Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gulsigaard
gulsigaard [boodskap #146222] Wo, 21 Augustus 2024 11:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gulsigaard
Afbreking: gul•sig•aard
Samestelling: gulsig + -aard


Selfstandige naamwoord: gulsigaard
Meervoud: gulsigaards

Betekenis:
• Iemand wat baie gulsig is. 'n Vraatsugtige persoon wat besonder baie eet.

Gebruik:
• Hoe kan die gulsigaard soveel kos verslind en nog steeds honger wees?

Sinoniem:
• brasser
• gulsaard
• gulsbek
• gulssak
• slokop
• vraat
• veelvraat
• vreetsak

Vertaling:
Engels: guzzler, glutton, gormandizer
Nederlands: gulzigaard

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: neerstort
Volgende onderwerp: dodekafonies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 04:28:22 MGT 2024