Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oxford Afrikaans
Oxford Afrikaans [boodskap #16218] Wo, 15 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dit (1..2..3) wil vóórkom (1..2) asof die oú manier (1..2)
van Afrikaans práát (1..2..3) heeltemal te reguit (1..2..3)
en dus sekerlik (1..2) fascisties (1..2) moet..... VOORkom.

Láát (1..2..3) ons daarom eerder; (; ; ;) soos vermeld in
(1..2..3..4) 'n redelik onlangse SABC dokumentęr (1..2..3)
oor die óú (1..2) SAUK, (, ,) ons manier van (1..2..3) dink,
handel, en praat ......... WYSig.

Let (1..2..3..4..5), vir 'n begin (1..2) op ritme (1..2) en
veral (1..2..3..4..5) póúses (1..2..3) TUSsen woorde. Later
(1..2..3) kan jy (1..2..3) oorweeg om (1..2) sagter te praat
(1..2..3) en kwynende (1..2..3) jou woorde...... in te sluk.
Ondhou (1..2..3) die KLEMmtoon (1..2) op sporadiese PLEkke
(1..2..3) maar veral (1..2) op die voorlaaste LETTERgreep.
Sommige woorde (1..2..3..4) word ook op (1..2..3)
snaaaa('n)kse maniere...... verleng. ( . . . . ) Al hierdie
(1..2..3) moet egter (1..2..3) binne 'n (1..2..3) aaklige
(1..2..3) monotoon ........ GEskied.

Kruywagen (1..2..3) moet sekerlik nou (1..2..3..4) in die
hemel wéés (1..2) want hy het (1..2..3..) nog altyd (1..2)
staaaaadig ........... GEpraat. Alida Thron (of Alaaaida
Th e ron) is vir sómmige sensasioneel (1..2..3..4) op die
oor (1..2..3) en RSG se omroepers práát (1..2..3..4..5)
ook nou........so (Dankie tog vir geharde Niki !!!). Selfs
(1..2..3) verkrampte ou radio pretoria (1..2..3) omroepers
(1..2) en núúslesers (1..2) elokusieer (1..2..3) met sulke
(1..2) lawwe (1..2..3) skielike uitvlooi van woorde.
Dié (1..2..3..4) advertensiewese (1..2..3) bly egter
(1..2..3) die groo(ooo 'n)tste (1..2) propageerders van
(1..2..3) ons nuwe manier van.......... praat.

Ek wens net (1..2..3..4) ek kon iets doen (1..2..3) om
daardie kriewel gevoel, (, , ,) te ....... BEheers.

Want as ek aan Afrikaners dink, dink ek aan 'n stewige
handskud, reguit in die oë kyk en nie pretensieuse, self
innemende, poserende, selfgenoegsaamheid nie.
(Om soveel op uitspraak te konsentreer , dit nogal sonder
inagneming van konteks, is sommer inelkgeval laf.)

Aan (1..2..3) die ánderkant (1..2..3..4) was daar 'n tyd
gewees wat (1..2..3) ten minste soms (1..2..3) Engels 'n
lieflike sprankel op die oor ...... geHAD het. En (1..2..3)
dalk kan daar tog (1..2..3) iets goed (1..2) omtrent
elokusie......wéés. Maar die konsep van (1..2..3) trots,
eer, selfrespek en (1..2..3..4) nederigheid is (1..2..3)
lankvergete begrippe en (1..2..3..4) skaars te vinde
(1..2..3) maar nogtans ter herinnering in (1..2) ou films
en produksies van bv. (1..2..3) R & H en MGM .........
vasGEvang (1..2..3) en ook nog (1..2..3) te siene
(1..2..3) in sommige periodiese ........ proDUKsies.
(Queen's (of Georgiaans) eerder as Oxford dankie !)
(Ons romeinse maatjies is inelkgeval lankal dit nie meer
nie).

Wel ja, ek hoop net nie ons gaan eendag ons konsonante insluk
op een of ander absurde manier nie. En alhoewel dit sommiges
nog heel fassineer ;) hoop ek regtig dat die 'pun' en sy
degeneratiewe eweknie, die 'oneliner', sal uitsterf as
goedkoop sensasie. En irreterende, onnodige sarkasme daarby
sommer gou vir die oppervlakkige gemors wat dit is raakgesien
sal word.

(Jammer, ek moes)
Etienne Marais
Re: Oxford Afrikaans [boodskap #16245 is 'n antwoord op boodskap #16218] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Carel  is tans af-lyn  Carel
Boodskappe: 11
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Etienne Marais wrote:
>
> Dit (1..2..3) wil vóórkom (1..2) asof die oú manier (1..2)
> van Afrikaans práát (1..2..3) heeltemal te reguit (1..2..3)
> en dus sekerlik (1..2) fascisties (1..2) moet..... VOORkom.
>
> Láát (1..2..3) ons daarom eerder; (; ; ;) soos vermeld in
> (1..2..3..4) 'n redelik onlangse SABC dokumentêr (1..2..3)
> oor die óú (1..2) SAUK, (, ,) ons manier van (1..2..3) dink,
> handel, en praat ......... WYSig.
>
> Let (1..2..3..4..5), vir 'n begin (1..2) op ritme (1..2) en
> veral (1..2..3..4..5) póúses (1..2..3) TUSsen woorde. Later
> (1..2..3) kan jy (1..2..3) oorweeg om (1..2) sagter te praat
> (1..2..3) en kwynende (1..2..3) jou woorde...... in te sluk.
> Ondhou (1..2..3) die KLEMmtoon (1..2) op sporadiese PLEkke
> (1..2..3) maar veral (1..2) op die voorlaaste LETTERgreep.
> Sommige woorde (1..2..3..4) word ook op (1..2..3)
> snaaaa('n)kse maniere...... verleng. ( . . . . ) Al hierdie
> (1..2..3) moet egter (1..2..3) binne 'n (1..2..3) aaklige
> (1..2..3) monotoon ........ GEskied.
>
> Kruywagen (1..2..3) moet sekerlik nou (1..2..3..4) in die
> hemel wéés (1..2) want hy het (1..2..3..) nog altyd (1..2)
> staaaaadig ........... GEpraat. Alida Thron (of Alaaaida
> Th e ron) is vir sómmige sensasioneel (1..2..3..4) op die
> oor (1..2..3) en RSG se omroepers práát (1..2..3..4..5)
> ook nou........so (Dankie tog vir geharde Niki !!!). Selfs
> (1..2..3) verkrampte ou radio pretoria (1..2..3) omroepers
> (1..2) en núúslesers (1..2) elokusieer (1..2..3) met sulke
> (1..2) lawwe (1..2..3) skielike uitvlooi van woorde.
> Dié (1..2..3..4) advertensiewese (1..2..3) bly egter
> (1..2..3) die groo(ooo 'n)tste (1..2) propageerders van
> (1..2..3) ons nuwe manier van.......... praat.
>
> Ek wens net (1..2..3..4) ek kon iets doen (1..2..3) om
> daardie kriewel gevoel, (, , ,) te ....... BEheers.
>
> Want as ek aan Afrikaners dink, dink ek aan 'n stewige
> handskud, reguit in die oë kyk en nie pretensieuse, self
> innemende, poserende, selfgenoegsaamheid nie.
> (Om soveel op uitspraak te konsentreer , dit nogal sonder
> inagneming van konteks, is sommer inelkgeval laf.)
>
> Aan (1..2..3) die ánderkant (1..2..3..4) was daar 'n tyd
> gewees wat (1..2..3) ten minste soms (1..2..3) Engels 'n
> lieflike sprankel op die oor ...... geHAD het. En (1..2..3)
> dalk kan daar tog (1..2..3) iets goed (1..2) omtrent
> elokusie......wéés. Maar die konsep van (1..2..3) trots,
> eer, selfrespek en (1..2..3..4) nederigheid is (1..2..3)
> lankvergete begrippe en (1..2..3..4) skaars te vinde
> (1..2..3) maar nogtans ter herinnering in (1..2) ou films
> en produksies van bv. (1..2..3) R & H en MGM .........
> vasGEvang (1..2..3) en ook nog (1..2..3) te siene
> (1..2..3) in sommige periodiese ........ proDUKsies.
> (Queen's (of Georgiaans) eerder as Oxford dankie !)
> (Ons romeinse maatjies is inelkgeval lankal dit nie meer
> nie).
>
> Wel ja, ek hoop net nie ons gaan eendag ons konsonante insluk
> op een of ander absurde manier nie. En alhoewel dit sommiges
> nog heel fassineer ;) hoop ek regtig dat die 'pun' en sy
> degeneratiewe eweknie, die 'oneliner', sal uitsterf as
> goedkoop sensasie. En irreterende, onnodige sarkasme daarby
> sommer gou vir die oppervlakkige gemors wat dit is raakgesien
> sal word.
>
> (Jammer, ek moes)
> Etienne MaraisEttienne, jou afrikaans is dood, lank lewe afrikaans! AS 'n mes stomp
word, slyp jy hom nie? Hou jy aan met saag en laat die skaap ly? Nee
meneer, afrikaans moet gebruikersvriendelik bly om te bly voortbestaan.
Oudedoos afrikaans is pragtig, maar onprakties. Gaan lees Chaucer om te
sien hoe baie het engels verander sedert die 13de eeu. En Engels rule the
roost. Adapt or die.

Carel
Re: Oxford Afrikaans [boodskap #16246 is 'n antwoord op boodskap #16218] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
>> Ettienne, jou afrikaans is dood, lank lewe afrikaans!

Carel, 'my' Afrikaans is nie dood nie, dit word elke dag deur die
gewone publiek gebruik. Oordrewe, anglo-elokusie is (vir ten minste
die oomblik) beperk tot die media waar dit sekerlik 'n rol speel wat
betref versoening tussen bevolkingsgroepe (oftewel die anglisasie van
SA). Met verandering het ek nie pyne nie, ek verwag egter natuurlik
vooruitgang, en tensy 'n begrip (o.m.die aristokratiese ene van 'n
rustige, stil manier van lewe) gepaardgaande met bevordering van
elokusie gaan, dan net so wel.

> meneer, afrikaans moet gebruikersvriendelik bly om te bly voortbestaan.

Wat is ongebruikersvriendelik, wat uitspraak en ritme betref, van
gewone Afrikaans.

Presies wat is so gebruikliksvriendelik om Afrikaans op 'n
onnatuurlike manier in 'n rigting te lei. Ek is nie gevra of elokusie
deel van my begrip is oor hoe die taal gebruik moet word nie, en so
ook nie die Afrikaans-sprekende petroljoggie by die garage om die hoek
nie (wat sal sy vriende nou dink as hy soos 'n snob 10 minute vat om
10 woorde te spreek ?).

> Oudedoos afrikaans is pragtig, maar onprakties. Gaan lees Chaucer om te

Watter oudedose Afrikaans, die een waarin 'n mense vloeiend praat ?
En wat die Britte betref, kom elokusie al van vér af, al het
woordeskat, grammatika en aksent verander.

> sien hoe baie het engels verander sedert die 13de eeu. En Engels rule the
> roost.

Nee, Frans, nee Spaans, nee Mandarin 'rule the roost.' ....
Engels is maar net nog 'n taal, 'n onnodig moeilike een daarby en
linguisties op die absurdste maniere gekoppel aan Latyn. Pragtig,
veral binne sekere van sy kultuur kontekste maar op geen manier meer
gepas of gevorderd (inteendeel) as baie ander tale nie, o.m. Frans.

> AS 'n mes stomp
> word, slyp jy hom nie? Hou jy aan met saag en laat die skaap ly? Nee

Die skerp mes verseker minder leiding, maar 'n vinniger dood...

> Adapt or die.

Bekende woorde die, en op sy oudag lyk dit toe meer soos adapt AND
die, buitendien is jou insinuasie op ongewilliheid tot verandering
ongegrond.... dit is die rigting wat my pla.

> Carel

Etienne
Vorige onderwerp: Die vrou se geldeenheid
Volgende onderwerp: Re: Viagra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 05:15:10 MGT 2024