Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klinies
klinies [boodskap #145927] Do, 25 Julie 2024 15:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20121
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klinies
Afbreking: kli•nies


Byvoeglike naamwoord: klinies
Vergrotende trap: klinieser
Oortreffende trap: kliniesste
Attributief: kliniese

Betekenis:
• Wat die ondersoek en/of behandeling van 'n pasiënt betref.
• Wat met 'n kliniek of hospitaal te make het.
• Streng koud en wetenskaplik; afsydig en sonder emosie.

Gebruik:
• Die man is vir kliniese toetse opgeneem.
• Sy het vir vyf jaar as 'n kliniese assistent in 'n opleidingshospitaal gewerk.
• Die stories is sóms onbewoë en klinies, sóms oorgevoelig en vol emosie.

Sinoniem:
• afsydig
• koud
• onbetrokke
• onbewoë
• objektief
• ongevoelig
• onpersoonlik
• realisties
• wetenskaplik

Afgelei:
• aklinies
• isoklinies
• subklinies
• triklinies

Verwant:
• klinikus

Vertaling:
Engels: clinical
Nederlands: klinisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: portuur
Volgende onderwerp: vatbaarheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 07 23:20:24 MGT 2024