Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die geliefde land
Die geliefde land [boodskap #15469] Di, 02 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"There is a lovely road that runs from Ixopo
into the hills. These hills are grass-covered
and rolling, and they are lovely beyond any
singing of it."

So begin "Cry, the Beloved Country," 'n boek wat in 17
tale vertaal is. Daar is 'n Broadway toneelstuk en twee
films daaroor gemaak. Dit word beskou as die belangrikste
publikasie in die literatuur van Suid-Afrika. Dis vyftig jaar
gelede uitgegee, in 1948, 'n paar maande voor die eleksie
van die Nasionale Party in Mei 1948.
Alan Paton het die boek begin skryf in Trondheim in
Noorweë in 1946. Hy was op 'n uitgebreide toer om die
administrasie van tronke dwarsoor die wêreld te bestudeer.
In San Fransisco het hy dit vir vriende gewys. Hulle het dit
laat tik en na 15 uitgewers gestuur. In Ottawa in Kanada het
Paton gehoor dat 9 van hulle die boek wou publiseer.
Alhoewel die boek geskryf en uitgegee is voor die NP
magsoorname in 1948, het die inbringing van die apartheids-
wette die boek se slaankrag verhoog en dit 'n ikoon gemaak
vir die mense wat begin agiteer het teen die haglike toestand
waarin die nie-blanke bevolking van Suid-Afrika was.
Die aand toe die film sy premièrein Johannesburg gehad
het in 1951, het Mevr. D. F. Malan, wat naas Paton gesit het,
haar na hom gekeer en gesê: "Surely, Mr. Paton, you don't
really think things are like that."
Mevrou Malan se man was 'n predikant. Die man wat die
eerste stene gelê het in 'n beleid wat vir veertig jaar die lot
van die nie-blanke bevolking al dieper en dieper in die ellende
gedompel het. 'n Beleid wat veroorsaak het dat ons vandag
ook nog kan sê "Cry the Beloved Country." Wat sou 'n mens
gegee het om dinge te verander. Wat as Mevr. Malan daardie
aand vir haar man gesê het: "Daniel, wees nou 'n ware leier
en Christen en lê die fondamente vir 'n regering vir hierdie
land waar Christelike beginsels en geregtigheid tot stand kan
kom." As hy dit gedoen het, dan sou die eer en die naam van
die Afrikaner hoogaangeskrewe in die wereld gewees het.

Gloudina Bouwer
Re: Die geliefde land [boodskap #15505 is 'n antwoord op boodskap #15469] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> In watter mate kon die beskikbaarheid van so 'n "ikoon" (met sy
> onteenseglike literêre waarde) oor die Suid-Afrikaanse omstandighede dien om
> die aandag te fokus op Suid-Afrika? Sodat die aandag afgelei kon word van
> soortgelyke omstandighede in ander wêrelddele (bv Indië)?

Hier kom dit. Leendert se pogings om die
skandaal van die apartheidsjare te probeer
wit was deur die ou krom vinger na al
die ander plekke in die wereld te wys waar
dinge ook verkeerd was. Tipiese apartheids-
vark tegniek, ou Leendert. Net, dit werk
nie meer nie.

>
> Terwyl jy besig is: vertel bietjie van die konstruk "ikoon" wat jy so graag
> gebruik - byvoorbeeld, hoe een ding 'n simbool kan word vir gans ander
> dinge, 'n "knoppie" wat mens kan druk om magte los te maak wat in die
> teikengehoor aanwesig is. Verduidelik ook sommer die aanwending van sulke
> "ikone" in propaganda.

Sal ek vir jou vertel van al die "ikone"
wat sekere soort Afrikaners gebruik het
in die afgelope eeu om Afrikanerskap te
skaak van daardie mense wat nie wou val
vir die party line van die rassehaters
nie. Totdat hulle aan die einde van die
eeu onder huisarres geplaas moes word,
in tronke opgesluit moes word.

>> Mevrou Malan se man was 'n predikant. Die man wat die
>> eerste stene gelê het in 'n beleid wat vir veertig jaar die lot
>> van die nie-blanke bevolking al dieper en dieper in die ellende
>> gedompel het.
>
> Kan jy asseblief die aard van hierdie "ellende" omskryf

Leendert, Leendert.
Cry the beloved Afrikanerdom, waar daar nog
mense is wat op hierdie stadium nog hierdie
vraag kan vra.

En moenie kom en spog dat apartheid die
lewensverwagting van die kleurlingman
met 15 jaar verhoog het nie. Almal se
lewensverwagting het in die tweede deel
van die twintigste eeu verbeter. Wat sal
jy nog mee opkom om te probeer bewys dat
apartheid eintlik nie so 'n slegte ding
was nie?

Gloudina
Re: Die geliefde land [boodskap #15506 is 'n antwoord op boodskap #15469] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
>
>
> "There is a lovely road that runs from Ixopo
> into the hills. These hills are grass-covered
> and rolling, and they are lovely beyond any
> singing of it."
>
> So begin "Cry, the Beloved Country," 'n boek wat in 17
> tale vertaal is. Daar is 'n Broadway toneelstuk en twee
> films daaroor gemaak. Dit word beskou as die belangrikste
> publikasie in die literatuur van Suid-Afrika. Dis vyftig jaar
> gelede uitgegee, in 1948, 'n paar maande voor die eleksie
> van die Nasionale Party in Mei 1948.
> Alan Paton het die boek begin skryf in Trondheim in
> Noorweë in 1946. Hy was op 'n uitgebreide toer om die
> administrasie van tronke dwarsoor die wêreld te bestudeer.
> In San Fransisco het hy dit vir vriende gewys. Hulle het dit
> laat tik en na 15 uitgewers gestuur. In Ottawa in Kanada het
> Paton gehoor dat 9 van hulle die boek wou publiseer.
> Alhoewel die boek geskryf en uitgegee is voor die NP
> magsoorname in 1948, het die inbringing van die apartheids-
> wette die boek se slaankrag verhoog en dit 'n ikoon gemaak
> vir die mense wat begin agiteer het teen die haglike toestand
> waarin die nie-blanke bevolking van Suid-Afrika was.
> Die aand toe die film sy premièrein Johannesburg gehad
> het in 1951, het Mevr. D. F. Malan, wat naas Paton gesit het,
> haar na hom gekeer en gesê: "Surely, Mr. Paton, you don't
> really think things are like that."
> Mevrou Malan se man was 'n predikant. Die man wat die
> eerste stene gelê het in 'n beleid wat vir veertig jaar die lot
> van die nie-blanke bevolking al dieper en dieper in die ellende
> gedompel het. 'n Beleid wat veroorsaak het dat ons vandag
> ook nog kan sê "Cry the Beloved Country." Wat sou 'n mens
> gegee het om dinge te verander. Wat as Mevr. Malan daardie
> aand vir haar man gesê het: "Daniel, wees nou 'n ware leier
> en Christen en lê die fondamente vir 'n regering vir hierdie
> land waar Christelike beginsels en geregtigheid tot stand kan
> kom." As hy dit gedoen het, dan sou die eer en die naam van
> die Afrikaner hoogaangeskrewe in die wereld gewees het.
>
> Gloudina Bouwer
>
> Die verduideliking hoekom die dinge nie gebeur het nie l^e
vir my in Paton se "Too Late the Phalarope." Dit is die
verblindende, Kalvinistiese strewe in die Afrikaner wat ons
aan die lewe gehou het deur diep driwwe van swaarkry,
en tog, op die end, ons land verwoes het.

Billy.
Re: Die geliefde land [boodskap #15507 is 'n antwoord op boodskap #15469] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes: >

>> In watter mate kon die beskikbaarheid van so 'n "ikoon" (met sy
>> onteenseglike literêre waarde) oor die Suid-Afrikaanse omstandighede dien om
>> die aandag te fokus op Suid-Afrika? Sodat die aandag afgelei kon word van
>> soortgelyke omstandighede in ander wêrelddele (bv Indië)?
>
> Hier kom dit. Leendert se pogings om die
> skandaal van die apartheidsjare te probeer
> wit was deur die ou krom vinger na al
> die ander plekke in die wereld te wys waar
> dinge ook verkeerd was. Tipiese apartheids-
> vark tegniek, ou Leendert. Net, dit werk
> nie meer nie.

Ek het jou 'n eerlike vraag gevra, Gloudina. Jy is die een wat die term
"ikoon" rondgooi. Ek wil weet hoe hierdie ikoon van "Cry the beloved
country" funksioneer. Watter deel van die reaksie het gespruit uit die
feitelike gegewe waarbinne die boek afspeel en watter deel het gespruit uit
die skande van ander wat hulle op Suid-Afrika geprojekteer het.

Verduidelik asseblief, en moenie so wriemel nie. Jy gaan nie hieruit loskom
nie. Jy weet mos van "ikone".

>> Terwyl jy besig is: vertel bietjie van die konstruk "ikoon" wat jy so graag
>> gebruik - byvoorbeeld, hoe een ding 'n simbool kan word vir gans ander
>> dinge, 'n "knoppie" wat mens kan druk om magte los te maak wat in die
>> teikengehoor aanwesig is. Verduidelik ook sommer die aanwending van sulke
>> "ikone" in propaganda.
>
> Sal ek vir jou vertel van al die "ikone"
> wat sekere soort Afrikaners gebruik het
> in die afgelope eeu om Afrikanerskap te
> skaak van daardie mense wat nie wou val
> vir die party line van die rassehaters
> nie. Totdat hulle aan die einde van die
> eeu onder huisarres geplaas moes word,
> in tronke opgesluit moes word.

Vertel, asseblief. Van die "ikone" waarna jy hier verwys.

>>> Mevrou Malan se man was 'n predikant. Die man wat die
>>> eerste stene gelê het in 'n beleid wat vir veertig jaar die lot
>>> van die nie-blanke bevolking al dieper en dieper in die ellende
>>> gedompel het.
>>
>> Kan jy asseblief die aard van hierdie "ellende" omskryf
>
>
> Leendert, Leendert.
> Cry the beloved Afrikanerdom, waar daar nog
> mense is wat op hierdie stadium nog hierdie
> vraag kan vra.

Dit is juis nou dat hierdie vraag gevra moet word. Dis maklik om dag in en
dag uit hier te skreeu "ellende, ellende" en "skande, skande" en
"apartheidsvark".

Maar dit plaas jou onder verpligting om jou konstrukte van "ellende" en
"skande" te operasionaliseer sodat jou aanklagte beoordeel kan word.

Jy het nou beweer dat die "nie-blanke bevolking" van SA na 1948 vir 40 jaar
toenemend in "ellende" gedompel is. Verduidelik dit aan die hand van
duidelike maatstawwe.

> En moenie kom en spog dat apartheid die
> lewensverwagting van die kleurlingman
> met 15 jaar verhoog het nie. Almal se
> lewensverwagting het in die tweede deel
> van die twintigste eeu verbeter.

Nee. Wit Afrikaanse mans se lewensverwagting het nie so veel verbeter as die
van "kleurling"-mans nie. Maar jou bewering is dat "nie-blankes" na 40 jaar
in groter ellende was as in 1948. 'n Lewensverwagting wat met 15 jaar
verbeter lyk beswaarlik na 'n teken van groter "ellende" in absolute terme.
'n Verkleinde gaping tussen die lewensverwagting van wit Afrikaanse mans en
"kleurling"-mans lyk ook nie na relatief groter "ellende" nie.

Jy het nog niks gevorder om jou bewering te bewys nie, Gloudina.

> Wat sal
> jy nog mee opkom om te probeer bewys dat
> apartheid eintlik nie so 'n slegte ding
> was nie?

Ek probeer nie om enigiets aangaande apartheid te bewys nie. Die bewyslas is
op jou, ou ding!

Ek probeer om die gronde te bepaal waarop jy beweer dat die "nie-blanke
bevolking" van SA vir die veertig jaar na 1948 toenemend in ellende gedompel
is.

Jy het nog geensins daarin geslaag om enige steun vir hierdie bewering te
verskaf nie. En om bloot te skreeu "apartheidsvark" het nie baie
oortuigingswaarde in hierdie verband nie, weet jy?

Of is dit bloot dat jy nie jou bewering kan bewys nie? Was jy maar net besig
om nog 'n "ikoon" daar te stel?

Baie vriendelike groete, Leendert
Re: Die geliefde land [boodskap #15508 is 'n antwoord op boodskap #15469] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:

>
> Hier kom dit. Leendert se pogings om die
> skandaal van die apartheidsjare te probeer
> wit was deur die ou krom vinger na al
> die ander plekke in die wereld te wys waar
> dinge ook verkeerd was. Tipiese apartheids-
> vark tegniek, ou Leendert. Net, dit werk
> nie meer nie.
>
Jy weet ou Gloudina - somtyds wonder ek of jy 'n gesplete persoonlikheid
het. Sodra iemand moan oor die kriminele in SA is jy gou-gou by om te
verwys na Miami of Haarlem ens. Dan beskuldig jy ander mense dat hulle
dieselfde taktiek as jy gebruik???

Jy moet beslis in die politiek in gaan - jou geheue is kort genoeg.
Re: Die geliefde land [boodskap #15536 is 'n antwoord op boodskap #15469] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> So begin "Cry, the Beloved Country," 'n boek wat in 17
> tale vertaal is. Daar is 'n Broadway toneelstuk en twee
> films daaroor gemaak. Dit word beskou as die belangrikste
> publikasie in die literatuur van Suid-Afrika.

Wie beskou dit so, en in watter opsig is dit die belangrikste publikasie?

> Dis vyftig jaar
> gelede uitgegee, in 1948, 'n paar maande voor die eleksie
> van die Nasionale Party in Mei 1948.

Veelseggend, sou ek sê.

> Alhoewel die boek geskryf en uitgegee is voor die NP
> magsoorname in 1948, het die inbringing van die apartheids-
> wette die boek se slaankrag verhoog en dit 'n ikoon gemaak
> vir die mense wat begin agiteer het teen die haglike toestand
> waarin die nie-blanke bevolking van Suid-Afrika was.

In watter mate is die boek verteenwoordigend van die algemene omstandighede
van die "nie-blanke bevolking van Suid-Afrika" in daardie tyd, en in watter
mate verteenwoordig dit die subjektiewe perspektief van die hoof van 'n
verbeteringskool (wat, uit die aard van die saak, besonder sterk blootgestel
word aan 'n bepaalde sektor van die samelewing)?

In watter mate kon die beskikbaarheid van so 'n "ikoon" (met sy
onteenseglike literêre waarde) oor die Suid-Afrikaanse omstandighede dien om
die aandag te fokus op Suid-Afrika? Sodat die aandag afgelei kon word van
soortgelyke omstandighede in ander wêrelddele (bv Indië)?

In watter mate kon die beskikbaarheid van so 'n "ikoon" dien om die
ontwakende skuldgevoelens van burgers van eks-koloniale moondhede weg van
hulself te projekteer? (Britanje, so pas uit Indië, Nederland, nie lank
tevore uit Indonesië, die hele Europa op die drempel van die scramble from
Africa, die VSA op die drempel van die civil rights movement en saam met
Kanada aan die eerste vroeë kyk na - of wegkyk van - die lot van die "eerste
nasies". Die VSA, waar negerstemreg beswaarlik bestaan het in die suidelike
state in die tyd waarvan jy praat, waar 30 state wetlike verbod op gemengde
huwelike geplaas het, Jim Crow wetgewing, ens.)

Terwyl jy besig is: vertel bietjie van die konstruk "ikoon" wat jy so graag
gebruik - byvoorbeeld, hoe een ding 'n simbool kan word vir gans ander
dinge, 'n "knoppie" wat mens kan druk om magte los te maak wat in die
teikengehoor aanwesig is. Verduidelik ook sommer die aanwending van sulke
"ikone" in propaganda. (Vir bietjie harsingkos oor 'n verwante
aangeleentheid, sien The Star se artikel by http:// www.inc.co.za/ online/
star/ headlines/ 1998/ 06/ 030698/
op.paparazzi.html )

Dus: In watter mate sou mens kon sê dat "Cry the Beloved Country" as 'n
"ikoon" 'n groot verskeidenheid behoeftes vervul het wat hul oorsprong buite
Suid-Afrika
gehad het, en in watter mate sou dit 'n outentieke weergawe wees van die
ervaring van die "nie-blanke bevolking van Suid-Afrika"? (En in watter mate
was dit bloot verdienstelike letterkunde wat, ongeag enige verwysings na 'n
bepaalde objektiewe gegewe, internasionale aandag sou trek?)

En verwysend na die kunstenaar se sin vir en soeke na die dramatiese
potensiaal in 'n gegewe - vertel bietjie van Alan Paton se deelname (as
Engelsman) aan die simboliese ossewatrek van 1938.

> Die aand toe die film sy premièrein Johannesburg gehad
> het in 1951, het Mevr. D. F. Malan, wat naas Paton gesit het,
> haar na hom gekeer en gesê: "Surely, Mr. Paton, you don't
> really think things are like that."

Miskien het sy dieselfde vrae gestel as ek hierbo - net meer kort en
kragtig?

> Mevrou Malan se man was 'n predikant. Die man wat die
> eerste stene gelê het in 'n beleid wat vir veertig jaar die lot
> van die nie-blanke bevolking al dieper en dieper in die ellende
> gedompel het.

Kan jy asseblief die aard van hierdie "ellende" omskryf in terme wat 'n mens
onafhanklik kan bevestig? (Byvoorbeeld in terme van algemeen aanvaarde
veranderlikes waarmee die "ellende" van 'n bevolking beskryf word.
Gilliomee, lewenslange kritikus van apartheid, vergelyk byvoorbeeld wit
Afrikaanse mans met "kleurling" -mans. Eersgenoemde was, volgens bewering en
volgens jou, die groep wat die meeste by "apartheid" gebaat het. Wit
Afrikaanse mans, wat in '48 hoofsaaklik bloukraagwerkers was, se
lewensverwagting het in die veertig jaar waarna jy verwys met 2 jaar
verbeter. Die van "kleurling" -mans met 15 jaar.)

Het jy rede om te glo dat enige van die beleidsrigtings wat as waarskynlike
alternatiewe beskikbaar was die bevolking in minder "ellende" sou gelaat
het?

> 'n Beleid wat veroorsaak het dat ons vandag
> ook nog kan sê "Cry the Beloved Country." Wat sou 'n mens
> gegee het om dinge te verander. Wat as Mevr. Malan daardie
> aand vir haar man gesê het: "Daniel, wees nou 'n ware leier
> en Christen en lê die fondamente vir 'n regering vir hierdie
> land waar Christelike beginsels en geregtigheid tot stand kan
> kom."

Het jy enige rede om te glo dat die betrokke beleid onversoenbaar was met
"christelike beginsels" in die sin dat enige van die waarskynlike
alternatiewe meer versoenbaar was met "christelike" beginsels?

> As hy dit gedoen het, dan sou die eer en die naam van
> die Afrikaner hoogaangeskrewe in die wereld gewees het.

Hmmmm..... Is daar nie 'n "christelike beginsel" wat iets sê van dat mens
jou nie moet beywer om die eer van die wêreld te verwerf nie?

En terwyl ons besig is met "christelike beginsels". Vertel bietjie van Alan
Paton se verhouding met sy vrou en kinders. (Dis nou as kontrapunt tot die
eer van die wêreld waarop hy hom toegelê het.)

Gloudina:

Jy dweep met "christelike beginsels".

Wat van Christelike beginsel teen valse getuienis? Jy beweer dat jy "veg vir
die eer van die Afrikaners". Maar jy speel hier dag vir dag 'n spel van
skaak met "ikone" wat jy voorhou vir feite. Jy smous met die media-ikone van
Afrikaners se dade, en met een of twee persoonlike (en subjektiewe)
ervarings wat jy onthou uit jou jeug.

Hierbo praat jy van progressiewe ellende oor veertig jaar. Ek daag jou nou
uit om hierdie stelling te bewys in absolute en relatiewe terme.

Begin met eenvoudige dinge soos die lewensverwagting van die verskillende
bevolkingsgroepe in '48 en in 94'. Vergelyk dit met mekaar maar ook met
ander lande in Afrika, Asië en Suid-Amerika en met lande soos die USSR, wat
deur die ANC voorgehou is as die soort "demokrasie" wat hulle wou instel.

Doen dieselfde met kindersterftesyfers, ondervoeding, wanvoeding,
geletterdheid, stresverwante siektes, selfmoordsyfers, telefone en motors
per kapita, akademiese en tegniese kwalifikasies, beroepsvlakke, ens.
Gebruik enige ander objektiewe maatstawwe wat nuttig kan wees. Plaas jou eie
vertolkings daarop, en bring gerus ander subjektiewe maatstawwe ook in
berekening.

Dan wys jy vir ons hoe hierdie "beleid wat vir veertig jaar die lot van die
nie-blanke bevolking al dieper en dieper in die ellende gedompel het"
verantwoordelik was vir die "haglike lot" van mense in Suid-Afrika.

Volg nou die "christelike beginsels" wat jy aldag hier preek en bring
getuienis vir die beskuldigings en beweringe wat jy dag vir dag maak.

Anders is jy eintlik niks verskillend van die "christelike" tannies wat met
'n woede oor die sedes van die volk ("die eer van die Afrikaner") gewaak het
met hul sensuur nie, nie waar nie? Want net soos hulle, is jy dan net besig
om jou eie subjektiewe norme op 'n wanbeeld van "die Volk" af te dwing op
maniere en met motiewe wat met "christelike beginsels" niks gemeen het nie.

Dis nou tyd vir uithaal en wys.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Die geliefde land [boodskap #15537 is 'n antwoord op boodskap #15469] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Jun 1998 20:07:48 GMT, wrote:
>
> Hier kom dit. Leendert se pogings om die
> skandaal van die apartheidsjare te probeer
> wit was deur die ou krom vinger na al
> die ander plekke in die wereld te wys waar
> dinge ook verkeerd was. Tipiese apartheids-
> vark tegniek, ou Leendert. Net, dit werk
> nie meer nie.
>
Is maar presies net wat jy altyd doen! Maw jy sê al jou vorige
plasings is snert waar jy probeer om die huidige toestand in SA te
witwas deur na foute uit die verlede te gryp. 'n Krommer vinger as
joune is daar nie op hierdie NG nie. Ek is darem bly dat jy daardeur
jouself ook as apartheidsvark beskryf.... Dis nuut. En in jou geval
het dit nog nooit gewerk nie.
Re: Die geliefde land [boodskap #15563 is 'n antwoord op boodskap #15536] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Jun 1998 02:43:13 +0300, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>

Sy het Leendert. En haar man het ook. En Hendrik Verwoerd ook. En John
Vorster ook. Hulle het die "Leendert-vrae" gestel.

En die logiese het gevolg.

En hier sit jy na die feit en jy vra weer/steeds die vrae.
Re: Die geliefde land [boodskap #15564 is 'n antwoord op boodskap #15469] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi heeft geschreven in bericht ...
> On Thu, 4 Jun 1998 02:43:13 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> en kragtig?>>
>
> Sy het Leendert. En haar man het ook. En Hendrik Verwoerd ook. En John
> Vorster ook. Hulle het die "Leendert-vrae" gestel.
>
> En die logiese het gevolg.

Ah, Ferdi!

Ek weet jou logiese vermoëns is min of meer beperk tot twee aksiomas: Alles
wat die ANC doen is bewonderenswaardig, en alles wat VANC (voor ANC) gebeur
het is boos.

Maar oortref jouself en verduidelik tog vir my die logiese verband waarna jy
hierbo verwys as jy skryf "En die logiese het gevolg".

Vriendelike groete, Leendert

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Die geliefde land [boodskap #15565 is 'n antwoord op boodskap #15469] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes: >

>> In watter mate kon die beskikbaarheid van so 'n "ikoon" (met sy
>> onteenseglike literêre waarde) oor die Suid-Afrikaanse omstandighede dien om
>> die aandag te fokus op Suid-Afrika? Sodat die aandag afgelei kon word van
>> soortgelyke omstandighede in ander wêrelddele (bv Indië)?
>
> Hier kom dit. Leendert se pogings om die
> skandaal van die apartheidsjare te probeer
> wit was deur die ou krom vinger na al
> die ander plekke in die wereld te wys waar
> dinge ook verkeerd was. Tipiese apartheids-
> vark tegniek, ou Leendert. Net, dit werk
> nie meer nie.

Ek het jou 'n eerlike vraag gevra, Gloudina. Jy is die een wat die term
"ikoon" rondgooi. Ek wil weet hoe hierdie ikoon van "Cry the beloved
country" funksioneer. Watter deel van die reaksie het gespruit uit die
feitelike gegewe waarbinne die boek afspeel en watter deel het gespruit uit
die skande van ander wat hulle op Suid-Afrika geprojekteer het.

Verduidelik asseblief, en moenie so wriemel nie. Jy gaan nie hieruit loskom
nie. Jy weet mos van "ikone".

>> Terwyl jy besig is: vertel bietjie van die konstruk "ikoon" wat jy so graag
>> gebruik - byvoorbeeld, hoe een ding 'n simbool kan word vir gans ander
>> dinge, 'n "knoppie" wat mens kan druk om magte los te maak wat in die
>> teikengehoor aanwesig is. Verduidelik ook sommer die aanwending van sulke
>> "ikone" in propaganda.
>
> Sal ek vir jou vertel van al die "ikone"
> wat sekere soort Afrikaners gebruik het
> in die afgelope eeu om Afrikanerskap te
> skaak van daardie mense wat nie wou val
> vir die party line van die rassehaters
> nie. Totdat hulle aan die einde van die
> eeu onder huisarres geplaas moes word,
> in tronke opgesluit moes word.

Vertel, asseblief. Van die "ikone" waarna jy hier verwys.

>>> Mevrou Malan se man was 'n predikant. Die man wat die
>>> eerste stene gelê het in 'n beleid wat vir veertig jaar die lot
>>> van die nie-blanke bevolking al dieper en dieper in die ellende
>>> gedompel het.
>>
>> Kan jy asseblief die aard van hierdie "ellende" omskryf
>
>
> Leendert, Leendert.
> Cry the beloved Afrikanerdom, waar daar nog
> mense is wat op hierdie stadium nog hierdie
> vraag kan vra.

Dit is juis nou dat hierdie vraag gevra moet word. Dis maklik om dag in en
dag uit hier te skreeu "ellende, ellende" en "skande, skande" en
"apartheidsvark".

Maar dit plaas jou onder verpligting om jou konstrukte van "ellende" en
"skande" te operasionaliseer sodat jou aanklagte beoordeel kan word.

Jy het nou beweer dat die "nie-blanke bevolking" van SA na 1948 vir 40 jaar
toenemend in "ellende" gedompel is. Verduidelik dit aan die hand van
duidelike maatstawwe.

> En moenie kom en spog dat apartheid die
> lewensverwagting van die kleurlingman
> met 15 jaar verhoog het nie. Almal se
> lewensverwagting het in die tweede deel
> van die twintigste eeu verbeter.

Nee. Wit Afrikaanse mans se lewensverwagting het nie so veel verbeter as die
van "kleurling"-mans nie. Maar jou bewering is dat "nie-blankes" na 40 jaar
in groter ellende was as in 1948. 'n Lewensverwagting wat met 15 jaar
verbeter lyk beswaarlik na 'n teken van groter "ellende" in absolute terme.
'n Verkleinde gaping tussen die lewensverwagting van wit Afrikaanse mans en
"kleurling"-mans lyk ook nie na relatief groter "ellende" nie.

Jy het nog niks gevorder om jou bewering te bewys nie, Gloudina.

> Wat sal
> jy nog mee opkom om te probeer bewys dat
> apartheid eintlik nie so 'n slegte ding
> was nie?

Ek probeer nie om enigiets aangaande apartheid te bewys nie. Die bewyslas is
op jou, ou ding!

Ek probeer om die gronde te bepaal waarop jy beweer dat die "nie-blanke
bevolking" van SA vir die veertig jaar na 1948 toenemend in ellende gedompel
is.

Jy het nog geensins daarin geslaag om enige steun vir hierdie bewering te
verskaf nie. En om bloot te skreeu "apartheidsvark" het nie baie
oortuigingswaarde in hierdie verband nie, weet jy?

Of is dit bloot dat jy nie jou bewering kan bewys nie? Was jy maar net besig
om nog 'n "ikoon" daar te stel?

Baie vriendelike groete, Leendert
Re: Die geliefde land [boodskap #15590 is 'n antwoord op boodskap #15469] Sa, 06 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 4 Jun 1998 02:43:13 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> en kragtig?>>
>
> Sy het Leendert. En haar man het ook. En Hendrik Verwoerd ook. En John
> Vorster ook. Hulle het die "Leendert-vrae" gestel.
>
> En die logiese het gevolg.
>
> En hier sit jy na die feit en jy vra weer/steeds die vrae.

Ek weet nie of Malan, Verwoerd en Vorster dieselfde vrae gestel het nie.

Maar ek merk op dat die antwoorde steeds uitbly.

Hoe het die lewensverwagting van die verskillende bevolkingsgroepe met
mekaar vergelyk en met die res van Afrika en in ander wêrelddele in 1948 en
in 1994, Ferdi?

En die sterfetsyfer onder kinders, die geletterdheidsyfers, onderwysvlakke,
selfmoordsyfers, stressverwante toestande, besit van motors en telefone,
beroepe beoefen?

Vertel bietjie, Ferdi!
Re: Die geliefde land [boodskap #15591 is 'n antwoord op boodskap #15469] Sa, 06 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...

> Jy weet ou Gloudina - somtyds wonder ek of jy 'n gesplete persoonlikheid
> het. Sodra iemand moan oor die kriminele in SA is jy gou-gou by om te
> verwys na Miami of Haarlem ens. Dan beskuldig jy ander mense dat hulle
> dieselfde taktiek as jy gebruik???

Hmm.... Gesien hoe sy onmiddelik vir Mulder daarvan beskuldig dat hy "die
ikoonknoppies druk"?

Dis natuurlik haar forte.

>
> Jy moet beslis in die politiek in gaan - jou geheue is kort genoeg.

Skerp en sekuur, lou! Staan jy dalk ook bekend as "Mamba"?

Groete, Leendert
Re: Die geliefde land [boodskap #15645 is 'n antwoord op boodskap #15469] Ma, 08 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 05 Jun 1998 19:26:11 GMT, oos...@geocities.com wrote:
> Ek weet jou logiese vermoëns is min of meer beperk tot twee aksiomas: Alles
> wat die ANC doen is bewonderenswaardig, en alles wat VANC (voor ANC) gebeur
> het is boos.

En joune, Leendert, is beperk tot: Hendrik Verwoerd was 'n goeie man
wat goeie dinge gedoen het en alles wat swart mense is gesag doen, is
sleg.

> Maar oortref jouself en verduidelik tog vir my die logiese verband waarna jy
> hierbo verwys as jy skryf "En die logiese het gevolg".

Dit het om jou gebeur. En dit gebeur steeds in jou denkwyse.
Vorige onderwerp: TOETS
Volgende onderwerp: Suid-Afrika = Disney Land
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 23:31:02 MGT 2024