Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » MWeb loop soos Harmandrup
MWeb loop soos Harmandrup [boodskap #16262] Vr, 17 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
Hannes Cilliers  is tans af-lyn  Hannes Cilliers
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek sukkel nou al 'n week dat my diensverskaffer, MWeb, die Afrikaanse
nuusgroep moet bybring. Iewers is iets groot fout. Ek moet gedurig
berigte aflaai van die Universiteit van Stuttgard of hulle lees op
Deja-News.
Ek plaas hieronder die boodskappe wat ek na MWeb gestuur het oor die
saak (let op die datums).
Ek beweer nie dit is MWeb se skuld nie. Ek het trouens al probeer om
direk van SAIX af te laai -- sonder sukses. Ek dink Telkom laat ons
ernstig in die steek.
Maar iewers moet iemand tog iets aan die saak probeer doen. (Terloops,
dit geld nie net die Afrikaanse nuusgroep nie. Ek het dieselfde
probleem met al die nuusgroepe waarop ek inskryf.
Afrika-groete
Hannes

-----Original Message-----
From: Hannes Cilliers
To: g...@mweb.co.za
Date: 14 July 1998 21:30
Subject: HARMANSDRUP

> Meneer,
> Iewers skort iets groots met julle nuusbediener. Hy loop so
> stadig soos Harmansdrup.
> Op die Afrikaanse nuusgroep is daar nou drie dae stilte. Dis nie
> omdat daar niks op die nuusgroep gebeur nie. Ek trek elke dag
> twintig tot dertig berigte van die Universiteit van Stuttgard se
> nuusbediener af. Hoekom verskyn dit nie op my eie diensverskaffer
> se nuusbediener nie?
> En dis nie van vandag af dat dit so gaan nie...
> Met al die internasionale nuusgroepe is dit diedelfde storie. Van
> Stuttgard af kry ek alles feitlik oombliklik. Van MWeb af kom
> dit - dalk - oor twee, drie dae.
> Dis mos nie soos dit behoort te werk nie!
> Groete
> Hannes

----Original Message-----
From: Hannes Cilliers
To: g...@mweb.co.za
Date: 16 July 1998 22:11
Subject: Harmandrup
> Meneer(vrou)
> Die Afrikaanse nuusgroep (soc.culture.south-africa.afrikaans) is
> nou erger as Harmansdrup. Daar was meer as twee dae laas iets
> (terwyl ek elke dag klompe berigte van Stuttgard aflaai).
> Die laaste berig was van ene ckr...@mweb.co.za op 14 Julie onder
> die hofie "test".
> Ek hoop nie iemand het Afrikaans ge-"test" op Bastilledag nie...
> Groete
> Hannes
-----Original Message-----
From: Hannes Cilliers
To: tec...@mweb.co.za
Date: 17 July 1998 22:41
Subject: Harmansdrup

> Menere
> Ek kla nou al 'n week omdat die nuusgroep
> soc.culture.south-africa.afrikaans nie ge'update' word nie. Hy is
> soos Harmansdrup.
> Iewers is 'n groot skroef los by julle!
> As ek niks op MWeb kry nie, laai ek dag die afgelope week
> nuus op dié nuusgroep af by die Universiteit van Stuttgard of ek
> lees dit op Deja-news.
> Op MWeb gebeur daar niks.
> Ek betáál minstens vir die diens van MWeb af.
> Om julle hulplyn te bel, help niks.
> Ek het boodskappe (soos dié een) gestuur na 'n e-posadres wat ek
> by julle hulplyn gekry het. Hulle is nié teruggestuur nie, dus
> het iémand hulle gekry. Maar niemand antwoord nie. Niemand doen
> die moeite om te antwoord nie.
> Dit is nou Saterdagaand 17 Julie 1998. Die laaste boodskap op die
> nuusgroep is op 14 Julie deur ene charles. Ek
> aanvaar dis die man met wie ek op daardie dag oor dié kwessie
> gepraat het.
> Intussen het ek omtrent vyftig boodskappe van Stuttgard af
> afgelaai.
> Antwoord my net, asseblief!
> Ek gaan die boodskappe wat ek na MWeb gestuur het oor die saak op
> die nuusgroep gooi sodat ek ander se mening ook kan kry.
> Dit werk mos nie so nie!
> Groete
> Hannes
> E-pos: han...@mweb.co.za
Re: MWeb loop soos Harmandrup [boodskap #16280 is 'n antwoord op boodskap #16262] Sa, 18 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
chohne  is tans af-lyn  chohne
Boodskappe: 19
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hannes Cilliers wrote in message ...
> Ek sukkel nou al 'n week dat my diensverskaffer, MWeb, die Afrikaanse
> nuusgroep moet bybring. Iewers is iets groot fout. Ek moet gedurig
> berigte aflaai van die Universiteit van Stuttgard of hulle lees op
> Deja-News.
> Ek plaas hieronder die boodskappe wat ek na MWeb gestuur het oor die
> saak (let op die datums).
> Ek beweer nie dit is MWeb se skuld nie. Ek het trouens al probeer om
> direk van SAIX af te laai -- sonder sukses. Ek dink Telkom laat ons
> ernstig in die steek.
> Maar iewers moet iemand tog iets aan die saak probeer doen. (Terloops,
> dit geld nie net die Afrikaanse nuusgroep nie. Ek het dieselfde
> probleem met al die nuusgroepe waarop ek inskryf.
> Afrika-groete
> Hannes
>
Dieselfde hier.
News.saix.net laat my slegs toe om vir 4 of 5 dae boodskape af te laai
voordat my Outlook Express (Ek lees boodskappe slegs "offline") totaal die
gees gee. 'n volledige verwydering van IE4 en herlaai onder Windows95 is
onsuksesvol. Was by drie geleenthede genoodsaak om my hardeskyf te "format"
en alles van vooraf te laai.
IE3 het na 'n paar dae dieselfde gedoen terwyl ek van news.saix.net afgelaai
het.
Terug by M-Web vind ek dat hul nuusbediener in die meeste gevalle nie die
eerste boodskap van 'n "thread" beskikbaar het nie en daar in baie gevalle
boodskappe ouer as 'n week afgelaai word. Dit is onseker of al die
booskappe ontvang word.

M-Web reageer soos volg:

We have received your query regarding the news groups.

1. The M-Web news server is basically just a mirror of the saix news
server. This might be the reason why it is slow in updating.

2. There is no setting that you can change in your outlook express to
change the situation.

3. If you can access other news servers (if other ISPs allow you to),
then you are very welcome to try them.

4. Regarding the saix news server giving you errors - we have no input
in this regard as the saix news server does not belong to M-Web.

Saix Net reageer:

The SAIX News Service is available to SAIX Clients only,
unfortunately you will have to stay with the MWEB Service, or
...join the competition :-)

It doesn't seem possible that USENET caused Outlook Express to
corrupt your HDD ?

Newsgroups are configured to have a certain expiry date set by the
moderators and not always customizable by the ISP.

Hope this helps ?

M-Web en SAIX se reaksies is nutteloos.

Kan iemand asb adresse van internasionale nuusbedieners met SA nuusgroepe op
die NG plaas?

Groete

C Hohne
Re: MWeb loop soos Harmandrup [boodskap #16281 is 'n antwoord op boodskap #16262] Sa, 18 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hannes Cilliers  is tans af-lyn  Hannes Cilliers
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op Sat, 18 Jul 1998 21:26:51 +0200 skryf "chohne"
:

>
> Hannes Cilliers wrote in message ...
>> Ek sukkel nou al 'n week dat my diensverskaffer, MWeb, die Afrikaanse
>> nuusgroep moet bybring. Iewers is iets groot fout. Ek moet gedurig
>> berigte aflaai van die Universiteit van Stuttgard of hulle lees op
>> Deja-News.
>>
mho...@mweb.co.za skryf
> Dieselfde hier.

> M-Web reageer soos volg:
> We have received your query regarding the news groups.
> 1. The M-Web news server is basically just a mirror of the saix news

> M-Web en SAIX se reaksies is nutteloos.
> Kan iemand asb adresse van internasionale nuusbedieners met SA nuusgroepe op
> die NG plaas?
> Groete
> C Hohne

Ek kan jou help met 'n paar internasionale nuusbedieners, maar dit los
nog nie die basiese probleem op nie. Ons BETAAL vir MWeb se diens.
Hoekom is dit nie goed genoeg nie?

Hier is 'n paar internasionale nuusbedieners:
news.uidaho.edu
news.uni-stuttgart.de
newshost.uwo.ca
usenet.seri.re.kr
voyager.iii.org.tw
Demonews.mindspring.com
news.savis.com
stallion.mikuni.com
no2.i-way.net
news.doha.net
news.nesbittburns.ca

Afrika-groete
Hannes
Re: MWeb loop soos Harmandrup [boodskap #16282 is 'n antwoord op boodskap #16262] Sa, 18 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 Jul 1998 21:26:51 +0200, "chohne" wrote:

die NG plaas?>>[/color]

Dit kan ek nie doen nie, maar ek kan wel 'n uitstekende
nuusgroep-leser aanbeveel wat ook gratis is.
Dit is Free Agent en dit kan op die WWW afgelaai word by
www.forteinc.com

Dit is werklik die beste een wat en nog teegekom het en is ontwerp om
off-line te werk - m.a.w. jy log aan, laai opskrifte af en log weer
af. Dan merk jy die wat jy wil lees, log weer aan en laai die "bodies"
af. Dan log jy af en lees op jou tyd. As jy wil antwoord skryf jy dit
ook off line en log net aan om te stuur. Dit beteken as jy eers
besluit het watter nuusgroepe jy wil lees, is jy minute opline op n
slag.

As jou ISP nie elke dag 'n paar keer nuwe boodskappe op het in
nuusgroepe nie, maak kak want die opposisie (Icon en Iafrica bv) laai
bv. elke dag 'n paar keer nuwe boodskappe.
Re: MWeb loop soos Harmandrup [boodskap #16293 is 'n antwoord op boodskap #16262] So, 19 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
chohne  is tans af-lyn  chohne
Boodskappe: 19
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hannes Cilliers wrote in message ...
> Op Sat, 18 Jul 1998 21:26:51 +0200 skryf "chohne"
> :
>
>>
>> Hannes Cilliers wrote in message ...
>>> Ek sukkel nou al 'n week dat my diensverskaffer, MWeb, die Afrikaanse
>>> nuusgroep moet bybring. Iewers is iets groot fout. Ek moet gedurig
>>> berigte aflaai van die Universiteit van Stuttgard of hulle lees op
>>> Deja-News.
>>>


> Ek kan jou help met 'n paar internasionale nuusbedieners, maar dit los
> nog nie die basiese probleem op nie. Ons BETAAL vir MWeb se diens.
> Hoekom is dit nie goed genoeg nie?

Patetiese diens in SA is normaal. Die publiek word mos altyd 'n guns bewys.
Sal nou by een van die nuusbedieners hieronder probeer inskakel. Dankie vir
die adresse.
Groete
C Hohne
>
> Hier is 'n paar internasionale nuusbedieners:
> news.uidaho.edu
> news.uni-stuttgart.de
> newshost.uwo.ca
> usenet.seri.re.kr
> voyager.iii.org.tw
> Demonews.mindspring.com
> news.savis.com
> stallion.mikuni.com
> no2.i-way.net
> news.doha.net
> news.nesbittburns.ca
>
>
> Afrika-groete
> Hannes
Vorige onderwerp: Cheers
Volgende onderwerp: SA Burgers In Australië & Nieu-Seeland!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:33:22 MGT 2024