Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hemelwaarts
hemelwaarts [boodskap #145995] Do, 01 Augustus 2024 15:56
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hemelwaarts
Afbreking: he•mel•waarts
Samestelling: hemel + -waarts


Byvoeglike naamwoord: hemelwaarts
Attributief: hemelwaartse

Betekenis:
• Wat boontoe wys; na die hemel gerig is.
• (figuurlik) Wat op God gefokus is.

Gebruik:
• Die skepe is hemelwaarts geslinger en het dan weer dieptes toe getuimel. [Psalms 107:26]
• 'n Hemelwaartse lewe sal ruim in die hiernamaals beloon word.

Sinoniem:
• boontoe
• omhoog
• opwaarts

Vertaling:
Engels: towards heaven
Nederlands: hemelwaarts

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spinaal
Volgende onderwerp: meesterbrein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:34:02 MGT 2024