Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Praat met my!
Praat met my! [boodskap #158] Di, 10 Desember 2002 00:06 na volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Komaan, Mense, kom ons hou dié groep aan die lewe! Gesels nou met my.

R.
Re: Praat met my! [boodskap #159 is 'n antwoord op boodskap #158] Di, 10 Desember 2002 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hallo daar, ek praat met jou!

Thys oppie Bos

"bobby's girl" skryf in boodskap news:h4aJ9.493$a5.1131@newsfeeds.bigpond.com...
>
>
> Komaan, Mense, kom ons hou dié groep aan die lewe! Gesels nou met my.
>
> R.
>
Re: Praat met my! [boodskap #160 is 'n antwoord op boodskap #159] Do, 12 Desember 2002 05:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Jeeez, dié groep is definitief gevrek. 'Skies, Thys, daai boodskap wat ek
gestuur het, moes hier gewees het - glipsie vannie vingers... Wat sê jy?

Waar is jy, D? Jy't aangehou kla oof ek nie hier is nie, en nou is ek hier
en jy's nie?

R.


> Hallo daar, ek praat met jou!
>
> Thys oppie Bos
Re: Praat met my! [boodskap #161 is 'n antwoord op boodskap #160] Do, 12 Desember 2002 10:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gaan kyk liewer by soc.culture.south-africa.afrikans. Daar gebeur nogal
goed! In Afrikaans!

Thys

"bobby's girl" skryf in boodskap news:mLUJ9.1574$jM5.4291@newsfeeds.bigpond.com...
> Jeeez, dié groep is definitief gevrek. 'Skies, Thys, daai boodskap wat ek
> gestuur het, moes hier gewees het - glipsie vannie vingers... Wat sê jy?
>
> Waar is jy, D? Jy't aangehou kla oof ek nie hier is nie, en nou is ek hier
> en jy's nie?
>
> R.
>
>
>> Hallo daar, ek praat met jou!
>>
>> Thys oppie Bos
>
Re: Praat met my! [boodskap #162 is 'n antwoord op boodskap #160] Vr, 13 Desember 2002 21:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 12 Dec 2002 15:13:14 +1000, "bobby's girl"
wrote:

Haai R... Jy's hier...!!!
Lekkerrr... ek het jou epos gekry dieselfde dag wat jy dit gepos het,
maar soos jy weet het ek ietwat van 'n dol tyd denkende aan die
ongeluk wat ek gehad het:-))).
Gister moes Hannetjie en ek laat X strale neem kompleet. Gelukkig niks
gebreek nie. Ek kan nog nie lekker terugkyk wanneer ek terugry nie
maar gebruik die spieël want die bors voel nog effe teer.
Ek het vandag weer wiele gekoop en wil môreoggend om ses die
pad vat na durbs. Ek was die afgelope paar dae byna elke dag in
Johannesburg en ongewing. Vandag twee keer na Roodepoort en
daarna na Belgravia waar ek weer gewiel geraak het:-))).
Dit is waarom ek nalatig was met pos. Vanaand om 22:10 kom ek
op die NET. Moet nie hier weggaan nie. Sit net daar op die sypaadjie
en wag vir my. As enige ander man (soos Thys of iemand:-) met jou
'n praatjie aanknoop, steek jy jou ken vêêêr vooruit, hou jouself 'n
snob en praat nie met hom nie. Ek sien jou in die eerste week van
Januarie.
Die aanhangsel wat jy vir my gestuur het, het ek gebêre want ek moet
Power Point installeer daarvoor. Ek rapporteer terug daaroor:-)))

Daar's 'n hallo in jou inbox:-)))

DD
Re: Praat met my! [boodskap #163 is 'n antwoord op boodskap #162] Sa, 14 Desember 2002 10:16 Na vorige boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Haai R... Jy's hier...!!!

Hey Diedels - jy nou wakker geskrik, nê?

> Lekkerrr... ek het jou epos gekry dieselfde dag wat jy dit gepos het,
> maar soos jy weet het ek ietwat van 'n dol tyd denkende aan die
> ongeluk wat ek gehad het:-))).

Ja, ja, ja - verskonings, verskonings! Nogal goeies ook! Kan nie met hulle
argumenteer nie...

> Gister moes Hannetjie en ek laat X strale neem kompleet. Gelukkig niks
> gebreek nie. Ek kan nog nie lekker terugkyk wanneer ek terugry nie
> maar gebruik die spieël want die bors voel nog effe teer.

Bob kan nog steeds nie lekker terugkyk nie - was jarre gelede in 'n ongeluk
waarin hy ernstige nekbeserings opgedoen het. Nou bestuur ek en ry orals
met hom rond... Ek dink dis net 'n verskoning, want hy geniet dit om so
rondgekarwei te word.

> Ek het vandag weer wiele gekoop en wil môreoggend om ses die
> pad vat na durbs.

Ek hoop jou nuwe Toy kom goed te pas en laat jou nie in die steek nie.
Veilig ry, Ou Seun, veral as dit begin reën.

Sit net daar op die sypaadjie
> en wag vir my. As enige ander man (soos Thys of iemand:-) met jou
> 'n praatjie aanknoop, steek jy jou ken v���r vooruit, hou jouself 'n
> snob en praat nie met hom nie.

Maar jy't dan hoeka vir my gesê ek moet my neus laat sak en met julle praat.
Hoe dan nou? Ai, kan ook nie wen nie...

Ek sien jou in die eerste week van
> Januarie.
> Die aanhangsel wat jy vir my gestuur het, het ek gebêre want ek moet
> Power Point installeer daarvoor. Ek rapporteer terug daaroor:-)))
>
> Daar's 'n hallo in jou inbox:-)))

Het die Hallo gekry... jinne, ek hoop jou reaksies is bietjie vinniger
wanneer jy bestuur (oeps, ek sal nou vinnig moet koes hier). Jy't nie Power
Point nie? Praat van agter die klip... ek het dit darem al 'n jaar lank
nou.

> DD

Goed om hier met jou te gesels, weg van "prying eyes".

R.

(ek sal geduldig wag tot jy terug is - jy't nie gesê hoe lank nie?)
Vorige onderwerp: nou en volgende jaar:-)
Volgende onderwerp: Plakkers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 08:51:24 MGT 2024