Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » MAI : bedreiging vir wêreldburgers!
MAI : bedreiging vir wêreldburgers! [boodskap #14728] Vr, 15 Mei 1998 00:00
Jacques le Roux  is tans af-lyn  Jacques le Roux
Boodskappe: 2
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Lig jouself in oor MAI ...

Hierdie is 'n waarskuwing betreffende die MAI (Multilateral Agreement on
Investment). Hierdie ooreenkoms, ontwerp om die soewereiniteit van lande regoor
die wêreld weg te neem, sou onderteken word in April in Parys, Frankryk. Maar
danksy intense teenkanting deur nie-regeringsorganisasies wêreldwyd was hierdie
ondertekening uitgestel. Lees hoe dit gedoen was by :

http://www.theglobeandmail.com/docs/news/19980429/GlobeFront /uintrn.html

Lees 'n bietjie self oor die ware toedrag van sake by :

http://www.thewinds.org/archive/economy/mai11-97.html

Of doen 'n soektog na "MAI" by jou naaste soekmasjien. Lees ook hoe die
Kanadese die sakie benader het :

http://www.canadians.org/

Ons as SA burgers blyk onkundig te wees oor die bestaan van MAI. Maar dis te
verstane - die ondertekenaars van MAI het onderneem om die hele sakie geheim te
hou. Ander lande skrik ook nou eers wakker. Miskien moet ons 'n bietjie hoor
wat ons politici te sê het hieroor?
Vorige onderwerp: Re: Kan iemand my help? Ja
Volgende onderwerp: Re: War and Peace...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 00:08:32 MGT 2024