Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Independance day
Independance day [boodskap #16048] Di, 07 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gedag julle sal dalk ons ervaring interesant vind:

Die naweek het ons 4th of July gevier! Vir Amerika was dit die
verjaarsdag van hulle onafhanklikheid, maar vir ons was dit ook die
onafhanklikheid wat ons hier persoonlik in die VSA gevind het.

Ons lewensomstandighede is nog net so lekker soos die paar
maande net na ons hier aangekom het. Trouens, dit voel of dinge
net beter gaan met ons. Seker omdat ons nou in ons huis begin
insettle.

En met die nuwe huis begin ek nou besef ons is heeltemal
ingesuig in die lewenswyse. Dit het nou al twee keer gebeur dat
ek ontdek dat die garage deur heelnag of heeldag oopgestaan het.
As mens in die huis is kom jy dit nie juis agter nie. En die hele
garage staan vol boeke en bokse goed wat nog uitgepak moet word
en die twee motors wat nie gesluit is nie. En die groot vraag elke
keer was of ek nou te moeg was om te onthou het om die deur te
laat toegaan en of iemand anders se remote op ons garagedeur
werk of wat. Eers later besef ek dat ek nie eers die moontlikheid
oorweeg het dat iets in die garage gesteel kon word nie en nie eers
opgecheck het nie. Ek dink nie ons sal weer maklik kan aanpas
onder omstandighede waar 'n mens alles moet sluit nie.

Saterdag het ons die tradisionele "parade" deur Eagan se strate
met opset misgeloop. Ouma het tennis gekyk en ons had nog
baie uitpakwerk in die huis.

Ons het vermoed dit sou dieselfde wees as die Winter Parade wat
ons in Februarie bygewoon het (Warmer) met straat orkeste,
kraampies, ete en drinke, rooi wit en blou, ou moters, perdekarre,
narre en diere.

Ons het ook nie die tradisionele apple pie geniet nie - Ons wou een
koop, maar hy was twaalf dollar en ek het gesien my ma sal nie
lekker eet aan appels en 'n degie wat tagtig rand kos nie! Dit was
ook so 'n groot pie dat ons hom nooit sou kon opeet nie.
Persoonlik het dit vir my ook nie te lekker gelyk nie. 'n Mens moet
seker maar in 'n tradisie opgroei om so 'n tradisie altyd te waardeer.

Teen die middag het die een buurman ons buite gesien en kom
kennis maak - baie vriendelik! Hy is Steve, is getroud en het twee
seuns. Die seuns en maats het Saterdagaand buite in hulle
agterplaas in tente geslaap.

Na 'n braai Saterdagaand is ons almal in die wa om te gaan ry en
te kyk of ons vuurwerke kan sien - dit sou glo die moeite werd
wees. Ons kon nie presies uitvind waar dit sou wees nie, maar
iemand by die kerk het ons 'n aanduiding van die straatkruising
gegee om voor te mik. Oral oor die Twin Cities, en Amerika, word
die vuurwerk vertonings gehou sodra dit donker is. By ons was dit
eers tien uur. Reeds ver van Apple Valley se sentrum af het ons al
geparkeerde karre gekry en mense wat orals in die parke uitkamp
op komberse en met opvou stoele. Elke bietjie gras oor 'n hele
paar viekante myl het mense op gehad. Ons het beplan om in die
kar te bly en het maklik plek gekry in die parkeerterrein van 'n
skool (onthou die skool parkeerterreine hier is baie groot, want
helfte van die kinders kom met motors skool toe).

Dit het baie gevoel soos die ou dae toe 'n mens nog in die inry in
SA gaan fliek het. Die mense wat nie in die karre gebly het nie en
wat nie met hulle komberse op die skool se grasperke gaan
uitspan het nie, het opvoustoele by hulle karre opgestel en oral op
die parkeerterrein gesit.

En tienuur toe val daardie ouens weg met vuurwerke soos ek dit
nog net in die flieks gesien het! Dit was asemrowend mooi en ten
spyte van die laat uur het die seuns dit netso geniet. Ons
staanplek was baie ideaal - net naby genoeg en net ver genoeg dat
ons dit uit die wa se vensters kon sien.

Na 'n halfuur se "oeee" en "aaahhh" moes ons toe huis toe, saam
met tienduisende ander! Ons het seker 'n halfuur geneem net om
uit die skool se parkeerterrein te kom, maar toe het die polisie baie
slim te werk gegaan en die verkeer in groepe in verskillende strate in
weggestuur. En met die gewag in die tou verkeer het die Amerikaners
se beleefdheid weer na vore gekom - ek dog iets is fout want hulle
vorm net een tou karre in 'n pad wat drie kon hou, Maar net een baan
kon draai soos die polisie dit voor anngedui het en so het almal maar
in die tou geval sonder om te probeer voor kom en indruk. Dis sulke
klein tekentjies van die vlak van beskaafdheid hier wat ek baie van
die Amerikaanse sameleweing waardeer.

En vanmore se hoofnuusberig is die dodetal op die staat se paaie
met die vakansie naweek (baie Amerikaners vat Donderdag en
Vrydag af) :- daar is ses mense in totaal op die paaie dood en
groot ontsteltenis oor; 'n heel ander prentjie as die honderd en
meer waarvan 'n mens altyd oor Paasnaweek gehoor het.

En so het ons eerste Independence Day verloop en ons magies is
almal warm dat ons hier kan wees.

Johan
Re: Independance day [boodskap #16049 is 'n antwoord op boodskap #16048] Di, 07 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

. Dit het nou al twee keer gebeur dat
> ek ontdek dat die garage deur heelnag of heeldag oopgestaan het.
> As mens in die huis is kom jy dit nie juis agter nie.

Ek dink nie ons sal weer maklik kan aanpas
> onder omstandighede waar 'n mens alles moet sluit nie.

Te oordeel na die diere wat jy aandui as naby
jou huis te sien: takbokke, woodchuck, hase en
dies meer, neem ek aan dat jy op die periferie
van een van Minneapolis se buitenste woonbuurtes
bly. Nou wonder ek waar jy gebly het in Suid-
Afrika voor jou vertrek na die VSA, Om nou die
woonbuurtes van Johannesburg te vergelyk met een
van die periferale woonbuurtes van 'n staat in die
VSA is om appels met lemoene te vergelyk. So hou
op om vir Suid-Afrikaners te vertel hoe wonderlik
dit is waar jy bly. Daar is plekke in SA waar
mense ook hulle karre laat oopstaan, en waar daar
hase en bokke in die tuine is. Hier in Ottawa, in
'n stad wat heelwaarskynlik as "veiliger" beskou
sal word as Minneapolis, kontrolleer ons die
garages in ons condominium en is daar televisie-
kameras om diewe op te spoor wat probeer inkom.
Noord-Amerika is nie die "pie in the sky" plek
wat jy dit probeer voordoen nie.

Gloudina
Re: Independance day [boodskap #16070 is 'n antwoord op boodskap #16048] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 7 Jul 1998 14:48:42 -0400, "P Kruger" wrote:

> Ek wil ook graag 'n stuiwer in hierdie blikkie gooi.
> Ons is nou ses maande in North Carolina, in 'n dorpie Holly Springs (so
> groot soos vaalwater in Noordwes). Ek werk tans in New York, en wat 'n
> kontras in verkeersmaniere. By die huis het ons Saterdagaand dieselfde
> geduld en goeie maniere ondervind, maar Maandagoggend het die New Yorkers my
> weer nie teleurgestel toe hulle met toeterkrag probeer het om die verkeer te
> laat loop nie. Die VSA is sowaar 'n land van kontraste,

Ons ry saam met die huis agent hier in Eagan en stop by 'n vierrigting
stop, rustig en geduldig. Vertel hy ons dat hy al New Yorkers in die
kar gehad het wat hom vertel het dat dié stop in NY tot menige moorde
sou gelei het!! Daar is glo net nie die geduld nie!
En ek sou ook 'n paar van daardie New Yorkers in JHB wou laat bestuur!
Re: Independance day [boodskap #16071 is 'n antwoord op boodskap #16048] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Jul 1998 23:32:37 GMT, waffled:

> koning kraai. Ongelukkig, ou Piet,
> het die Verenigde Volke verklaar
> dat Kanada die beste land ter wereld
> is om in te bly. Buitendien bly ek
> ook in die tweede grootste land in
> die wereld. En ons het gereeld
> handels-oorskotte.
Op grond waarvan maak die VVO die uitsprake? En wanneer is die groot
oordeel gemaak? En wie in die VVO het die besluit geneem? Ek sou
maar versigtig wees vir VVO uitsprake - sou hulle nie ook al by nou
kinderhongersnood en kinderarbeid uitgewis het nie?
Jy wil nie he Johan moet ons van Amerika vertel nie, maar dan maak jy
hier 'n halfgebakte attempt om ons te vertel Canada is wonderlik. Jy
is 'n hipokraat. Vertel on eerder hoekom jyself dink Canada is so
wonderlik. Wat het die grootte van die land te doen met hoe goed dit
is om in die land te bly?
Bly jy al lank in Canada? Dis mos naby, jy moet in Amerika gaan toer
en self gaan kyk hoe dit daar lyk.
Wat is die negatiewe punte van in Canada bly?

...sommer net ek, Simon
Re: Independance day [boodskap #16072 is 'n antwoord op boodskap #16048] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Kruger  is tans af-lyn  Pieter Kruger
Boodskappe: 13
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Johan N Potgieter wrote in message ...
> On Tue, 7 Jul 1998 14:48:42 -0400, "P Kruger" wrote:
>
>> ... het die New Yorkers my
>> weer nie teleurgestel toe hulle met toeterkrag probeer het om die verkeer te
>> laat loop nie. Die VSA is sowaar 'n land van kontraste,
>
> ....En ek sou ook 'n paar van daardie New Yorkers in JHB wou laat bestuur!

Ek glo hulle sal die taxis in Johannesburg 'n goeie run gee, dit behoort
nogal 'n belewenis te wees.
Groetnis
Re: Independance day [boodskap #16073 is 'n antwoord op boodskap #16048] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes: >

> Kan ''n mens jou nou op 'n swakker verwysing beroep as die VVO!! Nee,
> sies, Gloudina, hier steek jy weer jouself met die tandeborsel in die
> keel!


Dit is vir my so eienaardig. 'n Amerikaanse
neo-nazi aryan kla altyd soos klokslag oor die
dominasie van die wereld deur die V.V.O.
En soos klokslag kom ou Johan met dieselfde
argumente voor die dag. 'n Mens maak nou
maar jou eie gevolgtrekkings.

En ek is nou siek vir hierdie string met sy
verkeerd-gespelde "independence day." Mag
ek dit verander, ou Lou, of sal dit nou weer
vir jou gal laat afbraak?

Gloudina
Re: Independance day [boodskap #16074 is 'n antwoord op boodskap #16048] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Jul 1998 17:37:16 GMT, wrote:

> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>
>
> . Dit het nou al twee keer gebeur dat
>> ek ontdek dat die garage deur heelnag of heeldag oopgestaan het.
>> As mens in die huis is kom jy dit nie juis agter nie.
>
> Ek dink nie ons sal weer maklik kan aanpas
>> onder omstandighede waar 'n mens alles moet sluit nie.
>
>
> Te oordeel na die diere wat jy aandui as naby
> jou huis te sien: takbokke, woodchuck, hase en
> dies meer, neem ek aan dat jy op die periferie
> van een van Minneapolis se buitenste woonbuurtes
> bly.

Nee, ek bly in die middel van Eagan, halfmyl van die burgersentrum af
en van Dakota county se grootste biblioteek af. Halfmyl van twee
laerskole af, myl en 'n half van die groot Eagan Sakesuntrum af.

Agter ons is 'n groot park wat net woud en meer is. En dis deel van
'n reeks parke wat van hier af meer suid strek. Drie myl van ons af
is 'n ranch, die Diamond T Ranch waar daar vierhonderd perde gehou
word. Twee myl van hier af is 'n groot industriele gebied met
verskeie fabrieke en die Twin Cities se groot bulk mail fascility.

Agt myl van ons af is die besige lughawe van Minneapolis - St Paul wat
27 miljoen mense per jaar hanteer. (werk maar self die daaglikse
hoeveelheid uit)
Gaan kyk maar by
http://www.macavsat.org/
en by
http://www.mspairport.com/news/questions.html
na baie intersante statistieke.

Eagan is omring van ander stede soos Rosemount, Burnsville en Apple
Valley aan ons suide kant - noord van ons lê meer dig beboude ouer
stede van St Paul, West St Paul, Mendota en Woodbury.

As een van julle my nou sê hoe mens dit doen dan stuur ek vir julle 'n
Mapquest kaart van waar dit is.

Kom kyk self - dis alles waar.

> Nou wonder ek waar jy gebly het in Suid-
> Afrika voor jou vertrek na die VSA,

In Horison in Roodepoort.

> Om nou die
> woonbuurtes van Johannesburg te vergelyk met een
> van die periferale woonbuurtes van 'n staat in die
> VSA is om appels met lemoene te vergelyk.

Jy is reg - dis heel anders! Soos dag en nag! Ek is so bly jy sien
nou die lig!!!!

> So hou
> op om vir Suid-Afrikaners te vertel hoe wonderlik
> dit is waar jy bly.

Hoekom? Wil jy ook die waarheid wegsteek soos die vorige regering in
SA gedoen het??? Hoekom is jy gekant teen die versprei van kennis.
Kom woon een van ons maandelikse byeenkomste by van oud-SuidAfrikaners
en kom hoor hoe ALMAL van hulle dit hier geniet! Dis baie lekker
hier! Veral vir die van ons wat positief ingestel is.

> Daar is plekke in SA waar
> mense ook hulle karre laat oopstaan, en waar daar
> hase en bokke in die tuine is.

Ja, dis wonderlik - ek weet dit was nog tot onlangs so in Nature's
Valley as daar nie te veel Transvalers was nie. Karre oopstaan?
Nee Gloudina, jy was te lanklaas daar!

> Hier in Ottawa, in
> 'n stad wat heelwaarskynlik as "veiliger" beskou
> sal word as Minneapolis, kontrolleer ons die
> garages in ons condominium en is daar televisie-
> kameras om diewe op te spoor wat probeer inkom.

Good for you!!! Hier het ons polisie karre wat gereeld die strate
patrolleer - dis hoekom ons so veilig is en voel. Eagan is ook
veiliger as St Paul wat weer veiliger is as Minneapolis, maar die Suid
Afrikaners wat in Minneapolis bly se nog steeds dit is soos die hemel
in vergelyking met die post 1994 SA wat hulle agtergelaat het!!

> Noord-Amerika is nie die "pie in the sky" plek
> wat jy dit probeer voordoen nie.
>
> Gloudina
Dis nie 'n utopia nie - geen plek is nie, maar as jy eers hier is is
dit 'n damn site beter as meeste ander plekke in die wereld. En as jy
nou so kla oor Otawwa, moet jy eerder kyk na jou eie ingesteldheid as
na jou omgewing. Dis nou te sê as jy nie regtig in 'n hool gaan
inkruip het soos jy vroeër aan ons te kenne gegee het nie. Selfs dan
sou 'n positiewe lewenshouding jou ver gevat het om jou omgewing meer
te waardeer.
Re: Independance day [boodskap #16075 is 'n antwoord op boodskap #16048] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
m...@here.com (Simon) writes:

> Bly jy al lank in Canada? Dis mos naby, jy moet in Amerika gaan toer
> en self gaan kyk hoe dit daar lyk.
> Wat is die negatiewe punte van in Canada bly?
>
> ...sommer net ek, Simon

Ha, ha, ou Simon-met-die-groot-bek, die grap
is dat ek al meer van die VSA gesien het as
Johan Potgieter, wat nou die anderdag eers in
Chicago gekom het en hy bly nie tever daarvandaan
nie. (Ek was al op die 4th of July in Chicago.)
Dis vir my snaaks, as dit nie so pateties is nie,
hoe 'n sekere soort Afrikaner in die VSA (en in
Kanada) aankom en begin spog oor hoe wonderlik
"Amerika" of "Kanada" nou is. Hoekom voel hulle
onder druk om te spog?

En vir jou informasie, ou Simon, ek bly een uur
se ry van die VSA se grens en 'n goeie stywe
driekwartdag se ry van New York af. (Waar ou
Johan nog nie was nie.)
Re: Independance day [boodskap #16076 is 'n antwoord op boodskap #16048] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"P Kruger" writes: >

Laat ons mekaar reg verstaan, ek het
> VSA toe gekom omdat my kinders se wit velle in SA vir hulle meer probleme as
> geleenthede geskep het

Dit lyk
> net vir my asof jy teen jou wil "ontvoer" is uit SA.

Ons is uit Suid-Afrika omdat ons nie ons kinders
wou laat grootword in 'n land waar tagtig persent
van die land se regmatige bevolking se nie-blanke
velle vir hulle meer probleme as geleenthede geskep
het. Ek neem aan SA was OK toe jou kinders se velle
nog die regte kleur gehad het?

> Hoekom moan jy dan so? jy weet, iemand het vir my gese "Afrika is nie vir
> Sissies nie" nou ek glo nou "om uit Afrika te gaan en jou kop bo water te
> hou, is nie vir Sissies nie" Lyk my jy is 'n Sissie.
> Groetnis man, ek hou die "all-sorts" hoog.

So, jy impliseer die mense wat in SA hulle kop
bo water hou, is sissies. En jy wat getrek het,
is die wonderlike brawe een. Hou op om koning
te kraai. Hou op om jou te vergelyk. Hou op om
vir jou op die skouer te klop. Ons het dit nie
gedoen toe ons die wit vleespotte in SA verlaat
het nie (en glo my, 'n wiskundige in SA gedurende
die tyd toe meeste van die geld op wit akademici
bestee is, het langs groot en diep vleespotte
gesit).

As jy nou sê: "ek hou die all-sorts hoog" -
wat bedoel jy daarmee? Vir my beteken dit net
een ding - liquorice all-sorts. Het dit enige
verband?

Gloudina
Re: Independance day [boodskap #16077 is 'n antwoord op boodskap #16048] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Carel  is tans af-lyn  Carel
Boodskappe: 11
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Johan N Potgieter wrote:
>
> Gedag julle sal dalk ons ervaring interesant vind:

> opgecheck het nie. Ek dink nie ons sal weer maklik kan aanpas
> onder omstandighede waar 'n mens alles moet sluit nie.

Daar is darem 'n paar uitsonderings; my ouers se plaas op die hoeveld o.m., ek weet die voordeursleutel is een
van daai ou mangafters met die krulle in die ent, maar die is baie geroes en as jy Ma nouvra waar hy is gaan jy
net 'n 'blank' trek...maar dit helpseker dat daar 2 Boerboele ronddwaal.

> in die tou geval sonder om te probeer voor kom en indruk. Dis sulke
> klein tekentjies van die vlak van beskaafdheid hier wat ek baie van
> die Amerikaanse sameleweing waardeer.

Waar. Die pommies is identies, ekhet in SA laas 'n toeter gehoor! :)

> Johan

Ten spyte van alles, hoe gaan ek my Vaderland prysgee? NEVER!
Re: Independance day [boodskap #16078 is 'n antwoord op boodskap #16048] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Jul 1998 23:32:37 GMT, wrote:

> O, so ons het nog een van hierdie
> snip-Afrikaners wat in die VSA sit en
> koning kraai. Ongelukkig,

...hoekom is dit ongelukkig Gloudina?????

> ou Piet,
> het die Verenigde Volke verklaar
> dat Kanada die beste land ter wereld
> is om in te bly.

Kan ''n mens jou nou op 'n swakker verwysing beroep as die VVO!! Nee,
sies, Gloudina, hier steek jy weer jouself met die tandeborsel in die
keel!

> Buitendien bly ek
> ook in die tweede grootste land in
> die wereld. En ons het gereeld
> handels-oorskotte.
>
> Gloudina
Good for you!!!! Ek bly net baie lekker!!!!!
Re: Independance day [boodskap #16079 is 'n antwoord op boodskap #16048] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dit was/is nie mooi nie - ek het vriende in Fort Lauderdale, maar
hulle het albei laat weet hulle is veilig! Blykbaar was die brande
200 myl noord van hulle.
Re: Independance day [boodskap #16080 is 'n antwoord op boodskap #16048] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Kruger  is tans af-lyn  Pieter Kruger
Boodskappe: 13
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "P Kruger" writes:
>
>> Gloudina,
>> Jy is maar 'n bitterbek.... kom bly in die VSA, smaak my jy het 'n fout
>> gemaak om Kanada toe te trek.
>> Piet.
>
>
> O, so ons het nog een van hierdie
> snip-Afrikaners wat in die VSA sit en
> koning kraai.

Wat beteken "snip-Afrikaners" miskien, ek verstaan "rissiepit" beter, en dit
is wat ek glo jy mee vergelyk kan word. Laat ons mekaar reg verstaan, ek het
VSA toe gekom omdat my kinders se wit velle in SA vir hulle meer probleme as
geleenthede geskep het, en ek nie lus was om deel te wees van die statistiek
nie. Ek het 'n verterende liefde vir die land en die MEESTE van sy mense,
maar die geweld diefstal ens.. kan jy nie wegpraat of ignoreer nie. Dit lyk
net vir my asof jy teen jou wil "ontvoer" is uit SA.

...
> dat Kanada die beste land ter wereld
> is om in te bly. Buitendien bly ek
> ook in die tweede grootste land in
> die wereld. En ons het gereeld
> handels-oorskotte.
>
> Gloudina

Hoekom moan jy dan so? jy weet, iemand het vir my gese "Afrika is nie vir
Sissies nie" nou ek glo nou "om uit Afrika te gaan en jou kop bo water te
hou, is nie vir Sissies nie" Lyk my jy is 'n Sissie.
Groetnis man, ek hou die "all-sorts" hoog.
Re: Independance day [boodskap #16098 is 'n antwoord op boodskap #16048] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jul 1998 15:46:43 GMT, wrote:

> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes: >
>
>
>> Kan ''n mens jou nou op 'n swakker verwysing beroep as die VVO!! Nee,
>> sies, Gloudina, hier steek jy weer jouself met die tandeborsel in die
>> keel!
>
>
> Dit is vir my so eienaardig. 'n Amerikaanse
> neo-nazi aryan kla altyd soos klokslag oor die
> dominasie van die wereld deur die V.V.O.
Is jy blind, Gloudina?

Dan verskoon ek jou - maar kom ek vertel jou net gou ietsie - die VVO
het nog nooit erens in die wereld gedomineer nie. Sowat van poepie in
'n orkaan hoef jy nie oor te bekommer nie.

Bly jy regtig op hoogte van wat ouens soos neo-nazi ariërs kwytraak??
Sies man, kan jy jou met niks beters ophou nie. Vertel eerder vir ons
mooi eerlik waarvan jy nie hou in Kanada nie, of waaraan jy nog nie
kon gewoond raak nie.

Of, as 'n 30jaar veteraan uitgewekene, vertel ons of jy al begin
Afrikaanse woordeskat vergeet - moet jy baie opsoek? Is dit iets wat
mens verloor? Wees eerder intersant as om so gou jou cool te verloor
en dan met gat redenasies vorendag te kom.
Re: Independance day [boodskap #16099 is 'n antwoord op boodskap #16048] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> Nee, julle het stert tussen die bene gevlug of is die land uitgesit en
> ek vermoed sulke mense word nie so vriendelik ontvang in beskaafde
> lande nie. Vertel ons meer daarvan - die waarheid, anders gaan ons
> verbeeldings lekker stories opmaak oor die Bouwers se laaste dae in
> lekker SA (Ek is bly jy erken ook dat SA lekker plek was onder die ou
> Nat regering!!!!)


Sien, Johan, elke keer wat jy sulke dinge soos
bostaande dinge sê, verklaar jou woorde "ek is
'n agteraf ignoramus" wat enigiets sal sê om
punte te probeer win. Ek sou nie verbaas gewees
het as die apartheidsvarke 'n le^er vir my ontwikkel
het nie. My man moes egter sekuriteits-ondersoeke
ondergaan om by die W,N.N.R. te werk en Pelindaba te
besoek. So los nou maar jou verbeeldingsvlugte uit.
Veral oor hoe sleg ons in Kanada ontvang is. Jy
weet blykbaar nie hoe gesog mense met Wiskundige
Ph.D.s in die real world is nie. Ignoramus.

Gloudina
Re: Independance day [boodskap #16100 is 'n antwoord op boodskap #16048] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jul 1998 15:46:43 GMT, waffled:
> Dit is vir my so eienaardig. 'n Amerikaanse
> neo-nazi aryan kla altyd soos klokslag oor die
> dominasie van die wereld deur die V.V.O.
Jy bly seker baie afgelee op die platteland van Canada? Vir baie jare
al is die UN nie 'n belangrike organisasie nie. Niemand skrik as hy
skree nie. Dominansie is ook nie ter sprake nie.
As jy op die nuusgroep kan skryf, moet jy ook toegang tot die internet
hê - vra jou man om jou te wys hoe om web pages op te soek en dan lees
jy CNN se nuus en ander koerante. Dit sal help om jou weer op hoogte
te bring van wereld gebeure.
Of ry self NY toe - jy is mos naby - en gaan luister hoeveel niks
hulle daar praat: ek dink dit beat die Suid-Afrikaanse parlement!
...sommer net ek, Simon
Re: Independance day [boodskap #16101 is 'n antwoord op boodskap #16048] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jul 1998 17:54:02 GMT, waffled:

> Ha, ha, ou Simon-met-die-groot-bek, die grap
> is dat ek al meer van die VSA gesien het as
> Johan Potgieter, wat nou die anderdag eers in
> Chicago gekom het en hy bly nie tever daarvandaan
> nie. (Ek was al op die 4th of July in Chicago.)

> En vir jou informasie, ou Simon, ek bly een uur
> se ry van die VSA se grens en 'n goeie stywe
> driekwartdag se ry van New York af. (Waar ou
> Johan nog nie was nie.)
>
En dit lyk nie of hierdie dinge jou horisonne in die lewe uitgeskuif
het nie.
Johan kon ons darem al meer oor die VSA vertel as wat jy met al jou
reise kan. Is jy 'n beter persoon omdat jy meer van die USA gesien
het as Johan? Hou jy van Amerika?
...sommer net ek, Simon
Re: Independance day [boodskap #16102 is 'n antwoord op boodskap #16048] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> Of, as 'n 30jaar veteraan uitgewekene, vertel ons of jy al begin
> Afrikaanse woordeskat vergeet - moet jy baie opsoek? Is dit iets wat
> mens verloor? Wees eerder intersant as om so gou jou cool te verloor
> en dan met gat redenasies vorendag te kom.

Nee, Johan, ek moet nie baie woorde "opsoek"
nie. Ek moet hulle "naslaan." En ek laat dit
aan jou oor om te oordeel hoe suiwer my
Afrikaans nog is na dertig jaar. Ek dink dat
dit baie afhang hoeveel respek jy vir jou
taal gehad het toe jy nog in Suid-Afrika was,
hoe suiwer en soepel jou Afrikaans bly na 'n
baie lang tyd in die buiteland. My man, wat
nog langer in Kanada is as ek, en wat
vir jare gedurende die apartheidsregime bewus
met Afrikaans gebreek het as protes teen wat
in Suid-Afrika aangaan, se Afrikaans is nog
net so goed en so suiwer soos myne.

Die Afrikaans-respekterende tannie
Re: Independance day [boodskap #16103 is 'n antwoord op boodskap #16048] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jul 1998 21:41:56 GMT, wrote:
> So, jy impliseer die mense wat in SA hulle kop
> bo water hou, is sissies. En jy wat getrek het,
> is die wonderlike brawe een. --hyg,hyg-- Hou op om koning
> te kraai. --hyg,hyg-- Hou op om jou te vergelyk. --hyg,hyg-- Hou op om
> vir jou op die skouer te klop. --hyg,hyg-- Ons het dit nie
> gedoen toe ons die wit vleespotte in SA verlaat
> het nie

Nee, julle het stert tussen die bene gevlug of is die land uitgesit en
ek vermoed sulke mense word nie so vriendelik ontvang in beskaafde
lande nie. Vertel ons meer daarvan - die waarheid, anders gaan ons
verbeeldings lekker stories opmaak oor die Bouwers se laaste dae in
lekker SA (Ek is bly jy erken ook dat SA lekker plek was onder die ou
Nat regering!!!!)
Re: Independance day [boodskap #16104 is 'n antwoord op boodskap #16048] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jul 1998 17:54:02 GMT, wrote:

> Ha, ha, ou Simon-met-die-groot-bek, die grap
> is dat ek al meer van die VSA gesien het as
> Johan Potgieter, wat nou die anderdag eers in
> Chicago gekom het

Ja, en weet jy wat, Simon, sy is alwetend!!! Rêrig!! Jy hoor mos...

> en hy bly nie tever daarvandaan
> nie.

Agt uur se ry, as jy nie juis stop nie. Nie 'n plek wat ek elke
naweek toe wil ry nie ...

> (Ek was al op die 4th of July in Chicago.)

Moerse!!! Jys nou 'n helikopter paaailit!

> Dis vir my snaaks, as dit nie so pateties is nie,
> hoe 'n sekere soort Afrikaner in die VSA (en in
> Kanada) aankom en begin spog oor hoe wonderlik
> "Amerika" of "Kanada" nou is. Hoekom voel hulle
> onder druk om te spog?

Dis nou juis net waar julle ouens in SA my maar kan glo - juis die
lekker deel van dit alles is dat daar nie druk is om te moet spog nie.
Dis net baie lekker om van iets te vertel waaroor 'n mens opgewonde is
en ek is soos 'n kind met baie speelgoed na Kersfees!!!

En glo my, ek kan nie spog oor hoe lekker dit is nie - ek het geen
aandeel daaraan gehad nie - ek kom maar net hier hoed in die hand en
word toegelaat om in alles te deel - ek sal so oor 'n paar jaar spog
as ek eers 'n hele klompie Amerikaners opgelei het en voel ek het ook
my deel bygedra.
>
> En vir jou informasie, ou Simon, ek bly een uur
> se ry van die VSA se grens en 'n goeie stywe
> driekwartdag se ry van New York af. (Waar ou
> Johan nog nie was nie.)
>
Dank Vader!!! Ek het genoeg nuwe dinge om in te neem om my vir lank
besig te hou. En as ek nou oud word hier in die VSA en ek het dan nog
nie NY gesien nie, dan ook goed so - die land is so groot dat ek weet
ek nie meer lank genoeg sal lewe om alles te sien nie. Dink net - ek
was nog net in 5 van die 50 state - as ek sou kon volhou om vyf 'n
jaar te sien, sou dit my nog nege jaar neem (net om in elke staat te
kom, never maaaind die plek goed uitkyk nie.)
Nie onmooontlik nie, maaar hoogs onwaarskynlik!
Re: Independance day [boodskap #16105 is 'n antwoord op boodskap #16048] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jul 1998 17:54:02 GMT, waffled:

> Ha, ha, ou Simon-met-die-groot-bek, die grap
Sticks and stones ....
...sommer net ek, Simon
Re: Independance day [boodskap #16118 is 'n antwoord op boodskap #16048] Vr, 10 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

>> Nou's sy sommer 'n helikoptir paailit en 'n boffin. shhjuuuu -
die ou
> tannie is goed, né!!!!!!!! Dink jy julle gaan ooit die real world
> opspoor? Klink my jou kop is te los om dit raak te sien as dit voor
> jou verby gaan.
>
> Los nou asseblief al die onrusstokery en kom ons kyk of ons op die
> nuusgroep nie eerder intersante stories oor ons wedervaringe kan
> uitruil sonder om ander aan te val oor hulle andersdenkendheid nie.
>
> Die storie oor die ou wat deur die swarte gehelp is met sy motor is so
> 'n positiewe storie wat ek dink ons almal nodig het om te hoor.
> Meer sulke dinge asseblief Gloudina!

Johan, lees weer die eerste aangehaalde
paragraaf hierbo en staar jouself in die
gesig. Dis soos jy lyk, ou Johan, dis
soos jy lyk.
Kyk na die tweede paragraaf ou Johan, en
staar jouself in die gesig. Vertel vir almal
wat hulle verkeerd doen, sien die splinter in
die ander se oog, maar kan nie die balk in sy
eie sien nie.
So, geneesheer, heel jouself. Slaan jou hand
in eie boesem. En totsiens.

Gloudina
Re: Independance day [boodskap #16119 is 'n antwoord op boodskap #16048] Vr, 10 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Jul 1998 17:29:52 GMT, wrote:
> Sien, Johan, elke keer wat jy sulke dinge soos
> bostaande dinge sê, verklaar jou woorde "ek is
> 'n agteraf ignoramus"

...ek het jou mos al lankal gesê ek is nie so slim nie ...

> wat enigiets sal sê om
> punte te probeer win.

...wat speel ons ....?

> Ek sou nie verbaas gewees
> het as die apartheidsvarke 'n le^er vir my ontwikkel
> het nie.

"Moenie so windgat wees om te dink jy is so belangrik nie! Dis darem
nou te verwaand vir woorde." -- Dis wat jy so tydjie terug vir my
geantwoord het op min of meer dieselfde uitlating!

> My man moes egter sekuriteits-ondersoeke
> ondergaan om by die W,N.N.R. te werk en Pelindaba te
> besoek. So los nou maar jou verbeeldingsvlugte uit.

Is nie MY kop wat los issie, ou tante - ek is maar net bietjie dom ...

> Veral oor hoe sleg ons in Kanada ontvang is. Jy
> weet blykbaar nie hoe gesog mense met Wiskundige
> Ph.D.s in die real world is nie. Ignoramus.

Nou's sy sommer 'n helikoptir paailit en 'n boffin. shhjuuuu - die ou
tannie is goed, né!!!!!!!! Dink jy julle gaan ooit die real world
opspoor? Klink my jou kop is te los om dit raak te sien as dit voor
jou verby gaan.

Los nou asseblief al die onrusstokery en kom ons kyk of ons op die
nuusgroep nie eerder intersante stories oor ons wedervaringe kan
uitruil sonder om ander aan te val oor hulle andersdenkendheid nie.

Die storie oor die ou wat deur die swarte gehelp is met sy motor is so
'n positiewe storie wat ek dink ons almal nodig het om te hoor.
Meer sulke dinge asseblief Gloudina!
Re: Independance day [boodskap #16120 is 'n antwoord op boodskap #16048] Vr, 10 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net writes:

> Hmmm... wel, dit laat my nou nogal dink oor iets. Wat sou mense nou doen in
> Suid-Afrika met Wiskundige Ph.D.s? Ek kan nie aan een tipe werk dink wat jy
> daarmee kan doen nie. W.N.N.R?? Na, ek dink alle Wiskundige Ph.D-tipe posisies
> is reeds gevul... of is dit nou afgeskaf?? Pelindaba... o.. ja dit.. o, maar
> nee... ook nie meer 'n goeie idee nie...
> O ja, Krygkor, of Denel of watookaal... oja ek het vergeet. Geen
> sattelietgoedjies meer nie. Dan is daar darem Sanlam en Ou Mutual. Of jy kan
> altyd 'n worsbroodjiewaentjie koop en Boereworsrolls langs die pad
verkoop.

Gideon, ek wonder hoe op hoogte van sake
jy was van wat op akademiese vlak in SA
aangegaan het voordat jy die land verlaat
het. Dis hierdie soort mite-vorming van 'n
sekere soort Suid-Afrikaner (gewoonlik wit)
wat die land beswadder en gerugte daaroor
versprei, en dan is julle verbaas dat die
buiteland 'n wanindruk het van ALLE Suid-
Afrikaners, jy inkluis.
Laat ek jou nou 'n bietjie ontnugter.In
die afgelope jaar het ek gehoor dat elkeen
wat by UNISA 'n artikel skryf wat in 'n
gemodereerde tydskrif verskyn, 'n R 2000
bonus kry. Die tipe behandeling is ongekend
in Noord-Amerika. Ons is ook in aanraking met
talle akademici in Suid-Afrika. Ons hoor maar
net hoe hulle nou na die een en dan na die
ander konferensie gaan in die buiteland. Ek
neem dus aan dat enigeen met 'n gerespekteerde
Ph.D. in Suid-Afrika werk kan kry.
Ons praat hier in Kanada ook van hoeveel
Ph.D. 's in restaurante werk. Maar as dit op
herrie afkom, dan vind 'n mens uit dat dit alleen
mense is wat grade het wat hulle nie vir enigiets
bekwaam nie, wat nie werk kan kry nie. Ek dink dis
heelwaarskynlik dieselfde in Suid-Afrika.
Wat vir my baie bemoedig oor die akademiese
situasie is Suid-Afrika, is dat enigiemand nou
vryelik kan studeer waar hy wil. So studeer 'n
Zulu-vriend van ons vir sy Ph.D. in Onderwys-Wet
nou by RAU, omdat hulle die beste departement daar
het, volgens hom, vir sy spesifieke gebied. Dit,
Gideon, is die real world in Suid-Afrika op die
oomblik. Moenie mites verkoop oor jou geliefde
en my geliefde geboorteland nie. Dit vergiftig
net. En die gif doen niemand goed nie.

Gloudina
Re: Independance day [boodskap #16121 is 'n antwoord op boodskap #16048] Vr, 10 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Jul 1998 17:19:55 GMT, wrote:

> Nee, Johan, ek moet nie baie woorde "opsoek"
> nie. Ek moet hulle "naslaan." En ek laat dit
> aan jou oor om te oordeel hoe suiwer my
> Afrikaans nog is na dertig jaar. Ek dink dat
> dit baie afhang hoeveel respek jy vir jou
> taal gehad het toe jy nog in Suid-Afrika was,
> hoe suiwer en soepel jou Afrikaans bly na 'n
> baie lang tyd in die buiteland. My man, wat
> nog langer in Kanada is as ek, en wat
> vir jare gedurende die apartheidsregime bewus
> met Afrikaans gebreek het as protes teen wat
> in Suid-Afrika aangaan, se Afrikaans is nog
> net so goed en so suiwer soos myne.
>
> Die Afrikaans-respekterende tannie
>
Hier moet ek erken ek is nie baie suiwer met my Afrikaans nie en
boonop dink ek ek maak baie taalfoute. Ek sal maar net sorg dat ek
reg kommunikeer en hoop dit maak op vir al die foute.

My pa was 'n taal puris. Een van sy pligte in sy werk het die nagaan
van die spoorweg begroting elke jaar behels om te kyk of dit dieselfde
in albei landstale sê. Sy taalvernuf in albei tale was asemrowend.

Is jammer die soort van ding word nie in die gene oorgedra nie!
Re: Independance day [boodskap #16122 is 'n antwoord op boodskap #16048] Vr, 10 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> het nie. My man moes egter sekuriteits-ondersoeke
> ondergaan om by die W,N.N.R. te werk en Pelindaba te
> besoek. So los nou maar jou verbeeldingsvlugte uit.
> Veral oor hoe sleg ons in Kanada ontvang is. Jy
> weet blykbaar nie hoe gesog mense met Wiskundige
> Ph.D.s in die real world is nie. Ignoramus.
>
Hmmm... wel, dit laat my nou nogal dink oor iets. Wat sou mense nou doen in
Suid-Afrika met Wiskundige Ph.D.s? Ek kan nie aan een tipe werk dink wat jy
daarmee kan doen nie. W.N.N.R?? Na, ek dink alle Wiskundige Ph.D-tipe posisies
is reeds gevul... of is dit nou afgeskaf?? Pelindaba... o.. ja dit.. o, maar
nee... ook nie meer 'n goeie idee nie...
O ja, Krygkor, of Denel of watookaal... oja ek het vergeet. Geen
sattelietgoedjies meer nie. Dan is daar darem Sanlam en Ou Mutual. Of jy kan
altyd 'n worsbroodjiewaentjie koop en Boereworsrolls langs die pad verkoop.
....noudat ek daaraan dink, ou Gloudien, ek dink julle is maar beter af waar
julle is (al is die VSA so naby aan julle)

Terloops, beteken dit dat Suid-Afrika nie deel is van die "real world" nie?

O ja, en beteken dit dat Ignoramusse wel gesog is in die "real world" en in
die nie-"real world"?

Hierdie dinge raak nou heeltemal te kompleks vir my.

Groete uit die Laaglande

-Gideon-
Re: Independance day [boodskap #16133 is 'n antwoord op boodskap #16048] Sa, 11 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Jul 1998 18:05:10 GMT, wrote:

> wat hulle verkeerd doen, sien die splinter in
> die ander se oog, maar kan nie die balk in sy
> eie sien nie.
> So, geneesheer, heel jouself. Slaan jou hand
> in eie boesem. En totsiens.
>
> Gloudina
>
Ek probeer, ek probeer, maar jy weet, dis so moeilik - ek is so goed
(my ma sê so). En dis nie maklik om my eie foute raak te sien nie -
jy weet, die balk pla. En dan is ek nog bietjie dom ook.
Nou's my boesem al seer, maar dit help nie - en ma sê dit maak my
aaaamborrrrstig!
Dankie vir die kompliment, maar ek sal nou nie heeltemaaal sê ek is 'n
geneesheer nie - dis so groot titel! Ek probeer maar net help waar
ek kan.

Sê maar as jy weer hulp nodig het - ek het nou nog ou Danie Smuts se
Boererate boekie hier. En dan's daar die plaaslike Farmer's Almanac
wat sê vlermuis drek en chipmunk piepie is so goed vir ou tannies se
breinvermoë.
Re: Independance day [boodskap #16134 is 'n antwoord op boodskap #16048] Sa, 11 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Jul 1998 17:56:58 GMT, wrote:
> Gideon, ek wonder hoe op hoogte van sake
> jy was van wat op akademiese vlak in SA
> aangegaan het voordat jy die land verlaat
> het. Dis hierdie soort mite-vorming van 'n
> sekere soort Suid-Afrikaner (gewoonlik wit)
> wat die land beswadder en gerugte daaroor
> versprei, en dan is julle verbaas dat die
> buiteland 'n wanindruk het van ALLE Suid-
> Afrikaners, jy inkluis.

Dis so mooi dat jou akademiese geleerdheid vir jou so baie beteken,
Gloudina. Het julle in Waterkloof gebly toe julle destyds in SA was?

> Wat vir my baie bemoedig oor die akademiese
> situasie is Suid-Afrika, is dat enigiemand nou
> vryelik kan studeer waar hy wil. So studeer 'n
> Zulu-vriend van ons vir sy Ph.D. in Onderwys-Wet
> nou by RAU, omdat hulle die beste departement daar
> het, volgens hom, vir sy spesifieke gebied.

Hy kon dit al in die laat sewentigs gedoen het - niks nuuts nie.

Is tyd dat jy weer SA besoek en self daar gaan kyk. Bel bietjie rond
en kyk hoe geredelik word Wits grade nog in die buiteland aanvaar.

Ek kan vir jou reguit sê dat onderwys een van die grootste redes is
waarom ons uit SA is.
Re: Independance day [boodskap #16168 is 'n antwoord op boodskap #16048] Ma, 13 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
> Wat vir my baie bemoedig oor die akademiese
> situasie is Suid-Afrika, is dat enigiemand nou
> vryelik kan studeer waar hy wil. So studeer 'n
> Zulu-vriend van ons vir sy Ph.D. in Onderwys-Wet
> nou by RAU, omdat hulle die beste departement daar
> het, volgens hom, vir sy spesifieke gebied. Dit,
> Gideon, is die real world in Suid-Afrika op die
> oomblik. Moenie mites verkoop oor jou geliefde
> en my geliefde geboorteland nie. Dit vergiftig
> net. En die gif doen niemand goed nie.
>

Bullshiiiiit Bertie! Maak nie saak hoe intelligent en hoe goed jou
akademiese kwalifikasies is nie, as jy wit is kan jy vergeet om 'n beurs
te kry, keuring vir byvoorbeeld mediese dokters word op 'n rasse
grondslag gedoen en selfs lenings is bykans onmoontlik vir wit studente
om te kry. Op een van die radio stasies het die omroep 'n groot lawaai
gemaak nadat 'n wit student met 7 onderskeidings, hope leiers eienskappe
glad nie 'n beurs kon kry om medies te studeer nie. Tegnikons en
univversiteite doen hulle keuring op 'n rasse grondslag - d.w.s.
akademiese aanleg is nie die hoofoorweging nie. Vertel nou vir ons dat
Kanada dieselfde doen?

Moenie MITES verkoop nie Gloudina! En so van gif gepraat - hoe gaan dit
nog met jou? :)

Lou
Re: Independance day [boodskap #16169 is 'n antwoord op boodskap #16048] Ma, 13 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
lou wrote in message ...

> Moenie MITES verkoop nie Gloudina! En so van gif gepraat - hoe gaan dit
> nog met jou? :)

rotflmao!!! hahahaha
Re: Independance day [boodskap #16205 is 'n antwoord op boodskap #16048] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
lou wrote in article
...
> @igs.net wrote:

> Moenie MITES verkoop nie Gloudina! En so van gif gepraat - hoe gaan dit
> nog met jou? :)
>
> Lou
>
Almal op die nuusgroep sal jou inligting as korrek beaam. Goed so, Lou.
Vorige onderwerp: Re: Parodie en Akademie (was:Independance day)
Volgende onderwerp: Parodie en Akademie (was:Independance day)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 08:35:29 MGT 2024