Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inslag
inslag [boodskap #146521] Ma, 23 September 2024 14:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20260
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
No. 1 is die skeuring en 2 is die inslag.
No. 1 is die skeuring en 2 is die inslag.
inslag
Afbreking: in•slag
Samestelling: in + slag


Selfstandige naamwoord: inslag
Meervoud: inslae

Betekenis:
• Die handeling van inslaan.
• 'n Kenmerk van iets, of iemand se geaardheid.
• Die handeling om gevestig en ingeburger te raak.
• 'n Ingevoude strook (o.a. van 'n boek se omslag of by naaldwerk).
• (weefkuns) Die dwarsdraad by weefwerk.

Gebruik:
• Die meteoriet se inslag het 'n groot krater agtergelaat.
• Die skool het 'n godsdienstige inslag.
• Te veel Engelse woorde het al inslag in Afrikaans gevind.
• Sy maak die hemp korter met 'n inslag en werk dit met 'n naald en gare vas.

Spreekwoord:
• Skering en inslag vorm. [Die gewoonte wees.]

Sinoniem:
• karaktertrek
• dwarsdraad
• inweefsel

Hiponiem:
• beroepsinslag

Afgelei:
• inslagdraad
• inslaggaring
• inslagkrater

Vertaling:
Engels: physical impact; disposition, character, streak; influence; weft, woof
Nederlands: inslag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di, 24 September 2024 06:56]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: inplantaat
Volgende onderwerp: uitbasuin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 12:31:19 MGT 2024