Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die werklikheid is soms snaaks....
Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16191 is 'n antwoord op boodskap #16193] Di, 14 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kaalvoet, swanger en in die kombuis! "Indoor plumbing"? Nee, dis
'n luukse, soos 'n spieël in die huis. Bad? Miskien een maal 'n
week. Die lewe bestaan uit landbou, kos en kinders maak. En ek
bedoel elke woord BAIE letterlik!

Werklik?!? Vandag?!? 1998?!?!? In Amerika!? Jaaaa!

Ons het Saterdag afgery na 'n dorpie met die naam Harmony om
nader te gaan kennis maak met die Amish gemeenskap. Wat 'n
ontnugtering!

Ek het nog altyd geweet dat hulle wegbly van tegnologie af, maar
dat hulle agterlik is, dit het ek nie geweet nie. En die tegnologie
word net gemaklikheidhalwe weggehou van die mense af. In die
werkswinkels waar meubels vir die toeriste gemaak word, staan die
nuutste en beste meganiese gereedskap! Buite staan 'n groot petrol
masjien wat 'n as draai wat deur die lengte van die werkswinkel loop
en watter masjie ook al gebruik word, se dryfband word oor die pulley
getrek sodat die masjien werk.

Die plaas werwe is in kontas met die "English" (nie-Amish - onthou
die Amish praat 'n soort verkragting van Duits met mekaar)
plaaswerwe baie slordig en vuil - 'n mens kan dit tot 'n mate
verskoon want daar is nie 'n rondry trekkertjie waarmee gras gesny
kan word nie, en alle hande is seker maar nodig om met die
boerdery te help.

Vuil ou kindertjies staar jou aan met die blank gesigte wat ons ook
al in die Huisgenoot gesien het. Hulle lewe is baie afgestomp.
Van kleins af dra albei geslagte rokkies - die meisietjies dra
kappies en dis die enigste manier om hulle te onderskei. Die
seuntjies dra dit tot hulle van doeke af is, maar ek is nie so seker
of daar wel onder daardie rokkies doeke is nie. Ek dink daar word
maar net gesquat as die natuur so dikteer. Miskien is ek verkeerd.

Kinders het net een speelding en dis 'n sleepwaentjie - Die
Western Flyer soort wat hulle agter hulle aantrek - niks anders nie.
Van baie lae ouderdom afbegin hulle help op die plaas en teen agt
jaar oud is hulle ten volle aan die werk. Lande word met perde
bewerk en net EEN-skaar ploegies word gebruik.

Dogtertjies mag knope agter aan hulle rokke hê, maar vrouens glad
nie - hulle maak hulle rokke met haakspelde en voor met gewone
spelde vas. Net baie donker kleure word gedra en selfs die mans
het glo die minimum knope aan hulle broeke. Wat my bring by die
groot gesinne - daar is 'n gemiddeld van dertien kinders per gesin.
Die kinders gaan na Amish skole toe vir agt jaar (Std ses) waar hulle
net Reading Writing en 'Rithmetic leer. Daarna werk hulle op die
plaas en is daar sommige van hulle wat dan net daar en dan, sonder
verdere skoling verder optree as onderwyseresse vir die volgende lot
in die skool. Self-perpetuating poor education.

Hulle gee natuurlik nie om dat toeiste inkom en meubels en so aan
kom koop nie. Net snaaks dat mens plek plek iets sien wat al 'n
rukkie op die rak staan en dan is daar spinnerakke op. Dis asof
daar nie 'n trots betsaan nie.

Ek ken ook mense op 'n plaas in SA waar die vrou lief is vir
kaalvoetloop, maar haar voete is mooi versorg. Die ou Amish
tannie in wie se ou sinkgebou bakkerytjie ons was, het my herinner
aan die swart vroue van 'n paar dekades terug op SA plase - die ou
groot dik breë voete met naels wat seker maar in die grond afslyt,
sien nie meer as eenmaal in twee weke water nie en ek wonder
hoe sy in die winter of vir kerk daai voete in 'n skoen inkry.

Haar hande het met die bak en verpak proses darem heel skoon
gelyk en ons het nie pyne gehad om uit die kombuis te eet nie. Jy
sien nie die vroue se hare onder die kappies uitsteek nie. Die
witbrood was baie lekkerder as die dons ligte Amerikaanse
witbrood. Die "fruit pies" is met deeg gebak sonder sout. En die
vrugte daarin was maar flou van geur en nie eers bietjie soet nie.

Die buggies wat hulle mee ry lyk so romanties en dit help seker
om die tegnologie op 'n afstand te hou, maar ons gids, 'n ou tannie
("English") wat saam met ons in ons wa gery het, het ons vertel
dat hulle ook maar geredelik geld aanbied aan 'n English om hulle
vinnig met 'n motor heen te neem. Die Bybel laat seker maar
daarvoor toe. En as groot hael hulle tref soos middel Mei gebeur
het, dan haal hulle die mielies uit en plant hulle hom met soja bone -
alles weer net met die een-skaar ploegie agter die perd. So, houtwerk
gereedskap draai met 'n petrol enjin, die is OK, maar nie vir ploeg
nie.

Ons het die gids gevra oor introuery en tienerswangerskappe. Sy
sê hulle brobeer darem om nie in die omgewing to trou nie, maar
sal gaan kuier by die Amish in Ohio - die huweliksmaats word self
uitgekies en nie deur die ouers gereel nie. Maar sommer die
tweede plaas wat ons aan was, was daar twee van die kinders wat,
in die ou tannie se woorde "will not quite make thirty two". Soos
my pa sou gesê het: hulle is bietjie simpel (eenvoudig).

Oor tienerswangerskappe kon sy nie sê nie maar haar opmerking
was dat dit darem lyk of die babetjies baie gou na die huwelikke
kom. Die gemeenskap is in elk geval so geslote dat hulle nooit
aan die buitewereld sal laat agterkom dat 'n meisie swanger is nie.

Behalwe dat dit lyk of hulle hard werk (na middagete vang die
manne 'n middagslapie) en baie godsdienstig is, herinner hulle baie
aan die "hill-billies" van die fliek "Deliverance" en die boskappers
wat ek in Tsitsikama teegekom het toe ek daar gewerk het.
Re: Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16192 is 'n antwoord op boodskap #16191] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KM  is tans af-lyn  KM
Boodskappe: 34
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
Nee Simon,
Ek is n Hollander (nie in hart en niere nie) maar ek bad minimaal 1 maal
per dag.
Gewoonlik in die oggend en in die aand. Dis vir my heel normaal.

Groete uit Holland
en morre gaan ek vir n paar dae kom kuier in SA
Groete
Kees

Simon wrote:

> On Tue, 14 Jul 1998 04:27:02 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
> Potgieter) waffled:
>
>> Kaalvoet, swanger en in die kombuis! "Indoor plumbing"? Nee, dis
>> 'n luukse, soos 'n spieël in die huis. Bad? Miskien een maal 'n
>> week. Die lewe bestaan uit landbou, kos en kinders maak. En ek
>> bedoel elke woord BAIE letterlik!
> Ek het gedink dat die Amish van die Duitsers afstam en dat die
> Duitsers baie skoon en netjiese mense is?
> Die mense daar uit Europa - vertel ons: daar is 'n storie dat
> Europeers in die ou dae net een maal per jaar/maand/week gebad het en
> dat dit dalk nou nog beperk is tot een maal per week?. is dit waar?
>
> ...sommer net ek, Simon
Re: Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16193 is 'n antwoord op boodskap #16191] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Jul 1998 04:27:02 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) waffled:

> Kaalvoet, swanger en in die kombuis! "Indoor plumbing"? Nee, dis
> 'n luukse, soos 'n spieël in die huis. Bad? Miskien een maal 'n
> week. Die lewe bestaan uit landbou, kos en kinders maak. En ek
> bedoel elke woord BAIE letterlik!
Ek het gedink dat die Amish van die Duitsers afstam en dat die
Duitsers baie skoon en netjiese mense is?
Die mense daar uit Europa - vertel ons: daar is 'n storie dat
Europeers in die ou dae net een maal per jaar/maand/week gebad het en
dat dit dalk nou nog beperk is tot een maal per week?. is dit waar?

...sommer net ek, Simon
Re: Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16194 is 'n antwoord op boodskap #16193] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Simon heeft geschreven...
> Die mense daar uit Europa - vertel ons: daar is 'n storie dat
> Europeers in die ou dae net een maal per jaar/maand/week gebad het en
> dat dit dalk nou nog beperk is tot een maal per week?. is dit waar?

Ik kan niet voor alle Europeers spreken, maar voor deze is 1 maal per dag
het minimum!

Groeten,
Arthur
Re: Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16195 is 'n antwoord op boodskap #16193] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Jul 1998 18:08:03 +0200, "Arthur Hagen"
waffled:

> Ik kan niet voor alle Europeers spreken, maar voor deze is 1 maal per dag
> het minimum!
>
> Groeten,
> Arthur
>
>
My vertroue in Europa hertstel!!!

...sommer net ek, Simon
Re: Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16196 is 'n antwoord op boodskap #16193] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bryan  is tans af-lyn  Bryan
Boodskappe: 26
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 14 Jul 1998 04:27:02 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

> Kaalvoet, swanger en in die kombuis! "Indoor plumbing"? Nee, dis
> 'n luukse, soos 'n spieël in die huis. Bad? Miskien een maal 'n
> week. Die lewe bestaan uit landbou, kos en kinders maak. En ek
> bedoel elke woord BAIE letterlik!

Nou wonder ek of daar baie Amish kinders is, wat op 18,19 besluit dat
daar 'n ander lewe daarbuite is, juis verwesters en wegtrek? Of is
dit so 'n hegte gemeenskap dat 'n Amish kind dit nie sal durf waag om
weg te loop van sy gemeenskap af nie.

Bryan

============================================
Please remove KAAP in front of @ to reply
Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie
Re: Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16220 is 'n antwoord op boodskap #16193] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jul 1998 15:17:56 GMT, waffled:

> Wat 'n verligting. Johan hou nou op om
> Suid-Afrika te beswadder en begin hoog-
> hartig en hoogdrawend sy nuwe land
> kritiseer. Dis nou die Amish en dan die
> swartes in Chicago. What next? Die
> Polacks? Wat van Hanz en Franz?
My Afrikaans is net redelik, maar as jy lees wat Gloudina hier skryf
klink dit of sy naar is ("puke").
Next kan hy dalk skryf oor ex-patriots wat in Canada sit en kritiseer.
Ek dink nie hy het die Amish so sleg gekritiseer nie. Ek het self
altyd gedink dit is 'n baie romantiese en snaakse lewenstyl en nou het
en net 'n ander fasset daarvan gehoor.
Wie is Hanz en Franz? en Polacks?
...sommer net ek, Simon
Re: Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16221 is 'n antwoord op boodskap #16193] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Jul 1998 20:07:28 GMT, bryni...@TheOffice.net (Bryan) wrote:
>
> Nou wonder ek of daar baie Amish kinders is, wat op 18,19 besluit dat
> daar 'n ander lewe daarbuite is, juis verwesters en wegtrek? Of is
> dit so 'n hegte gemeenskap dat 'n Amish kind dit nie sal durf waag om
> weg te loop van sy gemeenskap af nie.
>
> Bryan
'n Baie klein persentasie wel. Hulle word volledig deur die
gemeenskap verwerp - soveel so dat as hulle weer by hulle ouers kom
kuier, hulle nie eers by die sefde tafel mag sit en eet of koffie
drink nie. Hulle noem dit "shunning".
Re: Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16222 is 'n antwoord op boodskap #16193] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...
> Terloops, Johan, een van die beste karakter-
> trekke van die Noord-Amerikaanse kultuur
> is dat daar in hierdie groot en uitgestrekte
> kontinent plek is vir alle soorte en alle
> oortuigings.

Het is niet dankzij de cultuur dat er zoveel plek is, Amerika is nu eenmaal
zo groot.

Naar mijn overtuiging is het alleen te danken aan die overvloedige ruimte
dat er plaats is voor alle soorten mensen en allerlei overtuigingen en niet
aan de cultuur: zo vreselijk tolerant als Amerikanen (excuses aan Darrin
voor deze generalisatie) zelf denken dat ze zijn, zijn ze volgens mij niet:
waarom zouden zich anders zoveel groepen zich willen afzonderen van de
anderen?

Groeten,
Arthur
Re: Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16223 is 'n antwoord op boodskap #16193] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> Kaalvoet, swanger en in die kombuis! "Indoor plumbing"? Nee, dis
> 'n luukse, soos 'n spieël in die huis. Bad? Miskien een maal 'n
> week. Die lewe bestaan uit landbou, kos en kinders maak. En ek
> bedoel elke woord BAIE letterlik!
>
> Werklik?!? Vandag?!? 1998?!?!? In Amerika!? Jaaaa!
>
> Ons het Saterdag afgery na 'n dorpie met die naam Harmony om
> nader te gaan kennis maak met die Amish gemeenskap. Wat 'n
> ontnugtering!

Wat 'n verligting. Johan hou nou op om
Suid-Afrika te beswadder en begin hoog-
hartig en hoogdrawend sy nuwe land
kritiseer. Dis nou die Amish en dan die
swartes in Chicago. What next? Die
Polacks? Wat van Hanz en Franz?

Terloops, Johan, een van die beste karakter-
trekke van die Noord-Amerikaanse kultuur
is dat daar in hierdie groot en uitgestrekte
kontinent plek is vir alle soorte en alle
oortuigings. Dis daarom dat dit my amuseer
as enigiemand oor die karaktertrekke van
die "Amerikaners" praat.

En net omdat een "English" gids vir julle
klaarblyklik vergiftig het teen die Amish,
doen vir jouself 'n guns en respekteer
mense wat verskil van jou kapitalistiese
en tegnologies-gebaseerde vooroordele.
Hier in Kanada word die Mennoniete (ongeveer
die ekwivalent van die Amish) hoogs gerespekteer
en vorm hulle van die leiers wat werk vir
vrede in die wereld. Hulle is ook baie
welvarend. Ek dink die prentjie wat jy van
die Amish gekry het, is baie verwronge.

Gloudina
Re: Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16224 is 'n antwoord op boodskap #16193] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
m...@here.com (Simon) wrote:

> Ek het gedink dat die Amish van die Duitsers afstam en dat die
> Duitsers baie skoon en netjiese mense is?
> Die mense daar uit Europa - vertel ons: daar is 'n storie dat
> Europeers in die ou dae net een maal per jaar/maand/week gebad het en
> dat dit dalk nou nog beperk is tot een maal per week?. is dit waar?
>
Simon, ja, ek verneem ook so. Ek verstaan dit kom van die feit dat dit koud is
hier (veral in die winter natuurlik) en dat 'n mens nie sweet soos daar in
Afrika nie. Ek ken Poms wat in SA woon wat nou nog die gewoonte het om so een
keer elke 3 dae of so te bad, al is hulle al jare daar.

Ek het nou nog nie die Nederlanders hier gevra daaroor nie, maar ek is seker
Kees Moes of Arthur of Marc sal jou meer kan vertel as ek.

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16248 is 'n antwoord op boodskap #16193] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan N Potgieter wrote
> Ons het Saterdag afgery na 'n dorpie met die naam Harmony om
> nader te gaan kennis maak met die Amish gemeenskap.

> Behalwe dat dit lyk of hulle hard werk (na middagete vang die
> manne 'n middagslapie) en baie godsdienstig is, herinner hulle baie
> aan die "hill-billies" van die fliek "Deliverance" en die boskappers
> wat ek in Tsitsikama teegekom het toe ek daar gewerk het.

Ek dink hierdie mense, die Menoniete en Mormone ea het iets waarna mens soms
hunker.
Dis so goed jy kry iemand wat lekker langs die see bly en kreef eet vir elke
maaltyd. Dan stuur jy hom universiteit toe om graad te vang en in die stad
te werk. Hy kom gou agter hy kan dan nie meer kreef bekostig nie. Waarom die
rotte-resies voorhou as 'n model van ontwikkeling? Wat van al die werkers se
lewens?

Lennon het die volgende gesê;

As soon as you're born they make you feel small
By giving you no time instead of it all
Till the pain is so big you feel nothing at all
A working class hero is something to be
They hurt you at home and they kick you at school
They hate you if you're clever and they despise a fool
Till you're so fucking crazy you cannot follow their rules
They torture you and scare you for twenty odd years

Then they expect you to pick a career
But you cannot really function you're so full of fear
They keep you doped with religion, sex and tv
And you think you're so clever and classless and free
But you're still fucking peasants as far as I can see
There's room at the top, they're telling you still
But first you must learn how to smile as you kill
If you want to be like the folks on the hill
If you want to be a hero, well just follow me.

Klink dit soos 'n marxis of wat?
Re: Die werklikheid is soms snaaks.... [boodskap #16249 is 'n antwoord op boodskap #16193] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jul 1998 15:17:56 GMT, wrote:

> Wat 'n verligting. Johan hou nou op om
> Suid-Afrika te beswadder en begin hoog-
> hartig en hoogdrawend sy nuwe land
> kritiseer. Dis nou die Amish en dan die
> swartes in Chicago. What next? Die
> Polacks? Wat van Hanz en Franz?

Jou stomme ou ding - ek het nie 'n idee waaroor jy nou afgaan nie?!?!
Ek wil en sal nie maklik SA beswadder nie - dis die land waar ek
groiotgeword het en ek beswadder net die "darkies" wat nou die land
deurtrek.
As ek hooghartig en hoogdrawend geklink het, vra ek teenoor ander
mense op die NG om verskoning - dit was nie die idee nie - net om iets
interesants met almal te deel.
Ek kritiseer nie my nuwe land of sy inwoners nie - ek kritiseer wel
die AMISH mense se vuil gewoontes.
Die ander mense of dinge waarvan jy praat, ken ek nie eers nie....

>
> Terloops, Johan, een van die beste karakter-
> trekke van die Noord-Amerikaanse kultuur
> is dat daar in hierdie groot en uitgestrekte
> kontinent plek is vir alle soorte en alle
> oortuigings.

Jy is heeltemaal reg - dis wat gehelp het dat hulle jou nog nooit
uitgegooi het nie.

> Dis daarom dat dit my amuseer
> as enigiemand oor die karaktertrekke van
> die "Amerikaners" praat.

Ek is so bly ek kan jou darem ook amuseer - al is dit nie my doel in
die lewe nie.

>
> En net omdat een "English" gids vir julle
> klaarblyklik vergiftig het teen die Amish,

Nee, die ou tannie het die gemeenskap goed geken en was nie negatief
oor hulle nie - sy het op elke plaas uitgevra oor die welstand van 'n
kind of oor die oes of net bietjie gesels terwyl ons in die
"winkeltjies" rondgekyk het.

Wat ek oor teleurgesteld was en geskryf het, was wat ek self gesien
het.

> doen vir jouself 'n guns en respekteer
> mense wat verskil van jou kapitalistiese
> en tegnologies-gebaseerde vooroordele.

Dit sal ek doen, maar ek respekteer nie 'n ander se vuil gewoontes nie
- niks regverdig dit nie.

> Hier in Kanada word die Mennoniete (ongeveer
> die ekwivalent van die Amish)

... toe nie! Hulle verskil baie - die Amish is baie meer "streng" in
hulle letterlike interpretasie van die Bybel en gebruik 'n snaakse
weergawe van Duits as huistaal (kinder leer eers Engels op agtjarige
ouderdom). Mennoniete praat Engels as huistaal en beoefen hulle
Godsdien in Duits.

Hierdie dinge verskil ook van area tot area. Die Amish hier in
Minnesota behoort aan 'n baie ou "Ordnung" (orde) wat baie
konserwatief is. My niggie se man het in Kanada as dokter in 'n
Mennoniete gemeenskap gebly waar die vrou agv haar Duits, Afrikaans
kon volg. Hy het my fotos gewys van hulle en ek kan jou verseker,
hulle verskil geweldig baie van die Amish (ons kon nie eers fotos neem
van die Amish nie).

> hoogs gerespekteer
> en vorm hulle van die leiers wat werk vir
> vrede in die wereld. Hulle is ook baie
> welvarend. Ek dink die prentjie wat jy van
> die Amish gekry het, is baie verwronge.
>
Ek dink die prentjie wat die welberese en alwetende ou draak van die
noorde van die Amish het, is baie verwronge. Was jy al in Harmony en
het jy al met enige van die Amish daar gesels? Klink nie so nie - so
raai wat !?!?!?! Ek is jou een voor - ek was tog al in 'n plek in die
VSA waar jy nie was nie en waarvan jy ook niks weet nie - wheee�,
wh�, wh�, wheeeee� whê !!!!
Vorige onderwerp: Immigreer na die VSA
Volgende onderwerp: ORANIA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 04:27:36 MGT 2024