Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » katvoet
katvoet [boodskap #146401] So, 08 September 2024 08:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
katvoet
Afbreking: kat•voet
Samestelling: kat + voet


Bywoord: katvoet

Betekenis:
• Wat saggies en geruisloos beweeg (soos wat 'n kat loop).
• Wat bang en versigtig is.

Gebruik:
• Hy sluip katvoet uit die huis uit.
• Die kinders was maar katvoet vir die kwaai juffrou.

Sinoniem:
• geluidloos
• saggies
• soetjies
• stilletjies
• suutjies
• bang
• behoedsaam
• ligvoet
• omsigtig
• skrikkerig
• versigtig

Vertaling:
Engels: softly, noiseless; afraid, cautious
Nederlands: zacht, geruisloos; bang, voorzichtig


Selfstandige naamwoord: katvoet
Meervoud: katvoete
Verkleinwoord: katvoetjie
Meervoud van verkleining: katvoetjies

Betekenis:
• Die poot van 'n kat, of die spoor wat dit laat.

Gebruik:
• Hy sien katvoetjies in die sand.

Sinoniem:
• katpoot
• katspoor

Vertaling:
Engels: cat's foot
Nederlands: kattenvoet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sprokiesmooi
Volgende onderwerp: aanstoot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 09:12:33 MGT 2024