Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wie is moreel superieur?
Re: Wie is moreel superieur? [boodskap #16053] Wo, 08 Julie 1998 00:00
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in message ...
> IRQO, as jy maar jouself kan hoor, en die

Gloudina,

BTW, die naam is Neels.

> superioriteit daaruit hoor drup. Jy het
> nie nodig om daarin te studeer nie. Jy is al
> klaar 'n gegradueerde morele superioris. En

Uhhhmmm neewat. In my prille jeug het ek besluit 'n graad is niks werd in
my beroep nie. So gegraueerd is ek beslis nie. Geskolld is 'n ander saak.

> ek is siek en sat van julle. Jou tipe het in
> SA gesit en almal wat nie met julle saamgestem
> het nie, doodgeskree of erger nog, vervolg. Nou

Hoe kom jy dan nou by hierdie gevolg trekking uit? Inteendeel Gloudina, ek
geniet 'n debat meer as die gewone man op straat. Die punt is dat ek NIE
almal se opinies afskiet nie(soos wat sommige mense hier doen). Wys my 'n
bietjie waar ek bydraers op hierdie NG dood skree. Ek stell my punt soos ek
hom sien. Ek argumenteer. Maar ek probeer niemand slegse of verkleineer
nie. Kan jy dieselfde se ou dier?

> sit 'n klomp van jou tipe in Noord-Amerika en
> vertel hoe wonderlik dit nou met hulle gaan en
> dat alles in Suid-Afrika nou so vreeslik is.

Jou punt? Jy sit in Kanada en vertel hoe vreeslik dit gegaan het in SA.
Kom op die selfde neer.

> Nouja, niemand gee eintlik om wat julle sê
> nie, behalwe julle mede-Afrikaners wat begin
> minderwaardig voel omdat hulle nou nie so
> wonderlik soos julle is nie. Ongelukkig het

Ek dink nie so nie. Hoekom sal hulle minderwaardig moet voel? En nee dit
is nie net maanskyn en rose hier nie. Maar dit is 100 keer beter as in SA.

> sommige van die wat so moreel superieur voel
> hier in kanada nou hulle fout begin uitvind.

Eureka!!!!! Jy het die lig gesien!!!!!

> Die lang arm van die wet soek die mense wat
> informasie kan gee oor wie Wouter Basson gehelp
> het met sy helse dreksels. Ek het gedink alles

O ek sien ek was verkeerd. En as jy met wet bedoel die TRC(Tutu's touring
circus), dan dink ek begin die ou ringkop apie nou homself te hoog ag. Na
dat hulle besluit het om nie sekere ANC optredes te ondersoek nie(so kort
voor die verkiesing), het hulle alle kredietwaardigheid verloor.

> het al uitgekom. Nou moet ek my weer hier in
> Kanada skaam vir wat mede-Afrikaners nie langer
> as tien vyftien jaar gelede gedoen het nie.

Hoekom? Het jy iets daarmee te doen gehad?

> So as ek jy is hou ek my bek. Die ou apartheid-

AHA!!!! wie skreeu nou die mense wat nie saamstem nie dood??

> morele-dreksel-superioriteit syg uit jou woorde
> uit. En dit maak my siek. Loop lees die Bybel

Ja maar die bybel se ook dat die stam van Kus vir die res van hulle lewens
slawe sal wees. Die bybel het ook gese dat sommige mense hulle eersgebore
seuns moes offer. Klink dit dan nou na 'n boek wat se raad gevolg moet
word?

> en sien hoe 'n mens jou naaste moet behandel.
> Ek sit in Kanada as gas van die Eerste Nasies
> en ek betoon hulle die nodige respek. Jy kan

Verduidelik vir my hoe jy hierdie repek betoon.

> van hulle geestelike en morele beginsels ook
> leer hoe om jou naaste te behandel.

Uhhhhhuh. Soos wat hulle dan naburige nedersettings oorval het ens?

Groete
Re: Wie is moreel superieur? [boodskap #16054 is 'n antwoord op boodskap #16053] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
IRQ0 > wrote in message ...
> my beroep nie. So gegraueerd is ek beslis nie. Geskolld is 'n
Gekolld??? hahaha wie probeer ek dan nou flous.
Vorige onderwerp: Die Rand en Soros
Volgende onderwerp: Re: BLACK HISTORY QUIZ
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 06:53:04 MGT 2024