Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meerdere
meerdere [boodskap #146313] Do, 29 Augustus 2024 06:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meerdere
Afbreking: meer•de•re


Selfstandige naamwoord: meerdere
Meervoud: meerderes

Betekenis:
• Iemand wat hoër is in posisie of rang.
• Iemand wat beter is of meer ervaring het.

Gebruik:
• As 'n mindere nie sy meerdere respekteer nie, kan hy van insubordinasie aangekla word.
• As dit by kosmaak kom, is sy by verre my meerdere.

Sinoniem:
• baas
• bestuurder
• gesagdraer
• leier
• moesoek
• senior
• superieur
• toesighouer

Vertaling:
Engels: superior, boss
Nederlands: meerdere


Byvoeglike naamwoord: meerder
Attributief: meerdere

Betekenis:
• Wat groter of aansienliker is.

Gebruik:
• Ons word almal in 'n mindere of meerdere mate deur die pandemie geraak.

Antoniem:
• mindere

Vertaling:
Engels: greater, superior
Nederlands: meerdere


Telwoord: meerdere

Betekenis:
• 'n Getal wat die meeste meeste gevalle verteenwoordig.

Gebruik:
• Ek het meerdere male vir hom gesê hy moet ophou daarmee.

Vertaling:
Engels: several, more, multiple
Nederlands: meerdere

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gouddelwer
Volgende onderwerp: gepasteuriseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Sep 16 00:04:58 MGT 2024