Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gedenk
gedenk [boodskap #145745] So, 30 Junie 2024 14:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19494
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedenk
Afbreking: ge•denk
Samestelling: ge- + denk (dink)


Werkwoord: gedenk
Verlede tyd: het gedenk

Betekenis:
• Om 'n belangrike gebeurtenis te onthou; in herinnering te roep.

Gebruik:
• Geloftedag word jaarliks op 16 Desember gedenk.

Spreekwoord:
• Aansien doen gedenk. [Wanneer jy iets of iemand sien, herinner dit jou aan iets anders.]

Sinoniem:
• eer
• eerbiedig
• herdenk
• herinner
• onthou
• terugdink
• vier

Afgelei:
• gedenkalbum
• gedenkboek
• gedenkboog
• gedenkbrosjure
• gedenkdag
• gedenkdiens
• gedenkfees
• gedenkfonds
• gedenkjaar
• gedenknaald
• gedenkplaat
• gedenkpark
• gedenkpenning
• gedenkrol
• gedenksaal
• gedenkseël
• gedenkskool
• gedenkskrif
• gedenkspreuk
• gedenksteen
• gedenkstuk
• gedenksuil
• gedenkteken
• gedenktuin
• gedenkuitgawe
• gedenkwaardig

Vertaling:
Engels: to recall, recollect, remember, commemorate
Nederlands: gedenken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gedenkwaardig
Volgende onderwerp: sokkertoernooi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 15:37:36 MGT 2024