Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » visioenêr
visioenêr [boodskap #146074] Wo, 07 Augustus 2024 10:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
visioenêr
Afbreking: vi•si•oe•nêr
Samestelling: visioen + - êr


Byvoeglike naamwoord: visioenêr
Attributief: visioenêre

Betekenis:
• Met 'n duidelike visie vir die toekoms.
• (ongewoon) Wat visioene/ gesigte sien.

Gebruik:
• Hy was 'n visioenêre leier, ver voor sy tyd, wat altyd groot gedroom het.

Sinoniem:
• ambisieus
• futuristies
• vooruitstrewend

Vertaling:
Engels: visionary
Nederlands: visionair


Selfstandige naamwoord: visioenêr
Meervoud: visioenêre

Betekenis:
• Iemand met 'n visie vir die toekoms, of wat visioene/ gesigte van die toekoms sien.

Gebruik:
• Hy dink hy is 'n visioenêr, maar geen van sy voorspelling word ooit waar nie.

Vertaling:
Engels: visionary
Nederlands: visionair

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vryheidstryd
Volgende onderwerp: visioen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 11:18:22 MGT 2024