Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » volstrek
volstrek [boodskap #145631] Vr, 21 Junie 2024 07:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volstrek
Afbreking: vol•strek
Samestelling: vol + strek


Byvoeglike naamwoord: volstrek
Attributief: volstrekte

Betekenis:
• Geheel en al; in die geheel; ten ene male.

Gebruik:
• Die hond weier volstrek om in die kar te klim.
• Geen party kon 'n volstrekte meerderheid in die verkiesing bekom nie.

Sinoniem:
• absoluut
• definitief
• heeltemal
• onaantasbaar
• onaanvegbaar
• onbetwisbaar
• ongetwyfeld
• onvoorwaardelik
• stellig
• totaal
• volkome

Aflei:
• volstrektheid

Vertaling:
Engels: absolute, complete; absolutely, positively, completely
Nederlands: volstrekt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: middelweg
Volgende onderwerp: nasionalisties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 05:27:44 MGT 2024