Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor mense en taalgebruik
Oor mense en taalgebruik [boodskap #15061] Vr, 22 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

> Gloudina,
>
> Doen ons 'n guns, en maak 'n soortgelyke ontleding van Sizwe se taalgebruik,
> veral teenoor vrouens, en vertel ons ook meer van sy agtergrond. As jy
> mans(vrou)genoeg is, het jy mos die geleentheid om te bewys dat jy nie
> selektiewe moraliteit toepas nie.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'

Henri, ek is baie preuts wat slegte
taal aangaan, en keur nie enigiets
in daardie lyn goed nie. (En ek wil
vir jou sê dat ek jou goeie en skoon
Afrikaans besonder geniet. Ek hou ook
van die inligting wat ek uit jou poste
kry.)

Dit gesê, moet ek net jou aandag
daarop vestig dat "Sizwe" se plat taal
beperk was tot een vroumens wat aanhou-
dend sterk gekruide taal en persoonlike
aanmerkings teen 'n hele klomp mense
gemaak het. (En wat ons nou uitvind ook
private eposte aan mense gestuur het om
hulle aan te val.) Ek neem aan dat
Sizwe aan Jennifer wou wys dat as dit
nou kom by gekruide taal, hy met die
beste kan meeding. Ek hoop egter dat
hy nie weer daarmee sal voortgaan nie.
Want sy andersinds gekultiveerde en
deurdagte Afrikaans is 'n aanwins op
hierdie nuusgroep. Ons het hom nodig.
Miskien nodiger as wat ons mekaar nodig
het.

Gloudina

Naskrif: Ek moet egter bieg dat ek eenkeer, net eenkeer
gekruide taal op die nuusgroep gebruik het. Dis toe ek
vir Mafuta "die Gat van Kimberley" genoem het. Ek is
jammer Vetsak - sal dit nie weer doen nie.
Re: Oor mense en taalgebruik [boodskap #15062 is 'n antwoord op boodskap #15061] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Naskrif: Ek moet egter bieg dat ek eenkeer, net eenkeer
> gekruide taal op die nuusgroep gebruik het. Dis toe ek
> vir Mafuta "die Gat van Kimberley" genoem het. Ek is
> jammer Vetsak - sal dit nie weer doen nie.

Dit is 'n sinspeling wat baie in Afrikaans gebruik word, en ek sou reken 'n
mens maak jou naam Kimberley as jy daarvoor verskoning vra!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Oor mense en taalgebruik [boodskap #15104 is 'n antwoord op boodskap #15061] Sa, 23 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Dit gesê, moet ek net jou aandag
> daarop vestig dat "Sizwe" se plat taal
> beperk was tot een vroumens wat aanhou-
> dend sterk gekruide taal en persoonlike
> aanmerkings teen 'n hele klomp mense
> gemaak het.

Nee. Onder sy eerste halfdosyn plasings nadat hy die naam "sizwe" aanvaar
het sal jy net sulke taal kry.
Vorige onderwerp: Die muti-kletsers
Volgende onderwerp: Die Indonesiese krisis.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:49:34 MGT 2024