Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » treurigheid
treurigheid [boodskap #145661] Sa, 22 Junie 2024 19:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20278
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
treurigheid
Afbreking: treu•rig•heid
Samestelling: treurig + -heid


Selfstandige naamwoord: treurigheid
Meervoud: treurighede

Betekenis:
• Die toestand van treurig en hartseer wees.
• Die toestand van swak en ellendig wees.

Gebruik:
• Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander. [Klaagliedere 5:15]
• Wat se treurigheid is dit? Die regering se treurigheid kos die land miljarde.

Spreekwoord:
• O treurigheid op note. [Uitroep om teleurstelling aan te dui.]

Sinoniem:
• droefgeestigheid
• melancholie
• sielesmart
• verdriet
• weemoed
• triestigheid

Vertaling:
Engels: sorrowfulness, pitifulness, mournfulness
Nederlands: treurigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nuutmaak
Volgende onderwerp: toekomsvisie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 22:13:28 MGT 2024