Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vergruis
vergruis [boodskap #146436] Do, 12 September 2024 15:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergruis
Afbreking: ver•gruis
Samestelling: ver- + gruis


Werkwoord: vergruis
Verlede tyd: het vergruis

Betekenis:
• Om tot gruis te maak; in kleiner brokstukke opbreek.

Gebruik:
• Die rotse word met 'n hamer vergruis.

Sinoniem:
• fynstamp
• verbrokkel
• verbrysel
• verkrummel
• vermorsel
• verpletter
• verpoeier
• verskerf

Afgelei:
• vergruisbaar
• vergruisde
• vergruiser
• vergruising

Vertaling:
Engels: to pound, crush, pulverize, shatter, smash
Nederlands: vergruizen


Byvoeglike naamwoord: vergruis
Attributief: vergruisde

Betekenis:
• Wat in kleiner stukke verbrokkel is.

Gebruik:
• Die seun moet 'n operasie ondergaan om sy vergruisde wangbeen te herstel nadat hy deur 'n mede-leerder aangerand is.

Vertaling:
Engels: crushed, pulverized
Nederlands: vergruisd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stamper
Volgende onderwerp: brokstuk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 18 21:58:10 MGT 2024