Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie is moreel superieur?
Wie is moreel superieur? [boodskap #16055] Wo, 08 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"IRQ0" writes: >

Net toe ek begin dink Gloudina het haar snedige opmerkings laat vaar begin
> sy al weer van voor. Gloudina, ek het nou net 'n paar vrae vir vir jou.
> Wat kan ek doen om ook so moreel superieur soos jy te word? Waar moet ek
> gaan studeer om so slim soos jy te word en te weet hoekom alle ander mense
> rassiste is? Dink jy as europieers ens. nooit amerika, afrika of ander lande
> gekoloniseer het nie, ons vandag 'n beter lewe sou he?
>
> Groete
> (Van 'n wit afrikaner rassis, wat anders kleuriges uitmoor vir hulle grond
> en wat swartes onderdruk)


IRQO, as jy maar jouself kan hoor, en die
superioriteit daaruit hoor drup. Jy het
nie nodig om daarin te studeer nie. Jy is al
klaar 'n gegradueerde morele superioris. En
ek is siek en sat van julle. Jou tipe het in
SA gesit en almal wat nie met julle saamgestem
het nie, doodgeskree of erger nog, vervolg. Nou
sit 'n klomp van jou tipe in Noord-Amerika en
vertel hoe wonderlik dit nou met hulle gaan en
dat alles in Suid-Afrika nou so vreeslik is.
Nouja, niemand gee eintlik om wat julle sê
nie, behalwe julle mede-Afrikaners wat begin
minderwaardig voel omdat hulle nou nie so
wonderlik soos julle is nie. Ongelukkig het
sommige van die wat so moreel superieur voel
hier in kanada nou hulle fout begin uitvind.
Die lang arm van die wet soek die mense wat
informasie kan gee oor wie Wouter Basson gehelp
het met sy helse dreksels. Ek het gedink alles
het al uitgekom. Nou moet ek my weer hier in
Kanada skaam vir wat mede-Afrikaners nie langer
as tien vyftien jaar gelede gedoen het nie.
So as ek jy is hou ek my bek. Die ou apartheid-
morele-dreksel-superioriteit syg uit jou woorde
uit. En dit maak my siek. Loop lees die Bybel
en sien hoe 'n mens jou naaste moet behandel.
Ek sit in Kanada as gas van die Eerste Nasies
en ek betoon hulle die nodige respek. Jy kan
van hulle geestelike en morele beginsels ook
leer hoe om jou naaste te behandel.

Gloudina
Re: Wie is moreel superieur? [boodskap #16083 is 'n antwoord op boodskap #16055] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jul 1998 15:39:51 GMT, waffled:
> IRQO, as jy maar jouself kan hoor, en die
> superioriteit daaruit hoor drup. Jy het
> nie nodig om daarin te studeer nie. Jy is al
> klaar 'n gegradueerde morele superioris. En
> ek is siek en sat van julle. Jou tipe het in
> SA gesit en almal wat nie met julle saamgestem
> het nie, doodgeskree of erger nog, vervolg. Nou
> sit 'n klomp van jou tipe in Noord-Amerika en
> vertel hoe wonderlik dit nou met hulle gaan en
> dat alles in Suid-Afrika nou so vreeslik is.
> Nouja, niemand gee eintlik om wat julle sê
> nie, behalwe julle mede-Afrikaners wat begin
> minderwaardig voel omdat hulle nou nie so
> wonderlik soos julle is nie. Ongelukkig het
> sommige van die wat so moreel superieur voel
> hier in kanada nou hulle fout begin uitvind.
> Die lang arm van die wet soek die mense wat
> informasie kan gee oor wie Wouter Basson gehelp
> het met sy helse dreksels. Ek het gedink alles
> het al uitgekom. Nou moet ek my weer hier in
> Kanada skaam vir wat mede-Afrikaners nie langer
> as tien vyftien jaar gelede gedoen het nie.
> So as ek jy is hou ek my bek. Die ou apartheid-
> morele-dreksel-superioriteit syg uit jou woorde
> uit. En dit maak my siek. Loop lees die Bybel
> en sien hoe 'n mens jou naaste moet behandel.
> Ek sit in Kanada as gas van die Eerste Nasies
> en ek betoon hulle die nodige respek. Jy kan
> van hulle geestelike en morele beginsels ook
> leer hoe om jou naaste te behandel.
>
> Gloudina
>
>
Hoekom sal 'n dreksel tee jou siek maak??
...sommer net ek, Simon
Re: Wie is moreel superieur? [boodskap #16084 is 'n antwoord op boodskap #16055] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jul 1998 15:39:51 GMT, wrote:

> het nie, doodgeskree of erger nog, vervolg. Nou
> sit 'n klomp van jou tipe in Noord-Amerika en
> vertel hoe wonderlik dit nou met hulle gaan

Dis waar!

> en
> dat alles in Suid-Afrika nou so vreeslik is.

Dit raak al moeiliker - ons is al 'n jaar hier en 'n mens beroep jou
nou maar op vars besoekers wat hier kom om te vertel hoe dit in SA
gaan en om te vergelyk met hoe dit hier gaan - en dit lyk maar donker
op die Afrika kontinent

> Nouja, niemand gee eintlik om wat julle sê
> nie, behalwe julle mede-Afrikaners wat begin
> minderwaardig voel omdat hulle nou nie so
> wonderlik soos julle is nie.

Sak Sarel, moenie dink ons het almal dieselfde houding as jy nie - ek
dink nie ek is wonderlik omdat ek hier sit nie. Ek weet net ek is
uiters gelukkig om die geleentheid te gekry het. Ek sien ook nie neer
op die mense wat in SA agterbly nie. Me familie (eie ma en skoonma)
is daar en baie goeie dierbare vriende. Elke ou maak sy eie bed op in
die lewe en die ouens wat keuse het om uit te kom, moet stilbly en
tevrede wees met waar hy is, binne of buite SA - hy kies self.

Dis die mense wat nie keuse het nie, wat ek baie jammer kry - die ouer
geslag en die ouens wat nie kwalifiseer om buiteland toe te kan gaan
nie, maw wat nie 'n vrye keuse het nie. En ek kry hulle net jammer -
ek sien nie neer op hulle nie. Gloudina, ons is nie almal soos jy
nie. Om jou te quote: "HOU OP OM SO NEER TE SIEN OP ONS WAT LEKKER
LEEF HIER IN DIE VSA!"

> het al uitgekom. Nou moet ek my weer hier in
> Kanada skaam vir wat mede-Afrikaners nie langer
> as tien vyftien jaar gelede gedoen het nie.

Dis jou groot fout in die lewe - jy dink jy is verantwoordelik vir die
hele wereld se foute. Kry end daarmee, man. Maak jouself vry van
die albatros om jou nek. Vlieg SA toe en gaan huil op ou Tutu se
skouer en kry al die dinge agter jou! Jy sal soveel beter voel as jy
kan ontsnap van jou wanhopige poging om vir die wereld mesias te
speel.

> So as ek jy is hou ek my bek. Die ou apartheid-
> morele-dreksel-superioriteit syg uit jou woorde
> uit. En dit maak my siek. Loop lees die Bybel
> en sien hoe 'n mens jou naaste moet behandel.

Soos wat jy op die NG maak????

> Ek sit in Kanada as gas van die Eerste Nasies
> en ek betoon hulle die nodige respek.

Hoe??? Kom, moenie so vaag wees nie - vertel ons hoe betoon jy hierdie
respek.

> Jy kan
> van hulle geestelike en morele beginsels ook
> leer hoe om jou naaste te behandel.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Gloudina
Volgende onderwerp: Wat maak dit saak? (n.a.v. Independance Day)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 05:44:57 MGT 2024