Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanvoel
aanvoel [boodskap #145468] Wo, 05 Junie 2024 18:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19353
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanvoel
Afbreking: aan•voel
Samestelling: aan + voel


Werkwoord: voel aan, aanvoel
Verlede tyd: het aangevoel

Betekenis:
• Om te voel deur aan iets te raak.
• Om iets deur gevoel en intuïsie, eerder as die verstand, te bepaal.

Gebruik:
• Haar hande voel koud aan.
• Hy het aangevoel dat alles nie pluis was nie.

Spreekwoord:
• Jy kan dit met 'n stok aanvoel. [Iets sonder enige moeite gewaar.]

Sinoniem:
• agterkom
• besef
• ervaar
• gewaar
• gewaarword
• ondervind
• opmerk
• waarneem

Afgelei:
• aanvoelbaar
• aanvoelenderwys
• aanvoeling

Vertaling:
Engels: to sense
Nederlands: aanvoelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tweespalt
Volgende onderwerp: tussenganger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 20 15:05:27 MGT 2024