14:57:26 MGT 2024