Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vakuum
vakuum [boodskap #145526] Ma, 10 Junie 2024 17:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vakuum
Afbreking: va•kuum


Selfstandige naamwoord: vakuum
Meervoud: vakuums
Verkleinwoord: vakuumpie
Meervoud van verkleining: vakuumpies

Betekenis:
• 'n Materievrye ruimte; area wat bykans geen lug of ander materie bevat nie.
• (figuurlik) Iets wat ontbreek; gemis word.

Gebruik:
• 'n Ligjaar is die afstand wat lig in 'n jaar in 'n vakuum aflê.
• Haar ontydige dood het 'n groot vakuum in ons lewens gelaat.

Sinoniem:
• lugleegte
• leemte
• verlatenheid

Hiponiem:
• magsvakuum

Afgelei:
• vakuumbuis
• vakuumfles
• vakuummeter
• vakuumpomp
• vakuumsituasie
• vakuumverpak
• vakuumtenk

Vertaling:
Engels: vacuum
Nederlands: vacuüm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onderhemp
Volgende onderwerp: musieksmaak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Sep 22 00:49:03 MGT 2024