Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aborsie
Aborsie [boodskap #1462] Vr, 25 Julie 2003 22:19 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:
>
> Jy gaan nou baie teleurgesteld wees, maar eintlik sal of kan ek niks
> sê wat jy nie in elkgeval alreeds weet nie. En eintlik het ek myself
> net swak uitegdruk met daardie sin. :-)

Teleurgesteld? Jy praat altyd oor interessante goed. Jy verduidelik
ook iets wat nou vir my sin maak oor waarom aborsie in Skandinawiese
lande tot op so 'n laat tydstip toegelaat word (die vyf maande ding).
Jy som ook die probleem baie goed op tussen pro- en anti aborsie
voorstaanders; die geloof in die bestaan van die siel ens.

> Ek is 'n agnostikus (eintlik
> 'n twyfelaar soos uitgewys was op die groep deur iemand). Daarom
> is dit vir my nie so moeilike saak as dalk vir julle nie.

Ek is nie 'n "volwaardig praktiserende" katoliek nie. Daar is
allerhande moeilike kwessies daar, soos bv oor voorbehoedmiddels en so
aan. Ek het my kulturele agtergrond gegee om die baggage wat ek
saamdra te verduidelik. Onthou in ons geval word dit alles ook nog
geweef aan die politiek ens ens wat dit alles nog meer probleematies
maak.

Lorinda
Re: Aborsie [boodskap #1469 is 'n antwoord op boodskap #1462] Sa, 26 Julie 2003 14:48 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn"
-knip-
Maar of dit "lewe" en 'n "siel" het, is iets wat
: die wetenskap nie kan verklaar nie,
-knip-
---
Prof Van der Spuy (medies) van die univ van
Pretoria sê weer dat LEWE begin by konsepsie, en
dat dit die selfde lewe is wat voor geboorte, na
geboorte, kind, grootmens en ou mens totdat jy die
laaste asem uitblaas. Makes one think nê?
Vorige onderwerp: re: aanhegsels - eggs.JPG (0/1)
Volgende onderwerp: meningsopname
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 12:31:46 MGT 2024