Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dubbeldoor
dubbeldoor [boodskap #146513] So, 22 September 2024 10:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20239
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dubbeldoor
Afbreking: dub•bel•door
Samestelling: dubbel + door (dooier)


Selfstandige naamwoord: dubbeldoor
Meervoud: dubbeldore
Verkleinwoord: dubbeldoortjie
Meervoud van verkleining: dubbeldoortjies

Betekenis:
• 'n Eier met 'n twee eiergele.
• (figuurlik) Iets wat dubbeld is, maar gewoonlik slegs enkel is.

Gebruik:
• Die hen het al weer 'n dubbeldoor gelê.
• Die lewe is 'n dubbeldoor, half gewen en half verloor. [Koos Dup]

Wisselvorm:
• dubbeldooier

Sinoniem:
• tweedoor

Afgelei:
• dubbeldooramandel
• dubbeldooreier
• dubbeldoorpruimpie

Vertaling:
Engels: double-yolked egg
Nederlands: dubbele dooier, dubbel eigeel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 22 September 2024 10:49]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: waterig
Volgende onderwerp: dooier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Sep 22 21:20:20 MGT 2024