Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » demonstrasie
demonstrasie [boodskap #146126] Ma, 12 Augustus 2024 13:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20144
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
demonstrasie
Afbreking: de•mon•stra•sie


Selfstandige naamwoord: demonstrasie
Meervoud: demonstrasies
Verkleinwoord: demonstrasietjie
Meervoud van verkleining: demonstrasietjies

Betekenis:
• 'n Vertoning om te wys hoe iets werk.
• 'n Optog of opstand om ontevredenheid te wys.

Gebruik:
• Die verkoopsman gee 'n demonstrasie van hoe goed die nuwe stofsuier skoonmaak.
• Die demonstrasie teen plaasmoorde het vreedsaam verloop.

Sinoniem:
• uitstalling
• tentoonstelling
• betoging
• opmars
• opstand
• optog

Hiponiem:
• kookdemonstrasie

Afgelei:
• demonstrasiedag
• demonstrasielesing
• demonstrasieplaas
• demonstrasieprogram
• demonstrasierit
• demonstrasiesessie
• demonstrasietafel
• demonstrasievlug
• demonstrasievraag

Vertaling:
Engels: demonstration
Nederlands: demonstratie

Nota:
• Demonstrasie is die handeling van demonstreer.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rewolwer
Volgende onderwerp: verkoopsman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 17:27:04 MGT 2024