Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: NEOCOLONIALISM, OR WHY THE UK GOVT. AND LONRHO FINANCE THE ANC.
Re: NEOCOLONIALISM, OR WHY THE UK GOVT. AND LONRHO FINANCE THE ANC. [boodskap #16271] Vr, 17 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
> My posting obviously states my perception of past and current trend,
> and already the fear of being categorized as nazist overwhelms any
> wish to continue, but to me it is rather obvious that for years a
> certain goal is being worked at, and that the current new South Africa
> is but partially concluded (in relation to some greater scheme, ie
> globalisation).
>
> Etienne Marais
>
Baie dankie vir die plasing, Ettienne, dit maak die bespreking nogal
heelwat interessanter, alhoewel dit op die soc. culture south africa ookal
verskyn het.
Niemand wil eintlik maar met 'n weerstandsmentalitiet betrap word nie.
Basies is ons klein vissies ook glad nie eers van belang in die wereld
politiek nie. Vir wie moet ons nou stem in die volgende verkiesing?!
>
> This is one of many serious and some might say libelous allegations
> contained in a very disturbing book entitled: "Tiny Rowland - The
> ugly face of neocolonialism in Africa." Published by Executive
> Intelligence Review, Washington DC, 1993. The gist of the book:
> Rowland, the boss of British multinational Lonrho, is one of the
principal agents in > implementing the British-American (not the company)
neocolonialist gameplan for
> Africa as part of their ultraliberalist New World Order domination.
> Unlike the German led European bloc, the British-American alliance
> does not really want Africa to develop and become industrialised. For
> the UK, decolonisation was a cynical sham.

Emily Hobhouse het in 'n uitspraak net na die Anglo-Boere oorlog gesê dat
daar nou stilte in die land is, maar dat die Boere nie verslaan is nie. Die
Engelse het net die veldslag gewen.

Min het ons toe geweet watter magte agter die volgnde stuk geskiedenis sou
intree, né.

Die inligting hier verskaf is al dekades bekend gewees aan die S.A.
regering, maar niemand wou hulle aan die Afrikaners se uitsprake steur nie.
Al die Afrikaner se "swakpunte" is uitgebasuin en gebruik om die land weg
te neem van 'n sterk ontwikkelende industriële nasie terug na 'n Imperiale
skoothondjie. Baie Afrikaners was gewillige slagoffers van hierdie
breinspoeling en het maar te gewillig op die Engelse se skote gespring vir
vertroeteling.

> In fact with the White
> colonials out of the way, and compliant, corrupt Black governments
> financed into power by them, the looting of Africa became much easier.
> The French adopted the same tactics, just in order to maintain its
> share of power in Africa. I would like members of this newsgroup to
> comment on this and the following quotes that I have extracted.
>
Ek het nie eers geweet dat daar ander mense op dieselfde golflengte as ek
ingeskakel het, na baie lees en observasie nie. Goed om te lees, alhoewel
baie ontstellend. Ek dink ons almal hier behoort 'n bietjie kriewelrig te
voel...........

> Representatives of the Anglo-American corporation, now and again have
> expressed the British gameplan for South Africa. Descended from Cecil
> Rhodes' empire, this compnay as of 1990 controlled fully half the
> firms whose stock was quoted on the JSE.

Dink maar aan Cyril Ramaphosa wat "stil" gemaak is met sy hoë profiel
aanstelling in 'n maatskappy. Daar was gerugte vanuit die finansiële wereld
dat hy met die notering van die maatskappy, 'n koel R140miljoen persoonlik
in die sak gesteek het.

Dieselfde gaan nou met die oud-kommies in die Arbeids- en Reserwebank
portefeuljes gebeur. Of is ek van die spoor af.

It has a virtual monopoly on
> the South African media and has been, in the words of a Johannesburg
> insider, "a major political power on the left for decades." Almost to
> a man, the top leadership of Anglo American graduated with PPE
> degrees (politics, philosophy and economy) from Oxford.

Dis baie interessant om die CVs van hoë ANC amptenare te lees. Dis darem
net te toevallig baie Brits geskoold. Daar is egter ook 'n paar duisend of
wat, wie Oosterse blok gratifikasies behaal het. Wat 'n mengsel van mense.

Maar dis ook die groot verdeling wat tans in die ANC bestaan, en moontlik
in die toekoms tot skeuring aanleiding kan gee. Die kapitaliste versus die
kommuniste in dieselfde politieke groepering.

> The British
> uppercrust strain at Anglo is so pronounced, that the editor of a
> Johannesburg daily, himself of English ancestry, described it as
> "culturally bizarre".

Touché.

> In early 1990, a top executive of the Anglo American corporation spoke
> candidly to a journalist in Johannesburg " Let the Blacks rule," he
> said. " We will make a lot more money out of Black government than out
> of a white one, because they would be a lot easier to manipulate."

My observasie van die hele gebeure is toe nie so bisarre as wat ek gedink
het nie. Laat 'n mens nogal goed voel. Gloudina sal nou moet hard werk om
hierdie groot kanonne afgeskiet te kry. Maar dit sit nie in haar broek om
teen hierdie tipe "big daddies" vir geregtigheid te veg nie. Sy was dan al
die tyd een van hulle maklike pionne.

Soos Yster Swart nou die aand voor sy selfoon-dood gesê het, in "Die Vierde
Kabinet": "Mense is toe nie so bliksems slim as wat hulle gedink het
nie...."

> Added one of his colleagues, " It does not bother us if a radical
> black regime comes in. We'll just put up the fences and keep pulling
> the minerals out just the same."

"Scramble for Africa" geskryf deur Thomas Pakenham illustreer hierdie
"fencing in of Africa" so goed. Julle wat dit nog nie gelees het nie,
behoort dit te doen. Die hele Afrika geskiedenis draai om hierdie huidige
persepsies van gierigheid en magtige rolspelers. Dis 'n baie dik boek, maar
'n geweldige goeie weergawe van Afrika se geskiedenis. En ontspan tog
Gloudina, Thomassie het nie tóe geweet dat hierdie boek in Amerika gaan
verskyn nie.

> "There's a plan, a long-term plan, that within 25 years,
> South Africa will be turned into a country which can be controlled
> from the outside."

Hel, ek het amper gedink die gesprek was met my, na aanleiding van 'n
antwoord aan Gloudina in hierdie verband. So, daar is weer eens bevestiging
deur ander bronne - hoe onduidelik en ongeloofwaardig ookal. Miskien het so
'n gesprek tog plaas gevind.
>
> In 1948, the National Party expelled the anglophile Prime Minister Jan Smuts
> and adopted a dirigistic program that turned South Africa into an
> industrial power, as opposed to only an exporter of raw materials.

Die vestiging van groot industrieë deur die Apartheidsregering, het van
Afrika die Kroonjuweel gemaak. "Cry Our beloved Country" oor hierdie helse
verraad wat die land getref het. Enige iemand mag hierdie soort opmerkings
maak, behalwe die Afrikaner. Dan word ons op hierdie NG vir Apartheidsvarke
uitgeskel, en dit net omdat ons so 'n bietjie grysstof inspan om by
soortgelyke konklusies uit te kom, gegrond op "hands on" ervaring van die
hele helse gebeure. Dit noem ek nou dem tragies.

>
> Implemenatation
> of the Ponto plan would have created the economic for a successful
> transformation to majority rule, in contrast with the British approach
> of coupling pious proclamations against apartheid and for majority
> rule, with destructive economic measures such as sanctions, usury,
> deregulation, and privatisation.

Nou wil iemand vir ons diplomaties raak en sê die Afrikaner het 'n
"effense"weerstand teen die Engelse opgebou en dis maar net omdat die
Afrikaner hulle nie die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekame sal vergewe
nie. Ons het nog nooit eintlik 'n ander geldige rede gehad om vir die klein
Europese landjie wat die grootste teelplaas vir aasvoëls is, kwaad te wees
nie!!
>
> The Ponto plan was never brought to life. Juergen Ponto was
> assassinated by the Baader Meinhof terrorist gang in July 1977. In
> South Africa, Smit was assassinated later the same year. EIR (the
> periodical publishing this book) charged that these assassinations
> were orchestrated by British Intelligence, in conjunction with the
> Soviet KGB.

Verbreding van horisonne is hier tog so dringend van toepassing vir
kommentaar, of hoe Johan? Sommige deelnemers sukkel so 'n bietjie met
hierdie intelligente uitgangspunt van jou.

Die res van die artikel is ontstellend waar en word deur baie nuusberigte
internasionaal en nasionaal bevestig. Dêm! Gaan ons hierdie orgie 'n
bietjie verder belig, my mede ekonomies- en Britse slawe !?

Die Afrikaner se enigste swakpunt ,wat my aanbetref, is sy naïewe
eerlikheid, gegrond op die Calvinistise leerstellings. Daar is te veel
ander Christene wat met ander reëls aan die oorlog om skaarshulpbronne
deelneem.

Johan, ek dink ek gaan nou maar jou raad volg wat jy vir Gloudina gegee het
oor die orale ekskresie van die maaginhoud en die kopkrimper bekruip om van
hierdie helse globale gemors te probeer sin maak.!!! Lekker dag.

Ettienne, terwyl ek kompos genereer van vanoggend se ontbyt weens die
ontstellende artikel, moet jy maar weer 'n mening of twee lig vir ons.
Re: NEOCOLONIALISM, OR WHY THE UK GOVT. AND LONRHO FINANCE THE ANC. [boodskap #16307 is 'n antwoord op boodskap #16271] Di, 21 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes:

> Die inligting hier verskaf is al dekades bekend gewees aan die S.A.
> regering, maar niemand wou hulle aan die Afrikaners se uitsprake steur nie.
> Al die Afrikaner se "swakpunte" is uitgebasuin en gebruik om die land weg
> te neem van 'n sterk ontwikkelende industriële nasie terug na 'n Imperiale
> skoothondjie. Baie Afrikaners was gewillige slagoffers van hierdie
> breinspoeling en het maar te gewillig op die Engelse se skote gespring vir
> vertroeteling.

Ja, dis daarom dat ek nog altyd die
apartheidsvarke verfoei het. Hulle
was so dom, dom, dom. Hulle het gedink
solank ons maar die baantjies vir boeties
kan skep en die kort-termyn winste kan
maak, knyp ons maar die o"e toe vir die
groter raamwerk. Dis daarom dat daar aan
die einde van die apartheidsregime nog
60 persent van die aandele in die hande
van een magtige maatskappy was, en hoekom
ou Margaret Thatcher so gekeer het vir
sanksies. Dis eers gedurende die nuwe
regering dat die Britse greep op die
SA bevraagteken word.

Griet, ek was 'n paar dae van die rekenaar
weg, en toe ek terugkom, skuim jy om die
mond en spoeg my naam hierdie kant toe en
daardie kant toe. Vergeet nou van my. Jy
weet baie min van wat ek dink en voel en
probeer nou maar net my weer die swartskaap
maak vir jou neo-nasionaliste gekwetter.
Om te sê dat die NP die land 'n groot
geindustrialiseerde en demokratiese land
gemaak het, is bog. Hulle het 'n sosialistiese
nepotistiese wit staat probeer skep, waar alles
gekontroleer was deur 'n klein magsgroep. En
die oorgrote meerderheid van die SA bevolking
was onder 'n veertigjarige dwingelandy. Hou
op die ou regime te verdedig.

Gloudina
Re: NEOCOLONIALISM, OR WHY THE UK GOVT. AND LONRHO FINANCE THE ANC. [boodskap #16319 is 'n antwoord op boodskap #16271] Wo, 22 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Jul 1998 14:35:42 GMT, waffled:

> Om te sê dat die NP die land 'n groot
> geindustrialiseerde en demokratiese land
> gemaak het, is bog.

In jou oë dalk, maar daar is honderde duisende wat met jou sal
verskil.

Dis nie die agterblyeriges wat universiteite en Sasols en 'n
wapenindustrie van formaat geskep het nie!

>>> Hulle het 'n sosialistiese
> nepotistiese wit staat probeer skep, waar alles
> gekontroleer was deur 'n klein magsgroep.

Jy gee heeltemaal veel krediet aan die NP - ek dink dit was eerder die
rol wat geld gespeel het in AL die wittes in SA se hande.

...sommer net ek, Simon
Re: NEOCOLONIALISM, OR WHY THE UK GOVT. AND LONRHO FINANCE THE ANC. [boodskap #16320 is 'n antwoord op boodskap #16271] Wo, 22 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: ZeroInt at birmingham.crosswinds.net (ZeroInt)

On 21 Jul 1998 14:35:42 GMT, whispered:

> was onder 'n veertigjarige dwingelandy. Hou
> op die ou regime te verdedig.
>
> Gloudina
>
>

Hou op om die nuwe regime goed te praat.
Re: NEOCOLONIALISM, OR WHY THE UK GOVT. AND LONRHO FINANCE THE ANC. [boodskap #16338 is 'n antwoord op boodskap #16271] Do, 23 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes: >

> Ek mag dalk nie weet wat jy dink of voel nie, maar jou redenasies op
> hierdie NG reflekteer 'n paar persoonlikheidsaspekte wat niemand anders
> toegebid word nie. Siestog. Moenie lag nie ouens. Om te dink ons kon ook
> so gewees het.

Hierdie paragrafie sê ver meer van jou as van
my, ou Griet. Dit skilder jou as 'n hovaardige
beterweter, wat altyd moet dink die "ouens" sal
met haar saamstem. Met die "ouens" bedoel jy
heelwaarskynlik mans. Jou redenasies is tipies
oor die hele plek, maar onderliggend is dit
reaksioner. Ek vra jou weer, neem vir my uit
jou konstellasie uit, en ek sal jou geskrifte
ignoreer.

Gloudina
Re: NEOCOLONIALISM, OR WHY THE UK GOVT. AND LONRHO FINANCE THE ANC. [boodskap #16339 is 'n antwoord op boodskap #16271] Do, 23 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Simon wrote in article
...
> On 21 Jul 1998 14:35:42 GMT, waffled:
>
>> Om te sê dat die NP die land 'n groot
>> geindustrialiseerde en demokratiese land
>> gemaak het, is bog.

Gloudina, lees weer die stuk. Moenie woorde byvoeg nie.
>
> In jou oë dalk, maar daar is honderde duisende wat met jou sal
> verskil.
>
> Dis nie die agterblyeriges wat universiteite en Sasols en 'n
> wapenindustrie van formaat geskep het nie!
>
>>>> Hulle het 'n sosialistiese
>> nepotistiese wit staat probeer skep, waar alles
>> gekontroleer was deur 'n klein magsgroep.
>
> Jy gee heeltemaal veel krediet aan die NP - ek dink dit was eerder die
> rol wat geld gespeel het in AL die wittes in SA se hande.

Sy wil nie hoor waaroor die neo-kolonialisme gaan nie, Simon. Maar wees
sterk, vriend, en hou aan om haar gebrabbel te korrigeer.
>
>
> ...sommer net ek, Simon

Om veel meer tyd aan jou antieke insigte te spandeer, Gloudina, is werklik
nie die moeite werd nie.

Ek mag dalk nie weet wat jy dink of voel nie, maar jou redenasies op
hierdie NG reflekteer 'n paar persoonlikheidsaspekte wat niemand anders
toegebid word nie. Siestog. Moenie lag nie ouens. Om te dink ons kon ook
so gewees het.
Re: NEOCOLONIALISM, OR WHY THE UK GOVT. AND LONRHO FINANCE THE ANC. [boodskap #16347 is 'n antwoord op boodskap #16271] Vr, 24 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Ek was vir _weke_ weg, en jy en jou handperdjies spoeg nog aanmekaar
op my.

Kan jy asseblief identifiseer wie my
"handperdjies" is. Name, getalle en
dies meer?

> (Is dit vir jou moeilik dat daar 'n intellegente vrou op die lys is wat jy
> nie met jou venynige hennegevegte weggejaag kry nie hm?.............)

Kan jy asseblief identifiseer wat die naam
is van die "intellegente" vrou waarvan jy
praat?

Gloudina
Re: NEOCOLONIALISM, OR WHY THE UK GOVT. AND LONRHO FINANCE THE ANC. [boodskap #16357 is 'n antwoord op boodskap #16271] Sa, 25 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Griet, ek was 'n paar dae van die rekenaar
> weg, en toe ek terugkom, skuim jy om die
> mond en spoeg my naam hierdie kant toe en
> daardie kant toe.

Likewise, ou ding, likewise.

Ek was vir _weke_ weg, en jy en jou handperdjies spoeg nog aanmekaar op my.

(Is dit vir jou moeilik dat daar 'n intellegente vrou op die lys is wat jy
nie met jou venynige hennegevegte weggejaag kry nie hm?.............)

Vriendelike groete, Leendert
Re: NEOCOLONIALISM, OR WHY THE UK GOVT. AND LONRHO FINANCE THE ANC. [boodskap #16358 is 'n antwoord op boodskap #16271] Sa, 25 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
zero_int  is tans af-lyn  zero_int
Boodskappe: 17
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On 24 Jul 1998 21:30:27 GMT, whispered:

> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>> Ek was vir _weke_ weg, en jy en jou handperdjies spoeg nog aanmekaar
> op my.
>
> Kan jy asseblief identifiseer wie my
> "handperdjies" is. Name, getalle en
> dies meer?
>
>> (Is dit vir jou moeilik dat daar 'n intellegente vrou op die lys is wat jy
>> nie met jou venynige hennegevegte weggejaag kry nie hm?.............)
>
>
> Kan jy asseblief identifiseer wat die naam
> is van die "intellegente" vrou waarvan jy
> praat?
>
> Gloudina
Die ou teef is weer op haar stukke. Sy is vinnig om antwoorde te eis
maar wanner dit haar beurt is om te antwoord verdwyn sy so vir 'n week
of twee en kom dan terug asof niks skort nie.

PGP Fingerprint: 7C63 CB7C 1292 4355 C6C2 8241 7789 483D
PGP Key ID : 0xB7CAD5ED
http://www.crosswinds.net/birmingham/~zeroint
zero_int@stones.comm [remove last "m"]
Re: NEOCOLONIALISM, OR WHY THE UK GOVT. AND LONRHO FINANCE THE ANC. [boodskap #16359 is 'n antwoord op boodskap #16271] Sa, 25 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>> Ek was vir _weke_ weg, en jy en jou handperdjies spoeg nog aanmekaar
> op my.
>
> Kan jy asseblief identifiseer wie my
> "handperdjies" is. Name, getalle en
> dies meer?

Tel maar die wat so spoeg - en dies meer.

>
>> (Is dit vir jou moeilik dat daar 'n intellegente vrou op die lys is wat jy
>> nie met jou venynige hennegevegte weggejaag kry nie hm?.............)
>
>
> Kan jy asseblief identifiseer wat die naam
> is van die "intellegente" vrou waarvan jy
> praat?

Ag jinne! Is jy nou gereduseer tot die vlak waar jy oor tikfoute vit?

Miaaau!..........
Vorige onderwerp: Re: boerewors hier vêr in die ooste
Volgende onderwerp: Afrikaanse kranten
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 01:40:46 MGT 2024