Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » byster
byster [boodskap #146458] So, 15 September 2024 08:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
byster
Afbreking: by•ster


Byvoeglike naamwoord: byster
Attributief:

Betekenis:
• Wat van die regte pad/ spoor af beweeg (letterlik of figuurlik).

Gebruik:
• Die man is in 'n motorongeluk oorlede nadat sy motor die pad byster geraak het.

Spreekwoord:
• Hy raak die spoor byster. [Op die verkeerde pad/ verdwaal wees.]

Sinoniem:
• kwyt
• verlore

Afgelei:
• verbyster

Vertaling:
Engels: be off the rails, have lost one's way, be at a loss
Nederlands: bijster


Bywoord: byster

Betekenis:
• (ongewoon) In 'n hoë mate.

Gebruik:
• Sy is nie byster mooi nie.

Sinoniem:
• baie
• danig
• erg

Vertaling:
Engels: very
Nederlands: bijster

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konfronterend
Volgende onderwerp: inlui
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 18 19:36:51 MGT 2024