Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gewoontemisdadiger
gewoontemisdadiger [boodskap #146112] So, 11 Augustus 2024 10:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gewoontemisdadiger
Afbreking: ge•woon•te•mis•da•di•ger
Samestelling: gewoonte + misdadiger


Selfstandige naamwoord: gewoontemisdadiger
Meervoud: gewoontemisdadigers
Verkleinwoord: gewoontemisdadigertjie
Meervoud van verkleining: gewoontemisdadigertjies

Betekenis:
• Iemand wat by herhaling misdaad pleeg, soveel so dat dit 'n gewoonte geword het.

Gebruik:
• Die hof het die man tot gewoontemisdadiger verklaar en hom 15 jaar tronkstraf opgelê.

Sinoniem:
• bloubaadjie
• draaideurkrimineel
• gewoonteoortreder
• herhalingsmisdadiger
• residivis

Vertaling:
Engels: habitual criminal, habitual offender
Nederlands: draaideurcrimineel, recidivist

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verstryk
Volgende onderwerp: strafverhoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 13:27:14 MGT 2024