Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vegvliegtuig
vegvliegtuig [boodskap #146072] Wo, 07 Augustus 2024 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vegvliegtuie
Vegvliegtuie
vegvliegtuig
Afbreking: veg•vlieg•tuig
Samestelling: veg + vliegtuig


Selfstandige naamwoord: vegvliegtuig
Meervoud: vegvliegtuie
Verkleinwoord: vegvliegtuigie
Meervoud van verkleining: vegvliegtuigies

Betekenis:
• 'n Militêre vliegtuig waarmee daar in die lug (of vanuit die lug) geveg word.

Gebruik:
• Mettertyd het twee verskillende soorte vegvliegtuie ontstaan, naamlik die stralejagter en die bomwerper.

Sinoniem:
• gevegsvliegtuig
• vegter

Afgelei:
• straalvegvliegtuig

Verwant:
• vegvlieënier

Vertaling:
Engels: fighter jet
Nederlands: gevechtsvliegtuig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teenswoordig
Volgende onderwerp: vryheidstryd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 11:23:31 MGT 2024