Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pasteurisasie
pasteurisasie [boodskap #146316] Do, 29 Augustus 2024 09:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pasteurisasie
Afbreking: pas•teu•ri•sa•sie


Selfstandige naamwoord: pasteurisasie
Meervoud: pasteurisasies

Betekenis:
• Proses waartydens kieme in 'n vloeistof (soos melk of bier) doodgemaak word deur die vloeistof vinnig (tot ±70°C) te verhit en af te koel.

Gebruik:
Pasteurisasie, in teenstelling tot sterilisasie, vernietig nie al die mikro-organismes nie, maar verminder dit tot 'n veilig vlak en verleng sodoende die raklewe sonder om die produk te denatureer.

Sinoniem:
• pasteurisering

Vertaling:
Engels: pasteurisation, pasteurization
Nederlands: pasteurisatie

Nota:
• Afgelei van die 19de-eeuse Franse bioloog, Louis Pasteur, se van met die agtervoegsel "-isasie".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: pasteuriseer
Volgende onderwerp: premie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Sep 15 23:57:28 MGT 2024