Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skommel
skommel [boodskap #146329] Vr, 30 Augustus 2024 19:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skommel
Afbreking: skom•mel


Werkwoord: skommel
Verlede tyd: het geskommel

Betekenis:
• Om vinnig op en af, of heen en weer te skud.

Gebruik:
• Die golwe skommel die bote op die water.
• Hy het die kaarte geskommel voordat hy dit gedeel het.

Spreekwoord:
• Die hand wat die wieg skommel, regeer die wêreld. [Die moeder oefen die grootste invloed in die wêreld uit.]

Sinoniem:
• ossilleer
• skud
• swaai
• wikkel
• vibreer

Afgelei:
• skommelaar
• skommelend
• skommeldrankie
• skommelgang
• skommeling
• skommelrig
• skommelsif
• skommelstoel

Verwant:
• aanskommel
• omskommel
• opskommel

Vertaling:
Engels: to shake, stir, swing, shuffle
Nederlands: schommelen, schudden


Selfstandige naamwoord: skommel
Meervoud: skommels
Verkleinwoord: skommeltjie
Meervoud van verkleining: skommeltjies

Betekenis:
• Die handeling van heen en weer beweeg, of iets wat deurmekaar geskud is (soos 'n melk- of vrugteskommel).

Gebruik:
• Die skommel van die boot maak hom seesiek.

Vertaling:
Engels: shake, swing
Nederlands: schommel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanvuur
Volgende onderwerp: beklink
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Sep 15 23:58:41 MGT 2024