Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor vuis slaan...
Oor vuis slaan... [boodskap #1463] Vr, 25 Julie 2003 22:23 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:
> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
>> LOL. Goed, ons laat dit maar daar. Ons gebruik tog nie hierdie groep
>> vir baklei nie:-))
>
> Agge nee. Nou sê jy vir my??
> :-)))
>

Sjuut... Ek probeer net vir Rico gerus stel...:-))

Lorinda
Re: Oor vuis slaan... [boodskap #1464 is 'n antwoord op boodskap #1463] Vr, 25 Julie 2003 22:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0307251423.49a1bd6f@posting.google.com...
> Katryn wrote:
>> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>>
>>> LOL. Goed, ons laat dit maar daar. Ons gebruik tog nie hierdie groep
>>> vir baklei nie:-))
>>
>> Agge nee. Nou sê jy vir my??
>> :-)))
>>
>
> Sjuut... Ek probeer net vir Rico gerus stel...:-))
>
> Lorinda

Ek glo ek mis 'n paar berigte, ek kan die lyn nie meer heeltemal volg nie,
waaroor gesels julle???

oor aborsie en so, wel ek het ,n paar weke gelede met my hulp daaroor
gedebatteer. Sy is Russies en sy se vir my, sy het 'n vriendin die al 20
keer 'n aborsie het gehad!!!!!!!!!!!!!!!!!
In Rusland maak dit nie saak nie, 'n kind is duur en as jy dit nie wil dan
nie, hulle praat nie oor lewe of so.
Wat ek maar net wil se, jou kulturele agtergrond beslis ook daaroor, hoe te
dink oor aborsie.
Ek is teen, dat kan ek maar net se, dit kan en mag nooit 'n voorbehoedmiddel
wees nie.

Ek lewe in 'n land, waar aborsie tot 21 weke legaal is, dis goed, want
illegaal is baie sleg.

Maar in Nederland, kan mans trou en eutanasie is nie verbode nie, ek dink
dis goed,
Hoe dink julle oor eutanasie???

GrRico
Re: Oor vuis slaan... [boodskap #1467 is 'n antwoord op boodskap #1464] Sa, 26 Julie 2003 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Rico" skryf in boodskap news:...
> Ek glo ek mis 'n paar berigte, ek kan die lyn nie meer heeltemal volg nie,
> waaroor gesels julle???

Ek is jammer. Dis my skuld omdat ek so eienaardig pos weens my
beserkte sisteem....:-))

>
> Maar in Nederland, kan mans trou en eutanasie is nie verbode nie, ek dink
> dis goed,
> Hoe dink julle oor eutanasie???
>
> GrRico

Dit was juis nou onlangs baie bespreek in die media hier, oor die
Britse burgers wat Switzerland toe gaan vir 'n "genade dood". Daar was
ook 'n vrou wat baie siek was en min lewenskwaliteit gehad het wat hof
toe gegaan het vir die reg om dood te gaan (sy het nie meer die
gebruik van haar ledemate gehad nie, so sy kon nie self selfmoord
pleeg nie). Sy het die saak verloor.

Genade dood is iets wat in die verlede so stil-stil deur menige
familie dokter gedoen is as iemand baie gely het. Dit was ook volgens
'n afgetrede hospitaal suster algemeen in hospitale eens op 'n tyd, as
iemand baie oud en siek was, en daar was niemand by die huis om na
hulle om te sien nie, het hulle blykbaar "die naald" toegdien (wat
maar net eintlik 'n groot dosis morfien was). Ek twyfel of dokters of
hospitale dit vandag sou waag, hulle sal van moord aangekla word. In
die verlede het mense dit geweet, maar gedink dat daar niks mee
verkeerd is vir 'n dokter om iemand uit sy lyding te help nie,
alhoewel ek twyfel of dit openlik bespreek was as genade dood.

Wat is die posisie in Nederland, moet die persoon by sy/haar positiewe
wees en self daarvoor vra, of kan die naasbestaandes dit vra?

Lorinda
Re: Oor vuis slaan... [boodskap #1482 is 'n antwoord op boodskap #1467] So, 27 Julie 2003 06:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> "Rico" skryf in boodskap news:...
>> Ek glo ek mis 'n paar berigte, ek kan die lyn nie meer heeltemal volg nie,
>> waaroor gesels julle???
>
> Ek is jammer. Dis my skuld omdat ek so eienaardig pos weens my
> beserkte sisteem....:-))

Lorinda, ek het netnou eers besef dat dit absoluut my fout was dat jy
nooit enige boodskappe van my kon lees toe jy op Google probeer lees
het nie. Ek het skoon vergeet om weer die no-archive bit te stel op
my nuusleser, en my boodskappe kon nie een geargiveer word op Google
nie. Dit sou ook nie verskyn het op ander ISP's wat die X-archive
bits optel nie. JAAAAMMMMEEERRR!! :-)

Dit behoort nou reg te wees. Jy moes seker gedink het ek is erg
onbeskof en antwoord nie jou boodskappe nie? Maar ek het - rerig! :-)
Re: Oor vuis slaan... [boodskap #1485 is 'n antwoord op boodskap #1467] So, 27 Julie 2003 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

>> Maar in Nederland, kan mans trou en eutanasie is nie verbode nie, ek dink
>> dis goed,
>> Hoe dink julle oor eutanasie???
>>
>> GrRico
>
> Dit was juis nou onlangs baie bespreek in die media hier, oor die
> Britse burgers wat Switzerland toe gaan vir 'n "genade dood". Daar was
> ook 'n vrou wat baie siek was en min lewenskwaliteit gehad het wat hof
> toe gegaan het vir die reg om dood te gaan (sy het nie meer die
> gebruik van haar ledemate gehad nie, so sy kon nie self selfmoord
> pleeg nie). Sy het die saak verloor.

Hier by ons op een van die nuuskanale het hulle ook verlede week 'n
besprekings program gehad oor die situasie in Switserland. Dit was
baie interessant, maar ook baie hartseer. Hulle het 'n onderhoud met
'n Duitser gevoer wat Parkinson's onderlede gehad het, en het die hele
storie gevolg tot aan die einde waar hulle sy lyk uitgedra het.
Hulle het ook die menigte probleme bespreek - alles baie interessante
stof tot nadenke.

Hier in Amerika dink ek is dit net Oregon wat physician-assisted
suicide wettig gemaak het. Dit het nogal groot ophef hier gemaak in
die laat 90's. Maar deesdae kan die mense in Oregon selfs die koste
van diagnostiese beraadgewing en selfs die lethal drugs eis van hulle
mediese fondse. Dit is dus 'n gratis diens aan terminale siekes daar.
- "death with diginity" was die campaign. Maar ek glo nie enige van
die ander state kon wetgewing deurkry om die ook toe te pas nie. Nie
sovêr ek weet nie, in elkgeval.

Hoe werk dit in Engeland?
Re: Oor vuis slaan... [boodskap #1488 is 'n antwoord op boodskap #1485] So, 27 Julie 2003 10:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...

> Hier in Amerika dink ek is dit net Oregon wat physician-assisted
> suicide wettig gemaak het.

Ek wonder waarom juis in Oregon? Het jy 'n idee Katryn?

>
> Hoe werk dit in Engeland?

Dis totaal onwettig. Elke nou en dan is daar 'n "toets geval" waar
iemand die wet prober betwis, maar sover verloor hulle nog altyd.
Terwyl die groot media herrie aan die gang was oor Switserland het
mense baie daaroor gepraat, en dis toe dat ek gehoor het dat dit eens
op 'n tyd algemeen was, maar gedoen deur die familie dokter ens(nie
ofisieel nie).

Lorinda
Re: Oor vuis slaan... [boodskap #1489 is 'n antwoord op boodskap #1482] So, 27 Julie 2003 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> Lorinda, ek het netnou eers besef dat dit absoluut my fout was dat jy
> nooit enige boodskappe van my kon lees toe jy op Google probeer lees
> het nie. Ek het skoon vergeet om weer die no-archive bit te stel op
> my nuusleser, en my boodskappe kon nie een geargiveer word op Google
> nie. Dit sou ook nie verskyn het op ander ISP's wat die X-archive
> bits optel nie. JAAAAMMMMEEERRR!! :-)
>
> Dit behoort nou reg te wees. Jy moes seker gedink het ek is erg
> onbeskof en antwoord nie jou boodskappe nie? Maar ek het - rerig! :-)

Ek kon darem 'n paar op News2Web lees.. Dis nie jou skuld dat ek sulke
eienaardige reelings in Brighton het nie! :-))

Lorinda
Re: Oor vuis slaan... [boodskap #1498 is 'n antwoord op boodskap #1488] So, 27 Julie 2003 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

>> Hier in Amerika dink ek is dit net Oregon wat physician-assisted
>> suicide wettig gemaak het.
>
> Ek wonder waarom juis in Oregon? Het jy 'n idee Katryn?

Wel, Die Weskus is meer Demokraties as die Ooskus. Oregon en
Washington State is beide 2 Demokratiese state wat dan tradisioneel
ook bietjie meer "verlig" /liberaal is as die ander meer konserwatiewe
state. Dit is die storie in 'n neutedop. Die hele storie om ons
politieke bestel te verduidelik sal nou te lank neem. Maar ek sal op
'n later stadium meer detail verduidelik as jy belang sou stel. :-)

Dankie vir die verduideliking van hoe dit daar by julle werk. Ja, dit
was in SA ook gereeld gedoen. Maar soos jy sê mense het net eenvoudig
nie daaroor gepraat nie. So ook met aborsies wat baie dokters in die
ou SA gereeld uitgevoer het, maar niemand het ooit geweet nie. Ek
dink weereens wys dit net watse gemors word elke keer veroorsaak as 'n
spul politici 'n saak aangryp en begin mors mee.
Re: Oor vuis slaan... [boodskap #1499 is 'n antwoord op boodskap #1489] So, 27 Julie 2003 14:30 Na vorige boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Ek kon darem 'n paar op News2Web lees.. Dis nie jou skuld dat ek sulke
> eienaardige reelings in Brighton het nie! :-))

'Kay. Dan voel ek darem nie meer heeltemal so skuldig nie. :-))
Vorige onderwerp: " simptoom " deur JEANNE GOOSEN
Volgende onderwerp: kansellasie2
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 11:50:28 MGT 2024