Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vryspreek
vryspreek [boodskap #146116] So, 11 Augustus 2024 17:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20144
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vryspreek
Afbreking: vry•spreek
Samestelling: vry + spreek


Werkwoord: spreek vry, vryspreek
Verlede tyd: het vrygespreek

Betekenis:
• Om iemand onskuldig te verklaar.
• Om van straf of blaam te onthef.

Gebruik:
• Die regter spreek die aangeklaagde man vry.
• Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word. [Matteus 12:37]

Sinoniem:
• kwytskel
• onthef
• vrystel

Antoniem:
• aankla

Afgelei:
• vryspreking

Vertaling:
Engels: to acquit, absolve, pardon
Nederlands: vrijspreken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: distrikshof
Volgende onderwerp: ontoelaatbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 15:01:40 MGT 2024