Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kapsule
kapsule [boodskap #146535] Di, 24 September 2024 09:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20260
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kapsules
Kapsules
kapsule
Afbreking: kap•su•le


Selfstandige naamwoord: kapsule
Meervoud: kapsules
Verkleinwoord: kapsuletjie
Meervoud van verkleining: kapsuletjies

Betekenis:
• 'n Nousluitende houer wat die inhoud binnehou en beskerm.
• (medies) 'n Oplosbare omhulsel met medisyne in.
• (plantkunde) 'n Beskermende omhulsel wat 'n plant se saad beskerm.

Gebruik:
• Die kapsule het sy valskerm op 'n hoogte van 52 km ontplooi en data oor die planeet se atmosfeer na die Aarde versend.
• Neem twee kapsules drie keer per dag.
• Katoen is 'n sagte vesel wat in 'n kapsule rondom die saad van katoenplante groei.

Sinoniem:
• bewaarplek
• flessie
• huls
• koker

Hiponiem:
• koffiekapsule
• landingskapsule
• ruimtekapsule
• saadkapsule
• tydkapsule

Afgelei:
• kapsulefabriek
• kapsulêr
• kapsulevorm

Vertaling:
Engels: capsule
Nederlands: capsule

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di, 24 September 2024 14:24]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: dwelmmuil
Volgende onderwerp: veins
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 00:33:48 MGT 2024