Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes
Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15156] Ma, 25 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Spesiaal vir Henry. Hier is 'n bietjie dorpspret. Jammer vir die lengte.

Ons dorp het 7000 inwoners, en is een van daardie waardeur 'n mens toer af
see se kant toe - na George, Hartenbos, Knysna, Plettenbergbaai, ens.

Ek dog toe, na ons partytjie houery, kan ons 'n bietjie kuier op die
verskillende plekke in S.A. Dis nou vir die wat lus het. Weens die aard van
ons sosiale gedrag, kan ek nie die naam van ons plek bekend maak nie.
Geniet maar die stories.

Ons dorp het 'n kroeg, 'n gholfbaan, 'n hospitaal, 'n kerk 'n paar winkels,
en so meer. Almal weet van almal. So kom dit toe dat die stasiemeester se
matriekdogter swanger raak, en die hele rugbyspan dagvaar vir onderhoud -
die reserwes ingesluit. In die kroeg vergader al die manne toe en skree
wreedaardige teen-aanvalle uit oor die "here sewentien" se laakbare gedrag,
en die volgende oomblik staan 'n joernalis van Rapport in die deur en wil
onderhoude voer. Wat die kroeg toe in 'n vergadering van waardige pappas by
'n doopplegtigheid verander. Druipstert is die man toe maar uit die dorp
uit, want niemand weet van die here sewentien nie, en het nog nooit van so
iets op die dorp gehoor nie.

Die manne pak toe hulle familiejuwele op die toonbank uit, en die kroegman
moet nou sê wat het die here sewentien dan, wat hulle nie het nie, en 'n
kampioen word daar aangewys. Dis nou nadat Jimmy toe vir Anton aan die
kroonjuweel byt.

Intussen kom een van die winkeliers, met die bynaam "Spanner", tot
bekering toe sy vrou 'n verhouding met die nuwe dokter aanknoop. Wat 'n
aardigheid, toe spanner met die Bybel onder die arm, en al sy byvroue
pruimbek in afsondering gedompel, besluit om die hele dorp van al hierdie
Boosheid te verlos. So loop hy van kroeg toe gholfklub tot rolbalbaan tot
kerkraadsvergadering en preek die manne uit hulle hormoon wanbalanse uit.

Intussen besluit die telefoontegnikus se vrou om die oujongkêrel posmeester
se wortel aan die kennis van goed en kwaad bekend te stel. Mensig, en dis
toe dat Spanner, nou al goed geskool, lont ruik van die boosheid, en die
twee begin te agtervolg. Neem toe vir posmeester se ma en pa saam.

Tant Gerty is die voorste kerkvrou met die bakkery vir die kerkbasare en
als, met sulke blink vloere en heiliger-as-almal uitkyk op die lewe. Maar
as Griet by haar kom kuier op die plaas, wat selde gebeur het, is dit net
so goed die Hoof-engel van Gabriël het opgedaag. Dan moet daar nou opsluit
vir Griet pampoenstukke agter die varkhok opgetel word. Daar gekom, gryp sy
Griet se Perillys-Superlenght van London, en sy double clutch die bleddie
sigaret, dat Griet haar moet huis toe sleep dra. En dis 'n helse stuk vleis
om te beweeg.

Dan sê Griet altyd: "Tant Gerty, luister, ek is nie haastig nie, ons kan
rerig maar 'n bietjie langer hier agter die varkhok kuier. Rook tog maar
rustig die ou sigaretjie." Maar nou weet julle hoe is 'n verslaafde wat
onttrekkingssimptome het. Daar's g'n salf te smeer nie.

Haar ou manlief glip skelmpies elke Dinsdag by Griet se vriendin in die
spreekkamer in, en vra dan vir die dokter pilletjies vir goed wat nie meer
wil styf word nie, en dan is daar ander goed wat styf is wat nie meer wil
slap word nie, en kan dokter asseblief help. En dokter sê tong-in-die-kies,
dat oom Giep witblits moet probeer. Dit het ouma se koei op die plaas van
stywe siekte gered, en nou word verneem dat dit vir slap siekte ook help.
En daar kry oom Giep toe sommer uit die perd se bek toestemming om die
turksvye op die plaas te stook. Hoof-ouderling en al.

Ewent' wil, Spanner kry toe vir tant Gerty en manlief om te kom aanskou wat
hulle seun mee besig is, en betrap toe die telefoontegnikus se vrou en
posmeester in 'n baie besige postransaksie. Dit stamp en stoot en
posmeester gil jubelend van al die nuwe druk-tegnieke. Dis 'n aardigheid
waarop die arme mense toe afkom.

Tant Gerty val flou. Spanner en dominee moet haar lawe en daar uitdra, en
oom Giep gaan sit op sy knieë langs die bed, en huil die dam onder die
ganse uit oor die goeie ou dae, die verlange onbedekt op die gesig
uitgegraveer. En Spanner, nou hoog-engel Spanner deur die dorp gedoop,
staan buite rond soos die hoof hoer wat 'n hofsaak gewen het.

Griet word in die straat voorgekeer deur die telefoontegnikus, en word uit
die bloute vertel van vrou-lief se skandes. Ai tog, Griet wou eers lag,
maar die man was naby aan selfmoord. Hoor toe sommer dat vrou-lief vir
Frans, die ander winkelier ook onder hande gehad het. Tref die bleddie lig
toe vir Griet tussen die oë.

Elke Sondagaand as Griet die kinders by die skoolbus afgelaai het, word die
Rapport, en die Sunday Times ( wat hy spesiaal vir ons op die naburige dorp
gaan haal het) by Frans se kafee gekoop. Dan helder Frans se gesig op as
Griet instap, want dis die enigste persoon wat na Jim Reeves wil luister
saam met hom. Dan huil ons nou eers 'n goeie entjie saam met Jims, en Griet
voel so ellendig sleg oor Fransie se hare wat so nat oor die voorkoppie
hang, en die hempie wat so verwaarloos oor die boudjies uitstrek. Dis oor
die telefoontegnikus se vrou wat hom vir die posmeester gelos het....

Nou sê die reusagtige grote telefoontegnikus dat Griet tog vir Spanner moet
gaan opmoer. En Griet sê, nee ek kan dit nie meer doen nie want Spanner is
nou een van my beste buurmanne, in die straat waar daar 'n dorpshuis besit
word. Ons het soort van vrede gemaak.

Dis nou nadat hy elke aand 'n swembad in sy erf in begin boor het, nadat
die dorp se swembad "oopgestel" is. Die hele dem dorp is op 'n na-bank
geleë, en die man dril toe van sons- ondergang tot sons-opkoms vir byna
drie maande lank om die dam gemaak te kry.

Die hele buurt is toe al in 'n min slaap beseringstyd in, want saam met die
gedril hou Spanner nog partytjie ook, en jaag met sy bywywe al om die dorp,
al om die dorp op sy vreeslike groot motorfiets, dat hoor en sien vergaan
elke nag.

Toe pluk Griet se moer een oggend drie uur, en sy lê hom voor met 'n paar
halwe bakstene toe hy die straat af geraas kom, en gooi toe die Rotweiller
troetel amper dood, wat die eerste ent altyd saam hardloop en blaf. Toe
tref sy vir koekie op die boud met die tweede baksteen, en Spanner wil daar
en dan vir Griet vreeslik hard slaan.

Toe vat Griet 'n leer en klim teen sy diesel tenk uit, met 'n 2,5 kg pak
suiker terwyl, Spanner al skellend hoor hoe sy ma 'n groot poef groot
gemaak het wat sy met sy geboorte uitgedruk en vir 'n baba aangesien
het....

Daar en dan begin Spanner toe huil en smeek, en die bure, wat toe met 'n
petisie onder die leer staan en juig, dwing toe vir Spanner om te teken, en
Griet klim triomfantlik van die leer af.
Die petisie bepaal toe onder andere dat hy, as dorpsraadslid, sy werf moet
opruim ook, want hy stel 'n slegte voorbeeld vir die dorp..............

So met die vrede wat oor die dorp neerdaal, steek 'n nuwe riller kop uit
oorkant die straat by die Stroebels.

Die lewe in die dorp het Jan se pioniersgees niks goeds gedoen nie. Sy
geliefde perde met die spoggerige donkiekar moes agter bly, toe hulle van
die plaas af dorp toe verhuis.Hy het verlang na die dounat reuk van die
wide malvas, die wilde dagga, kruisementbos en Perde-pis. In die laatnag,
as die oostewindjie van die see se kant af instoot, was die reuk van
klamgrond en kraalmis wat bokant die kraalmure uitstyg ,en op die voorstoep
kom luimer, soos lafenis en voedsel vir die honger gees. En hy mis dit
vreeslik.

Op die dorp het hy bedags in die strate rondgedwaal, of plat op sy maag in
die agterwerf se klipgrond rondgelê, met sy Dinky Toys en sy paadjies. Dan
het hy broemend deur die Karoobossies teruggery berge toe, terwyl oom Hans
op die agterstoep in die sonnetjie sit met 'n bak ertappels wat vir tant
Issie geskil moet word. Swygsaam.

Saterdagaande het hy sy grammofoon uitgehaal en sugtend saam met die Briels
op die "trein na Pretoria" geklim. Hy't roerloos op die voorstoep gesit,
die grammofoon met die slinger opgewen, sy versameling '78-plate in
volgorde begin luister, sy oë stip gerig op die donker berge. So sit hy dan
tot ligdag toe. Tot die uiterste knellende frustrasie van die straat se
inwoners. Sy versameling Briels is per slot van rekening indrukwekkend; en
so ook sy Chris Blignauts.

Al luisterend leer die volk van die dorp die haglike smart van mynrampe,
vuil weeskinders wat sterf, n moeder se smart as die loon uitgesuip, of
uitgedobbel word, en smekende Afrikaner kinderhandjies wat in asblikke
ronddwaal vir kos. Die sappige Karoovleis verander in klipharde rubbersole
en die drinkgoedjies, nog erger, gaan soos dik beesbloed in die kele af.

Die feit dat die Volk, na vyftig jaar se groot welvaart, weer met die
armblanke Afrikaner geklap word, is werklik meer as wat enige mens kan
deurstaan!

Dus vlug die Volk nou Saterdagaande hotel toe, solank dit bekostigbaar is
deur die maand. Maar Jan en die Briels wag getrou Saterdagaande vir diegene
wie se geld intussen opgeraak het!

Die grootste wurm wat in sy siel kom vreet het, was tant Issie se geteem
oor die gebadtery! Sy wou hê Jan moes ten minste eenmaal n week bad! As die
Stroebels die oggend onwerig opstaan, weet die ganse buurt dat tant Issie
weer n pad oopskoffel badkamer toe vir Jan en oom Hans.

Vroegoggend, voor sonsopkoms al, begin sy neerhalend navraag doen oor die
muwwe reuk in die huis. Sy sal Jan wakker maak met n koppie koffie, en
neus-in -die-lug al om die bed loop op soek na die reuk met die suur in,
wat die neusholtes laat aanklam. Ritueel gebonde, word Jan se sokkies met
die besemstok opgetel en uitgedra; Die stewels word, wind-af, in die
varslug buite uitgegooi. Dan word die vensters oopgesper en sal tant Issie
vra:

"Dink jy nie jou mufplekke roep om wraak nie?"

Op hierdie gegewe tydstip sal Jan begin vloek en skel, n paar blompotte
breek en by pa gaan hulp soek. Waarop tant Issie net verder sal terugskel.
Oor die grillerige skifsels wat in die bad ronddryf as Jan en oom Hans
gebad het. En dat hulle in Godsnaam asseblief meer moet bad en die bad was
as hulle klaar is!

Op hierdie punt kom oom Hans by en bulder vanuit sy eie slaapkamer dat hy
nie n bloue donner die vetring van die badrant sal afwas nie. Dis Jan se
lieskorrels wat aan die bad vasklou en die vetsmeersel maak!

Op hierdie oomblik kom die son dan op, en is daar in elke kombuis in die
straat n klomp elmboë wat koppe stut, met n klomp oë wat verwese na Bo
smeek! Elke Vrydag se ding ,die!

Met eerste lig in die kombuis, klap tant Issie die koskas se deur dawwerend
toe, en prewel die straatbewoners saam met haar woedende gegil: "Solank
daar nie in hierdie huis gebad word nie, sal daar geen kos gemaak word
nie!"

Dan begin tant Issie se sitstaking, en die twee mans se sielewroeging. Teen
vier-uur die middag het hulle die dorp deurgestap om die innerlike
hongerpyne van twee mans se groot lywe te probeer stil. As hulle die
kastyding nie meer kan verduur nie, stap hulle maar druipstert terug huis
toe. Bad toe!

Vars gebrande koffie en boerbeskuit wag op die stoep vir die twee
skoongeskuurde, skoon geskeerde manne. Op die stoof prut tant Issie se wel
bekende soetpatats met karamelsous, vleis met souskluitjies, bone en
mielies en tant Issie se eie weergawe van 'n Jan Smuts-poeding!

Een Vrydagaand loop dinge egter lelik skeef. Daar was ongelukkig nie
straatgetuies wat die leemtes kon invul nie. Die mense was hot-en-haar
besig om oor-en-weer geld te leen, besittings te verkwansel, en te woeker,
om betyds by die hotel uit te kom.

Daar was egter een buurvrou wat in haar badkamer in die donker skelm gesit
en rook het, toe die eerste kapmeshoue val. Tant Issie en oom Hans het in
die huis rondgehardloop en probeer keer. Dis toe Jan wat beserk geraak het.
Hetsy hormonale frustrasies, of diep verlange; mens sal nooit weet wat
werklik gebeur het nie. Hy wou sy ouers onthoof met die kapmes!

'n Verskrikte 82-jarige tant Issie hardloop by die buurvrou in en
skree:"Bel die polisie! Bel die polisie! Gou!"

Die dorpie is 'n klein dorpie en die polisie kom dadelik. Die polisie,
synde twee jong konstabeltjies aan diens, vars uit die kollege uit, stap
baie beleefd by die voordeur in....en beland vyf sekondes later op hulle
voortande in die straat!

Vyf minute later is die ganse totale polisiemag daar. Almal uit die bed
opgejaag. Hulle skedels word gekraak, winde uitgeskop, arms gebreek, en nie
een kan agterna onthou hoe hulle op hulle alies in die straat beland het
nie. Tant Issie roep weer die buurvrou. "Bel vir Koot! Hy weet hoe om met
Jan te werk."

Koot is n ouer broer. Uit dieselfde bos gekap as al die ander
Stroebelkinders.Toe hy daar aangejaag kom, staan die ganse gemeente,
predikant en landdros ingesluit, in erewag gereed.
Al wat hy sê,is: "As ek se BOEI, dan boei julle," en hy storm die huis daar
in.

Jan sit in n hoek op 'n stoel en hy brul soos n leeu. Koot vra nie vrae
nie, Dreig ook nie. Hy loop net op Jan af, gryp sy grype en draai!. Toe sê
hy: "Nou boei julle!"

Op die manier word Jan tot sy sinne teruggebring. Terwyl hy pyn, sien Jan
tog nog kans om die vangwa aan te val, en die polisiemanne binne-in te
gooi. Dit kos die dorp se mans saamstaan en Jan die aand, padlangs
begeleide doen polisiestasie toe. Te voet. Met die predikant en landdros
vooraan. Koot loop met n seekoei sambok wat hy klap soos geweerskote op die
teer. Teen die tyd dat die tronk bereik word, is die dokter reeds daar en
gereed met n kalmeer inspuiting.

Die volgende oggend word koukus gehou in die dorp. Daar word gesoek na die
sterkste man in om Jan per trein na Valkenburg te vergesel. Die looitjie
val op oom Niek. 'n Man van min woorde, maar onmenslike krag. Jare lank die
busbestuurder van die spoorwegbus die distrik in.

Geboeie aan die bank aan die een kant,en aan oom Niek aan die anderkant,sit
Jan so mak soos n lam op n rerige trein. Gedoof en gedwee. Al is dit nou
ook Valkenburg toe. Vier dae het hy daar deurgebring voor hulle ontdek het
dat hy eintlik in n ander inrigting hoort - waarvoor tant Issie hulle moes
toestemming gee. Wat sy natuurlik geweier het.

Haar kind moes huis toe kom. Daarna was Jan verewig n ander mens. Al wat
gebly het, was sy Dinky Toys en die kalmeerpilletjies wat hy elke dag vir
die res van sy lewe moet neem.

Sê tant Issie agterna: "Die Here slaap nie. Koot se dag sal kom. Daar was
bloed in my kind se piepie. Koot het Jan se toekoms verwoes. Maar ek sê
weer, God slaap nie !"

Wil julle nog hoor.....

Groetnis uit die Oos-Kaap.
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15189 is 'n antwoord op boodskap #15156] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Did laat my dink aan Herman Charles Bosman se stories. Hou so aan !!!!
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15190 is 'n antwoord op boodskap #15156] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"griet" wrote:
>
> Spesiaal vir Henry. Hier is 'n bietjie dorpspret. Jammer vir die lengte.
>

Waar kom jy aan die vreeslike storie? Ek het dit geniet.
Jy vra of ons nog wil hoor? Ja. Ek wil hoor wat rook jy!!!

Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15234 is 'n antwoord op boodskap #15156] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> "Griet" writes: >
>
>> Toe breek die moleste by die ouetehuis uit. Eers dring die ANC –
>> burgermeester, 'n gewaardeerde inwoner van die plakkerskamp, daarop aan dat
>> die N.G.Kerk ouetehuis nou 'n staatsinstelling moet word, en vir almal plek
>> moet maak. Dit laat die Kerkraad toe 'n nuwe Afrikaanse Woordeboek saamstel
>> ( nogals in sakboek-formaat), wat goed-opgevoede mense nie sal verstaan
>> nie.
>
> Die Kanadese tannie begin wonder
> wat die ou agendatjie is. Om so
> onder die tafel die burgemeester
> te beswadder? En hoekom hoor ons
> nou net van die seksuele manewales?
> Wonder wat die ou agendatjie is.
> Tannie is in alle geval al lankal
> in die land en ken die mensdom
> baie goed. Tannie ken die Afrikaner
> heelwaarskynlik net so goed of
> beter as jy. Moenie vir Tannie
> onderskat nie. Tannie het self
> in 'n baie klein dorpie groot-
> geword. Op die walle van 'n
> gro-o-o-t rivier. Genoemd die
> Gariep. Waar die Oranjerivier-
> lelies groei. En waarin daar
> diamante afspoel.
>
> Die Tannie af die diamant-
> wereld af.

Ja Tannie Kanaal Aap, dis mos hoeka hoe hulle die spul noem wat daar
kort duskant die Eiland by die kanaal groot geword. :)

Doet so voort Griet, die ANC burgemeesters het al 'n hele paar stories
tot die afrikaanse storie skat bygedra en hulle is hier om te bly.

CHeers
LOu
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15235 is 'n antwoord op boodskap #15156] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
bi...@mgenerations.net wrote in article ...
> In article ,
> "griet" wrote:
>>
> Waar kom jy aan die vreeslike storie? Ek het dit geniet.
> Jy vra of ons nog wil hoor? Ja. Ek wil hoor wat rook jy!!!
>
> Billy.
>
Perillys Superlength of London. Hier's nog 'n bietjie. Geniet dit.

Toe breek die moleste by die ouetehuis uit. Eers dring die ANC –
burgermeester, 'n gewaardeerde inwoner van die plakkerskamp, daarop aan dat
die N.G.Kerk ouetehuis nou 'n staatsinstelling moet word, en vir almal plek
moet maak. Dit laat die Kerkraad toe 'n nuwe Afrikaanse Woordeboek saamstel
( nogals in sakboek-formaat), wat goed-opgevoede mense nie sal verstaan
nie.

Die matrone beplan toe 'n oorsese toer om die stresvlakke af te bring, en
daag toe een oggend by Griet op vir hulp met die klerekas beplanning en so
aan. Stres toe iets aller verskrikliks oor die gebeure van die vorige twee
dae.

Eers vergeet tant Hannie die interkom in haar kamer aan, en moet die hele
ouetehuis luister na haar en oom Koos se gegrawe na wortels, en so aan. Toe
kla tant Bettie dat matrone nie wil aandag skenk aan haar 82-jarige ou man
se gedwaal na ander dames se kamers nie. Hierop besluit sy toe om tog maar
te gaan kyk wat die ou man in tant Lisa se kamer doen, waarop sy die
twee'tjies toe vreeslik verras, en die held van die storie die oggend toe
die lewe verlaat, net daar op tant Lisa, ag ek bedoel, die plek. Nou
bekommer matrone haar oor die dokter wat nog steeds sukkel om die glimlag
van die oorledene se gesig af te kry, voor die familie hom kom groet.

Toe moet sy weer die begrafnis-ondernemers kontak – twee keer in 12 ure.
Die vorige aand het oom Maurits vir tannie Anna buite die dorp na die dam
toe geneem vir 'n piekniek, wat toe inspirasie put uit die vars lug en toe
ook sommer ander inspirasie kry. Ai wat 'n treurigheid. Tant Anna gaan,
net toe oom Maurits kom. Kry Oom Boet, die tandarts, toe vir windverwaaide
oom Maurits, poedelnakend langs die groot pad afhol, tant Anna se
onderkleertjies styf om die nek gedraai. Dit was nou vir jou 'n ding.

Maar Griet moes toe verskoning vra en vertrek, om oorsese
ontwikkelingsbeleggers te gaan ontmoet wat 'n kerkgemeenskap wil besoek.
Die agtergeblewe gemeenskap sukkel met 'n water-en rioleringsprobleem op
kerkgrond. Ingenieurs kom doen die opmetings, en internasionale befondsing
word gereël.

Die besoek veroorsaak toe amper dat die hoofdissipel, na 40 jaar se getroue
diens, sonder 'n afskeidspaartie in die pad gesteek word.

Terwyl die ingenieurs binne die kerksaal met die mafia-alias-kerkraad
onderhandel, hardloop die hoofdissipel buite om die saal en verwilder die
gemeentelede, omdat hy nie wil hê die ontwikkeling moet plaasvind nie. Trap
toe sommer die raadslid ook uit. Die gemeente is woedend, en wil vir engel
Gabriël daar en dan stenig.

Daag Griet op hierdie oomblik met die oorsese geldmense daarop, en dog toe
die priester lyk dan nou al te veel soos 'n vlooi wat sy hond verloor het.
Hy word toe ingelig oor die befondsing wat vir die ontwikkeling van
water-en kragvoorsiening, asook die elektriese bedrading van die skole
ontvang is, en die doods-engel besef toe dat daar heelwat meer bollie aan
die waaier vassit, as wat hy wou gehad het. Stap toe van huis tot huis om
gemoedere te kalmeer.

Die aanwesiges binne in die saal is toe erg senuagtig en weet nie hoe om
vir eerwaarde tot bedaring te bring nie. Daar en dan word besluit om die
sagte ou lyfie 'n drukkie te gee, en hom in moedersinstink te verdrink, en
almal hef daar 'n swanesang vir die man aan. So stap Griet toe dikpelle met
eerwaarde daaruit en belowe al die starende oë weer reg-uit visie sodra die
geleentheid hom voordoen.

Nee Billy, dis nie 'n storie nie. Daarom kan die dorp se naam nie genoem
word nie. In my werk, soos vir tannie Kanada verduidelik, is op alle vlakke
van menswees. Jy't gedink jy ken die Afrikaners, ne. Hierdie is maar net
'n "introduksie" van 'n paar ander fasette van die klomp. Maak die lewe
nogal heelwat interessanter, dink jy nie so nie .As jy nog wil hoor. Laat
weet.
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15236 is 'n antwoord op boodskap #15156] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes: >

> Toe breek die moleste by die ouetehuis uit. Eers dring die ANC –
> burgermeester, 'n gewaardeerde inwoner van die plakkerskamp, daarop aan dat
> die N.G.Kerk ouetehuis nou 'n staatsinstelling moet word, en vir almal plek
> moet maak. Dit laat die Kerkraad toe 'n nuwe Afrikaanse Woordeboek saamstel
> ( nogals in sakboek-formaat), wat goed-opgevoede mense nie sal verstaan
> nie.

Die Kanadese tannie begin wonder
wat die ou agendatjie is. Om so
onder die tafel die burgemeester
te beswadder? En hoekom hoor ons
nou net van die seksuele manewales?
Wonder wat die ou agendatjie is.
Tannie is in alle geval al lankal
in die land en ken die mensdom
baie goed. Tannie ken die Afrikaner
heelwaarskynlik net so goed of
beter as jy. Moenie vir Tannie
onderskat nie. Tannie het self
in 'n baie klein dorpie groot-
geword. Op die walle van 'n
gro-o-o-t rivier. Genoemd die
Gariep. Waar die Oranjerivier-
lelies groei. En waarin daar
diamante afspoel.

Die Tannie af die diamant-
wereld af.
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15271 is 'n antwoord op boodskap #15156] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 27 May 1998 21:28:15 GMT, wrote:

> Die Kanadese tannie begin wonder
> wat die ou agendatjie is.

...onlangs spreek Gloudienks groot kritiek uit oor die gebruik van die
verklein vorm ....

> Om so
> onder die tafel die burgemeester
> te beswadder? En hoekom hoor ons
> nou net van die seksuele manewales?
> Wonder wat die ou agendatjie is.

... mense doen dit deesdae nog, Gloudina ....

> Tannie is in alle geval al lankal
> in die land en ken die mensdom
> baie goed.

Al vergeet waarvan hier geskryf word...?

> Tannie ken die Afrikaner
> heelwaarskynlik net so goed of
> beter as jy.

..Drink jou pille, drink jou pille ...! Jy yl.

> Moenie vir Tannie
> onderskat nie. Tannie het self
> in 'n baie klein dorpie groot-
> geword.

... waar die kwaaddoen so ongemerk plaasvind - en nie terwyl ds in die
omgewing is nie ....!
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15272 is 'n antwoord op boodskap #15156] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
> die ANC burgemeesters het al 'n hele paar stories
>> tot die afrikaanse storie skat bygedra en hulle is hier om te bly.
>
> Jy bedoel die ANC burgemeesters?
> Die Afrikaners-wat-dink-hulle-is-
> so intelligent en gesofistikeerd
> emigreer mos nou.

Dis mós wat ek gesê het "ANC burgemeesters"? Miskien moet jy beitjie
verduidelik wat jy bedoel?
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15273 is 'n antwoord op boodskap #15156] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Lees weer die onderwerp. Lees meer weer al die plasings. Jy mis iets, soos
gewoonlik. Jy't nog baie te leer oor paternalistiese vergrype (toilette in
die veld 'n roerende voorbeeld) Sosiale ingenieurswese en sosiale
ontwikkeling is twee konsepte.
Objektiwiteit en subjektiwiteit se agendas is ook pole verwyderd van
mekaar. Lees en leer.

@igs.net wrote in article ...
> "Griet" writes: >

> Die Kanadese tannie begin wonder
> wat die ou agendatjie is. Om so
> onder die tafel die burgemeester
> te beswadder? En hoekom hoor ons
> nou net van die seksuele manewales?
> Wonder wat die ou agendatjie is.
> Tannie is in alle geval al lankal
> in die land en ken die mensdom
> baie goed. Tannie ken die Afrikaner
> heelwaarskynlik net so goed of
> beter as jy. Moenie vir Tannie
> onderskat nie. Tannie het self
> in 'n baie klein dorpie groot-
> geword. Op die walle van 'n
> gro-o-o-t rivier. Genoemd die
> Gariep. Waar die Oranjerivier-
> lelies groei. En waarin daar
> diamante afspoel.
>
> Die Tannie af die diamant-
> wereld af.
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15274 is 'n antwoord op boodskap #15156] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

die ANC burgemeesters het al 'n hele paar stories
> tot die afrikaanse storie skat bygedra en hulle is hier om te bly.

Jy bedoel die ANC burgemeesters?
Die Afrikaners-wat-dink-hulle-is-
so intelligent en gesofistikeerd
emigreer mos nou.
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15275 is 'n antwoord op boodskap #15156] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes: >

> Lees weer die onderwerp. Lees meer weer al die plasings. Jy mis iets, soos
> gewoonlik. Jy't nog baie te leer oor paternalistiese vergrype (toilette in
> die veld 'n roerende voorbeeld) Sosiale ingenieurswese en sosiale
> ontwikkeling is twee konsepte.
> Objektiwiteit en subjektiwiteit se agendas is ook pole verwyderd van
> mekaar. Lees en leer.


Och, ek het seker iets gemis. Vir my is die
stories amper geheel en al oor mense wat
fornikeer. Wat is nou so snaaks daaraan.
Die storie van Henri Burger oor die
slang en die kar se band het meer seksuele
energie vir die leser. Fornikeer is nie
meer snaaks nie. Vra vir Bill Clinton.
Die meeste mense in die VSA is meer
geinteresseerd in die ekonomie as of
Bill Clinton dit nou gedoen het of nie.
Word wakker. Hierdie is die nineties.
Ten minste in Noord-Amerika.
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15327 is 'n antwoord op boodskap #15156] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 May 1998 09:54:44 +0200, lou <lo...@hotmail.DING.com> wrote:
<<>Doet so voort Griet, die ANC burgemeesters het al 'n hele paar stories
> tot die afrikaanse storie skat bygedra en hulle is hier om te bly. >>

Waar kan 'n mens die boek koop?
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15328 is 'n antwoord op boodskap #15156] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 28 May 1998 17:27:54 GMT, wrote:

> Och, ek het seker iets gemis. Vir my is die
> stories amper geheel en al oor mense wat
> fornikeer.

Sies man, is dit nou al wat jy raaksien?? Aggenee, kyk daarby verby
en hou op om dit op te blaas tot 'n issue! Jou fokus daarop maak dit
nou onsmaaklik.

> Wat is nou so snaaks daaraan.

...dis die werklike lewe ... dit gebeur .... netso...

> Die storie van Henri Burger oor die
> slang en die kar se band het meer seksuele
> energie vir die leser. Fornikeer is nie
> meer snaaks nie. Vra vir Bill Clinton.
> Die meeste mense in die VSA is meer
> geinteresseerd in die ekonomie as of
> Bill Clinton dit nou gedoen het of nie.
> Word wakker. Hierdie is die nineties.
> Ten minste in Noord-Amerika.
>
>
>
Nou's die VSA weer goed genoeg vir die ou tannie om ons voor te hou as
voorbeelde van moraliteit - hoera!!!! (.... seker vanmore die
regte pille gedrink....)
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15380 is 'n antwoord op boodskap #15156] So, 31 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
> >
> > On Wed, 27 May 1998 09:54:44 +0200, lou <lo...@hotmail.DING.com> wrote:
> >
> > <<>Doet so voort Griet, die ANC burgemeesters het al 'n hele paar stories
> > >tot die afrikaanse storie skat bygedra en hulle is hier om te bly. >>
> >
> > Waar kan 'n mens die boek koop?

Watter boek? Gaan na die CNA http://www.cna.co.za :) of probeer
http://www.amazon.com :D of as jy nou rerig raadop is gaan na die Beeld
en lees hulle boek resensies :B
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15471 is 'n antwoord op boodskap #15156] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Atlas`  is tans af-lyn  Atlas`
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 28 May 1998 17:20:55 GMT, wrote:

> lou writes:
>
>
> die ANC burgemeesters het al 'n hele paar stories
>> tot die afrikaanse storie skat bygedra en hulle is hier om te bly.
>
>
> Jy bedoel die ANC burgemeesters?
> Die Afrikaners-wat-dink-hulle-is-
> so intelligent en gesofistikeerd
> emigreer mos nou.

Sommig van hulle wil emigreer omdat hulle nie die sinnelose geweld kan
verwerk nie. Al ooit daaraan gedink? My broer is so 'n maand gelede
deur 3 mans oorval. Een het hom met 'n mes gedreig, die ander het
hom blou geslaan, en die derde het 'n rewolwer teen sy kop gedruk net
sodat sake 'n bietjie gladder kan verloop. Vir wat? Jip, 'n hele R10
en 'n gymhanddoek. Ek dink in Kanada kan jy nog in meeste areas gym
toe draf sonder om doodgedonner te word. Moet asb. nie terugskryf
deur te sê dat dit daar ook kon gebeur het nie. Ek dink ons altwee
weet dat dit hier 10 maal erger is. Al ooit 'n rewolwertjie teen die
kop gehad Gloudina? Al gesien hoe 'n 25jarige man huil? Ja wat
Gloudina, en ongelukkig gaan jy hierdie nuusgroep seker nog vir jare
met nikssegende filosofie en snert verguis. Praat liewer oor Kanada.
Dit is ten minste 'n onderwerp waarvan jy baie weet. Los maar
Suid-Afrika vir ons wat nog kans sien om hier te bly.

Bryan

============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15540 is 'n antwoord op boodskap #15156] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Bryan skryf...

> Ek dink in Kanada kan jy nog in meeste areas gym
> toe draf sonder om doodgedonner te word. Moet asb. nie
> terugskryf deur te sê dat dit daar ook kon gebeur het nie.

Dit kan. :-) . . . maar,

> Ek dink ons altwee weet dat dit hier 10 maal erger is.

Ek het 'n rukkie gelede vergelykende moordsyfers (per
kapita) uitgewerk. Alhoewel ek nie nou die syfers
byderhand het nie, kan ek byvoeg dat dit beslis nie
"10 maal erger"is nie.

Die ware syfer: Dit is 36 maal erger.

Vir die waarskynlikheid "instinktief" verstaan, is dit
duidelik watter land veiliger is.

Hjalmar
________
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15569 is 'n antwoord op boodskap #15156] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:

>> Ek dink in Kanada kan jy nog in meeste areas gym
>> toe draf sonder om doodgedonner te word. Moet asb. nie
>> terugskryf deur te sê dat dit daar ook kon gebeur het nie.

Is dit 'n nagmerrie waarin ek is? Is daar
nie op hierdie nuusgroep, in die grootste
besonderhede, deur Hjalmar Gerber self,
gerapporteer dat iemand wat oorspronklik
van SA was, "doodgedonner" is toe sy besig
was om te draf nie? Dit het gebeur 'n paar
kilometers noord vanwaar Hjalmar Gerber
bly. Hjalmar bly in 'n deel van Kanada
waar so 'n groot persentasie van Eerste
Nasies relatief tot die bevolking in
tronke gesit word, dat die Verenigde Volke
dit uitwys as 'n skandvlek op Kanada se
rekord van die ophouding van menseregte.

Gloudina
Re: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes [boodskap #15570 is 'n antwoord op boodskap #15156] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Jun 1998 01:22:51 GMT, wrote:

> Is dit 'n nagmerrie waarin ek is?

Ja! Ek sê jou mos al lankal jy yl .....

> Is daar
> nie op hierdieSnip - - snip - - -snip
Vorige onderwerp: Hygromans
Volgende onderwerp: Demokrasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 00:28:05 MGT 2024