Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slymerig
slymerig [boodskap #145845] Ma, 15 Julie 2024 19:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
slymerig
Afbreking: sly•me•rig
Samestelling: slym + -erig


Byvoeglike naamwoord: slymerig
Vergrotende trap: slymeriger
Oortreffende trap: slymerigste
Attributief: slymerige

Betekenis:
• Wat soos slym lyk of voel.
• (figuurlik) Wat oordrewe vriendelik en vleiend is.

Gebruik:
• Paddas en slakke is mos slymerig.
• Ek sal my nie deur die slymerige vent laat ompraat nie!

Sinoniem:
• gladderig
• glibberig
• jellierig
• klewerig
• slykerig
• slymagtig
• snotterig

Afgelei:
• slymerigheid

Vertaling:
Engels: slimy, mucous
Nederlands: slijmerig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wortelstelsel
Volgende onderwerp: swartmark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 04 13:16:23 MGT 2024