Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ruis
ruis [boodskap #146448] Vr, 13 September 2024 14:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ruis
Afbreking: ruis


Werkwoord: ruis
Verlede tyd: het geruis

Betekenis:
• Om 'n sagte, aanhoudende geluid te maak soos die van wind of water wat deur of oor iets vloei.

Gebruik:
• Die boom se blare ruis in die wind.

Sinoniem:
• gons
• ritsel
• suis

Afgelei:
• ruisend
• ruising

Vertaling:
Engels: to rustle
Nederlands: ruisen


Selfstandige naamwoord: ruis
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Aanhoudende, struktuurlose klank.

Gebruik:
• Ons kan nie die radiosender opvang nie en hoor net ruis.

Hiponiem:
• swartruis
• witruis

Afgelei:
• ruisfilter
• ruisvlak

Vertaling:
Engels: noise, rushing sound
Nederlands: ruis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fletter
Volgende onderwerp: hemelvaart
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 18 21:59:45 MGT 2024