Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spoorsny
spoorsny [boodskap #145956] Sa, 27 Julie 2024 19:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spoorsny
Afbreking: spoor•sny
Samestelling: spoor + sny


Werkwoord: sny spoor, spoorsny
Verlede tyd: het spoorgesny

Betekenis:
• Om die spoor van 'n mens of dier te soek en te volg.

Gebruik:
• Die jagter sny die bok se spoor.
• Die boer het spoorgesny totdat hy die gesteelde vee opgespoor het.

Sinoniem:
• agtervolg
• navolg
• soek
• spoorhou
• volg

Afgelei:
• spoorsnyer

Vertaling:
Engels: to track, follow a trail
Nederlands: spoorsnijden, spoorzoeken

Nota:
• 'n Mens "sny" 'n spoor omdat jy vanuit 'n hoek daarop afkom. Wanneer jy die spoor verloor, loop jy in 'n groot sirkel totdat jy dit weer sny, en dan volg jy die spoor verder.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hartkloppings
Volgende onderwerp: spoorsnyer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:29:33 MGT 2024