Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oksel
oksel [boodskap #145488] Sa, 08 Junie 2024 08:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19353
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oksel
Afbreking: ok•sel


Selfstandige naamwoord: oksel
Meervoud: oksels
Verkleinwoord: okseltjie
Meervoud van verkleining: okseltjies

Betekenis:
• Die holte teenoor die skouer tussen die bo-arm en die bolyf.
• (plantkunde) Die hoek tussen 'n stingel en 'n blaar.

Gebruik:
• Die sweet slaan gewoonlik eerste in jou oksels en op jou handpalms en voetsole uit.
• Die plant het neerhangende bloeiwyses wat in die oksels van die blare vorm.

Spreekwoord:
• Jy kan maar aan sy oksel ruik. [Sien hoe hard iemand werk en sy voorbeeld volg.]

Sinoniem:
• aksilla
• armholte
• kieliebak

Hiponiem:
• blaaroksel

Afgelei:
• okselblaar
• okselhaar
• okselhak
• okselholte
• okselknoop
• okselknop
• okselslagaar
• okselstandig
• okselstuk

Verwant:
• oksellêr

Vertaling:
Engels: axilla, armpit
Nederlands: oksel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kongruent
Volgende onderwerp: neerhangend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 20 15:07:30 MGT 2024