Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » almiskie
almiskie [boodskap #145989] Di, 30 Julie 2024 19:49
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
almiskie
Afbreking: al•mis•kie


Tussenwerpsel: almiskie

Betekenis:
• Uitroep om te kenne te gee dat jy by jou standpunt bly. Al het jy nie nou 'n argument gereed nie, weet jy dat jy reg is!

Gebruik:
Almiskie! Maar ek dink nog jy is verkeerd.

Wisselvorm:
• almaskie

Vertaling:
Engels: anyway!
Nederlands: Hoe dan ook!


Bywoord: almiskie

Betekenis:
• In elk geval.

Gebruik:
• Ek sal almiskie gaan, al wil julle nie saamkom nie.

Sinoniem:
• al-honderd-en-tien
• nieteenstaande
• nietemin
• nogtans
• tog

Vertaling:
Engels: nevertheless, notwithstanding
Nederlands: toch, nochtans, desniettegenstaande


Selfstandige naamwoord: almiskie
Meervoud:

Betekenis:
• Dit wat miskien dalk waar is.

Gebruik:
• Dat die son in die weste sak, is nie almiskie nie.

Spreekwoord:
• Dis nou nie almiskie nie. [Daar is geen twyfel aan nie.]

Vertaling:
Engels: questionable
Nederlands: twijfelachtig

Nota:
• "Maskie" kom oorspronklik uit ouer Nederlands wat "mag geskied" of "miskien gebeur dit" beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bekleedsel
Volgende onderwerp: rysbrandewyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:36:54 MGT 2024