Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » Hygromans
Hygromans [boodskap #15510] Wo, 03 Junie 1998 00:00
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek ondervind probleme met die diensverskaffer - al my plasings verdwyn. Ek
vra dus onverskoning as hierdie plasing meer as een keer verskyn. Het uit
radeloosheid nou die "Re:" vooraan uitgelos.

@igs.net wrote in article ...
>
> Maar dit nou daargelaat. My man sê toe vir my hy
> dink ek maak 'n fout om te dink dat Harlequins "hyg-
> romans" is. Hy dink dat as hulle van hygromans praat
> in Suid-Afrika, dan bedoel hulle baie meer eksplisiet-
> seksuele geskrywery wat aan pornografie grens liewer
> as bloot erotiese letterkunde. Ek het gedink oor wat hy
> sê en hom uiteindelik gesê ek dink hy is reg.

Hyg romans is inderdaad die Afrikaanse ekwivalent van Mills en Boons en
Harlequin.

> Ek kan egter nie glo dat 'n mens soos Griet, wat sê
> sy is 'n sosioloog, pornografiese geskrywery bedryf nie.

Ek het voorheen al vir jou verduidelik dat die lewe in kompartemente
ingedeel is. So is Henri nie 'n leeglêer wat heeldag by hardekool vure sit
nie; so was Thomas Baines nie net ingenieur nie maar ook skilder, ens. Ek
beskou myself nie as 'n bekroonde skrywer nie. Hou net van goeie stories
en skryf dit als neer as kontrei/streek vertellinge.

> Miskien is die term "hygroman" iets vreemds vir my?
> Wil iemand vir my verduidelik wat 'n hygroman is?

Dit is tans die top-verkoper boeke in Afrikaans, soos Henri tereg vermeld
het.

> Ek kan ook nie glo dat wat Griet op die nuusgroep
> gepos het, enigsins bedoel was om mense seksueel opge-
> wonde te maak nie. Vind mense hierdie soort geskryf
> seksueel stimulerend? Vir my was dit nie eens baie snaaks
> nie.

Die stoepstories is inderdaad nie as pornografie, hygroman, formikering, of
seksuele stimulis bedoel nie. Dit kan beskou word as " streek vertelling
wat telkens uit die plattelandse wereld spring....en in die verlede selfs
aangesluit het by eksistensiële filosofie. Binne die partikulêre
streeksmilieu" - ontleen aan 'n resensie van Abraham H de Vries se boek:
"Skaduwee tussen skaduwees"

In hierdie genre word nog skrywers soos Jan Spies, Kerneels Breytenbach,
Sue van Waart en vele meer aangetref. Ek kan nie nou almal onthou nie.
Onlangs het baie sulke vertellinge verskyn oor Hentiesbaai en sy mense,
ens. Tolla se stories wat aansluit by die Spies en Plessis-tv program,
asook die meer onlangse program "Maak 'n las" val almal binne hierdie
genre. Antjie Krog se ma, Dot Serfontein, het graag oor haar wêreld (
Kroonstad) en sy mense geskryf.

Die Stoepstorie vertelling demonstreer ook 'n ander nuwe verskynsel in
Afrikaans, en ek haal hier vir jou aan uit 'n resensie oor Kaapse
Straatpraatjies", waarvan Mohammed Adhikari die redakteur is:

"Afgesien van die sosio-poltieke kommentaar is dit eintlik die
Praatafrikaans van die rubriek wat 'n mens boei. Dit weerspieël 'n
taal-atmosfeer wat juis nou vir die leser van belang is, dit gee iets weer
van 'n stuk Afrikaans wat alte gemaklik in die verlede afgemaak is of
Afrikaans wat as nie-standaard geïgnoreer kon word."

Ander aspekte wat met Stoepstories bedoel is, is dat daar 'n magtige klomp
vroue nou in Afrikaans skryf oor alle norme en waardes van die samelewing.
Voorbeelde:
1)Dalene Mathee: Susters van Eva, die Bos-trilogie ( Kringe in 'n bos,
Moerbeibos; Fiela se kind)
2)Maritha van der Vyver: Griet skryf 'n Sprokie, Die dinge van 'n Kind;
3)Marlene van Niekerk: Triomf;
4)Maretha Maartens: Ruitevrou;
5)E.K.M.Dido: Rugdraai en Stilbly, ( eerste bruinvroue skryfster in
Afrikaans. baie opwindend.) Haar tweede roman verskyn nou binnekort.
6)Rachelle Greeff: Al die windrigtings van my wêreld; sy het ook die
bundel" Dogters van Afrika" saamgestel.
7)Rika Celliers: Spirakel;
8)Lettie Viljoen: Landskap met vroue en slang;
9)Hannie Maritz: Tien blou krale en drie lemoene;
10) Jeanne Goosen;

Ek wens ek kon vir jou meer opnoem. Daar is 'n opwindende klomp boeke
beskikbaar, maar ek kan nie almal onthou nie, en het ook nie almal gelees
nie.

Ten slotte: Moenie vir my stout dinge leer nie ( jou en Bill Clinton se
dinge) ek was onder die ondruk 'n blowjob is 'n drankie. Gloudina, en nou
wil jy voorgee ek is die stoute een : - )

Nee wat, ek sê nog altyd, gee vir my Flaubert en
> Balzac en Henry James en Charles Herman Bosman en
> 'n paar van dié snare en hou julle hygromans, wat dit
> ook al is.
Ja ek stem saam, ek lees liewer die bostaande as 'n hygroman. Terloops, 'n
verstommende aantal letterkunde skrywers skryf onder skuilname hygromans.
Madame de Bovary ( die Franse weergawe) is die naaste wat ek aan Flaubert
gekom het.
Groetnis hoor.

--
sand...@global.co.za

--
sand...@global.co.za
Vorige onderwerp: De Kat opname: Waar is Afrikaners se koppe vandag: Help asb
Volgende onderwerp: de Kat op die Web
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 05:07:34 MGT 2024