Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » handperd
handperd [boodskap #146417] So, 08 September 2024 18:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ruiter met 'n handperd.
'n Ruiter met 'n handperd.
handperd
Afbreking: hand•perd
Samestelling: hand + perd


Selfstandige naamwoord: handperd
Meervoud: handperde
Verkleinwoord: handperdjie
Meervoud van verkleining: handperdjies

Betekenis:
• 'n Ekstra perd wat deur 'n ruiter met die hand gelei word, soms figuurlik, iemand wat reg is om gebruik te word.

Gebruik:
• Regeringsoldate het Christiaan Beyers se ryperd gewond en sy handperd doodgeskiet.

Spreekwoord:
• Hy word as 'n handperd gehou. [Iemand hou vir gebruik wanneer nodig.]

Antoniem:
• ryperd
• saalperd

Vertaling:
Engels: led-horse
Nederlands: handpaard

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toelaag
Volgende onderwerp: aksiomaties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 09:24:55 MGT 2024