Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » puns
puns [boodskap #16000] Do, 02 Julie 1998 00:00
Carel  is tans af-lyn  Carel
Boodskappe: 11
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Afrikaans is 'n ryk en innoverende taal, tog is daar 'n faset wat gemis
gaan, naamlik puns, en help my asseblief, wat is die korrekte afrikaanse
woord daarvoor? Die Engelse het 'n passie daarvoor, en ek bedoel nou nie
die taal-verkragting in die ponie-koerante nie, maar skoon, skerp puns
wat 'n grynslag op jou gesig forseer, woordspeling (*dit* kan tog nie
die afrikaans daarvoor wees nie??) waarop ek as afrikaanssprekende jaloer
is. 'n Juweeltjie kom vanaf die Underground, met die volgende
waarskuwing:'If you have a ticket, good, if you haven't, fine.' Dit is
seker maar 'n behendigheid wat eeue neem om te ontwikkel, indien wel,
hoop ek my agter-agter-ens-kinders geniet die voorreg daarvan soos wat ek
die huidige Engelse weergawe geniet. My eie beste Afrikaanse poging,
ironies genoeg, was ook op die Underground gebore, na ek 'n groepie
minder vasvoetige vriendjies daar raakgeloop het:"Julle is nou mooi op 'n
stasie...". Goed, nie so hot nie, maar ipv kritiek, verbeter....
Vorige onderwerp: Re: puns
Volgende onderwerp: Mengele in Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 13:59:57 MGT 2024